Só lyk Zuma se nuwe kabinet

President Zuma toe hy op 21 Mei 2014 as parlementslid ingehuldig is. Foto: GCIS

President Zuma toe hy op 21 Mei 2014 as parlementslid ingehuldig is. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Sondagaand tydens ʼn perskonferensie sy kabinet bekend gemaak.

Cyril Ramaphosa is aangewys as die adjunkpresident, en Jeff Radebe is die minister in die presidensie.

Zuma het aangekondig dat ʼn departement van telekommunikasie en posdienste op die been gebring is. Die Nasionale Beplanningskommissie en die departemente van prestasie, monitering en evaluasie is nou saamgesmelt.

“ʼn Nuwe departement van kommunikasie is op die been gebring om kommunikasie en die bemarking van die land te hanteer,” het Zuma gesê. “Hierdie departement sal verantwoordelikheid aanvaar vir die regeringskommunikasie (GCIS), die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa), die SAUK en Brand SA.”

Die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling en korrektiewe dienste word saamgesmelt.

Die departement van water en sanitasie is ook op die been gebring.

Daar is ook ʼn nuwe departement vir klein sakeondernemings en ontwikkeling.

Klik hier vir die volledige toespraak.

Hiermee die lys van ministers en hul staatsdepartemente:
Minister in die presidensie: Jeff Radebe
Minister van vroue in die presidensie: Susan Shabangu
Minister van justisie en korrektiewe dienste: Michael Masutha
Minister van staatsdiens en administrasie: Collins Chabane
Minister van verdediging en militêre veterane: Nosiviwe Mapisa-Nqakula
Minister van binnelandse sake: Malusi Gigaba
Minister van omgewingsake: Edna Molewa
Minister van staatsveiligheid: David Mahlobo
Minister van telekommunikasie en posdienste: dr. Siyabonga Cwele
Minister van polisie: Nkosinathi Nhleko
Minister van handel en nywerheid: dr. Rob Davies
Minister van finansies: Nhlanhla Nene
Minister van landbou, bosbou en visserye: Senzeni Zokwana
Minister van water en sanitasie: Nomvula Mokonyane
Minister van basiese onderwys: Angie Motshekga
Minister van gesondheid: dr. Aaron Motsoaledi
Minister van internasionale betrekkinge en samewerking: Maite Nkoana-Mashabane
Minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming: Gugile Nkwinti
Minister van hoër onderwys en opleiding: dr. Bonginkosi “Blade” Nzimande
Minister van ekonomiese ontwikkeling: Ebrahim Patel
Minister van vervoer: Dipuo Peters
Minister van minerale hulpbronne: adv. Ngoako Ramathlodi
Minister van maatskaplike ontwikkeling: Bathabile Dlamini
Minister van openbare ondernemings: Lyn Brown
Minister van sport en ontspanning: Fikile Mbalula
Minister van arbeid: Mildred Oliphant
Minister van kuns en kultuur: Nathi Mthethwa
Minister van openbare werke: Thulas Nxesi
Minister van kleinsakeontwikkeling: Lindiwe Zulu
Minister van energie: Tina Joemat-Peterssen
Minister van wetenskap en tegnologie: Naledi Pandor
Minister van samewerkende regering en tradisionele sake: Pravin Gordhan
Minister van kommunikasie: Faith Muthambi
Minister van menslike nedersettings: Lindiwe Sisulu
Minister van toerisme: Derek Hanekom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dr Marthinus Jordaan ·

Goeie nuus oor die nuwe minister van Toerisme. Ons kan net hoop dat hy n beter luisteraar sal wees veral ten opsigte van Toerisme infra struktuur en nie net buitelandse aankomeling op Oliver Thambo tel nie. Natuurlik moet hy die nege toerisme departemente in die onderskeie streke nie oorlaat aan die onderskeie LUR’e nie.

david ras ·

Kortbroek,, korbroek, wherefore art thou kortbroek…..? Hast thou perhaps emigrated my kortbroek ?

Grassie ·

David, ek dink hy sit soos Elia ‘n dagreis vèr van Berseba af in die woestyn onder ‘n besembos en ween.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.