Lyk vermoedelik dié van vermiste student

Die 19-jarige student se liggaam word uit die see op Nahoonstrand gebring. Foto: SAPD

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn liggaam Donderdagoggend op Nahoonstraand by Oos-Londen uitgespoel het.

Kapt. Mluleki Mbi, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê drawwers het op die vonds afgekom en die polisie in kennis gestel.

“Die liggaam is na bewering dié van ʼn 19-jarige manstudent wat ʼn week gelede, op Donderdag 25 Oktober, pret saam met sy vriende op Eastern Beach gehad het en toe as vermis aangemeld is.”

Sy identiteit kan eers bekendgemaak word nadat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

niculine Jansen ·

Ek wens net meer wil betrokke raak hier is lelike dinge wat kop uitsteek onder die jong mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.