Lyk van vermiste Tuks-werker op kampus gevind

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

Die liggaam van ʼn projekbestuurder by die Universiteit van Pretoria (UP) is Woensdagoggend in ʼn toilethokkie in ʼn badkamer gekry met ʼn plastieksak om sy kop.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die 65-jarige man is Dinsdag deur sy vrou as vermis aangemeld nadat hy nie huis toe gekom het ná werk nie. Daar is deur die nag na die man gesoek en kampussekuriteit het omstreeks 04:30 op sy lyk afgekom in ʼn badkamer in die administrasiegebou.

“Daar was ʼn plastieksak om sy kop gedraai, maar dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van dood is nie. ʼn Saak van moord word ondersoek,” het Weilbach gesê.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Ek kan bevestig dat daar ʼn voorval van ʼn onnatuurlike sterfte op die kampus was, maar aangesien die saak deur die polisie ondersoek word, kan ons geen verdere inligting bekendmaak nie. Die oorledene se naam kan ook nie bekendgemaak word voordat al sy naasbestaandes ingelig is nie,” het sy gesê.

Weilbach het enigiemand met meer inligting versoek om die Brooklyn-polisiestasie by 012 366 1764 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frans ·

Is daar dan geen sekuriteitskameras nie om aan te wys wie die badkamer ingaan en verlaat?

Karolis ·

Nee, want dit sal inbraak maak op jou privaatheid/privaatreg.

Karolis ·

Karolis

Die kameras se doel is nie om te sien wat jou doen en late is nie .

Louise ·

Daar is CCTV kameras in al die geboue op kampus. Nou wel nie in badkamers. Maar hul sal sekerlik kan watter persone in en uit badkamer is, of ten minste wie in gebou was.

Dis baie jammer om te lees. Sterkte aan die man se familie.

Gert ·

Mev. Die moord het op hulle perseel gebeur , hulle moes gesorg het dat almal veilig is .DAGVAAR HULLE VIR MILJOENE RANDE .

susan ·

Dit maak my nou bekommerd want hoe veilig is ons kinders nou op kampus?

Louise ·

As iemand wat gereeld op verskeie kampusse is en selfs na-ure daar was. Het ek as vrou nog nóóit onveilig gevoel nie of gehoor van enige gevalle waar mense skade berokken is nie.

Andre ·

My innige simpatie met sy vrou en familie.
Ek kan maar nie help om te voel dat gebeure soos die indirek of selfs direkt verwant is aan die “fee’s must fall” anargie en die anti-Afrikaans gemors wat Tuks as trotse instelling in die rioolsloot intrek.

Frans ·

Uit netwerk 24 se berig lyk dit of roof ‘n belangrike motief was want dit het gebeur nadat
hy geld getrek het by ‘n teller op kampus .

Tersia ·

Ja, na bewering vanaf die AtM gevolg deur 3 mans – vir R600.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.