Lyke beland op snelweg

Foto: Twitter via @JMPDSafety

Beamptes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is steeds op die toneel waar 42 lyke op die M1-snelweg beland het nadat die wiele van ʼn sleepwa afgekom het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het aan Maroela Media gesê die liggame is in doodskiste vanaf die Charlotte Maxeke-hospitaal vervoer toe die voorval omstreeks 09:45 gebeur het. “Die wiele van die sleepwa het losgekom en die doodskiste het op die M1-snelweg naby Braamfontein uitgeval,” het hy gesê.

Die doodskiste is reeds van die padoppervlak verwyder, maar JMPD-beamptes is steeds op die toneel. Verkeer word rondom die toneel herlei.

Die Gautengse departement van gesondheid het intussen in ʼn verklaring gesê die liggame is deur ʼn private begrafnisondernemer vanaf die Charlotte Maxeke-hospitaal na die Olifantsvlei-begraafplaas vervoer toe die voorval gebeur het.

“Ons is bly om te bevestig dat daar geen beserings opgedoen is nie en dat die liggame ongeskonde is,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Van die 42 liggame was 24 doodgeboortes. Die departement het gesê die Gautengse forensiese patologiedienste help om die liggame vanaf die ongelukstoneel na die begraafplaas te vervoer.

“Die departement sal ʼn ondersoek doen om vas te stel hoekom die liggame in ʼn oop sleepwa vervoer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Chrisna Botha ·

Ja, die mense sou nie kon kla as daar beserings was nie!

Adri ·

Baie verheug om te verneem dat daar geen beserings was nie!!!! Almal ongeskonde!!!! Hahaha.

marlene ·

Ja genade, kan jy nou meer? Geen beserings, almal is dood.

Johnny ·

Tragies maar bly om te sien daar was nie enige beserimgs nie.

linda ·

liewe liewe suid afrika die lyk soos iets out Bad Boys II
die arme mense van RGL gaan nou weer der duisende papiere moet invul ens.

sparakeloos om die minste te sê

Elsa ·

Nou het ek so waar alles wat ek wou hoor…… Wat se beserings kan aan n lyk gedoen word?

MERAAI ·

BWHA HA HA HA HA HA HA HA HA!!!! Bly niemand het seer gekery nie! BWHA HA HA HA HA HA

Uvonka ·

Dit is hoe dit in Afrika “lyk”. Ai dit is rerig ‘n skande!

Carel ·

Onbevoegde mense – “lekker” kontrak met die Departement – welkom in Afrika / Gupta tender bedrog.

Riekie Marais ·

Soveel sterftes op eenslag in een hospitaal, iets nie reg hier.

M ·

In ‘n hospitaal met derduisende beddens is dit heel moontlik dat daar soveel liggame kan wees – hierdie is waarskynlik onopgeeisde liggame – of soos ons dit ken “paupers” wat deur die staat begrawe word.

Estelle de Jongh ·

Bly ek het nie daar verby gery nie. Sou dalk self in een van daai kiste beland het. Doodbang vir dooie mense.

Amanda Roos ·

Ek het altyd gedink DoodGebore Babas word veras met wete van die ouers … waar word die kleintjies dan begrawe en word daar darem naamplaatjies op gesit …..Shame .. word nie eers ordentlik hanteer even as hul dood is nie …

Corrie ·

Geen beserings? Genade maar dit is baie lyke vanaf 1 hospitaal! Is iemand besig om n movie te maak…….. Maar ook weer,,,enige iets is moontlik in ons land!

M ·

Mensies… duidelik het julle nog nie in die bedryf gewerk nie… Ek werk self in die bedryf – en as ‘n norm word ‘n liggaam nie in ‘n kis gesit by die hospitaal en dan reguit na die begraafplaas vervoer nie – maar eerder op ‘n trollie / stretcher na die lykshuis vervoer waar die liggaam dan voorberei word vir ter aarde bestelling of verassing. Iemand gaan hier BAIE VRAE moet beantwoord. En op ‘n oop sleepwa met net ‘n seil oor…. dis totaal en al ongehoord! En gee ons wat eerlike werk doen ‘n baie slegte naam.

Wonder net ·

M, presies waaroor ek gewonder het, als wat jy sê is hoe dit behoort gedoen te word, daarom maak hierdie vir my geen sin nie en daar is beslis n reuse slang in die gras.

Altie ·

Beslis M. Dit maak nie sin nie….reeds binne die kiste oppad. Soos ek dit ken is dit ook eers lykshuis toe. Iets klink gladnie reg nie. Hoop regtig dit word deeglik ondersoek.

Nuus ·

Liggame ongeskonde is, die hemele weet wie deesdae die SPOKESPERSON is wat hierdie gemors aan die media opdis. Ons is bly daar was geen beserings en dat die dooie liggame geen nuwe beserings opgedoen het nie. DANKIE vir die goeie nuus.

Wetsgehoorsame ·

Geen wetstoepassings: 1) Onpadvaardige sleepwa 2) Vervoer lyke op oop sleepwa 3) 42 Lyke vanaf 1 hospitaal (daar is ook ‘n slang in die gras)

Anoniem ·

Sies dit walglik dat dit so in ons land gaan! Afrika mentaliteit!

Dries ·

Hierdie is n bewys dat hierdie regeing absoluut uiters ongevoelig is teen sy burgers om eerstens afgestorwenes op so n ongevoelige manier te hanteer en daardeur te bewys dat hul heeltemal onbevoeg is om enige situasie te kan bestuur en beheer.

Hilda ·

Iemand het Al weer n GROOT kontrak gekry, en Dan vervoer hul die like in n onpadvaardige, oop sleepwa. Net in SA

Didi ·

Wel ten minste het omstanders niks wou wegdra van die omgevalde sleepwa af nie! Dis n wonderwerk!

Altie ·

Haha Didi….skerp! Darm een ongeluk waar die toneel nie leeggedra is nie!

BEKKELS ·

Geen beserings….liggame ongeskonde!! Nie eers ons voortrekkers het so min respek gehad vir die dooies dat hulle van so vervoermetode sou gebruik gemaak het nie! Belaglik!!!

Wonder net ·

Is ek dom of is dit redelik dat ek wonder hoekom lyke vanaf die hospitaal na begraafplaas vervoer word in massas, is dit nie die oorledenes se families wat self begrafnisse reël en kiste kies en dat begrafnis ondernemers dit aanry begrafplaas toe nie….hierdie hele storie klink vir my baie “fishy”

Tas ·

O my genade hoe word so baie liggaame vervoer waar familir lede en HOEKOM so baie babas dood gebore .Het hospitaal iets om weg te steek .Is daar dan grafde vir almal ?Iets klink maar dof hier .

Wonder net ·

M, presies waaroor ek gewonder het, als wat jy sê is hoe dit behoort gedoen te word, daarom maak hierdie vir my geen sin nie en daar is beslis n reuse slang in die gras.

Alida ·

Die is soos n horror Movie the rong Turn toe bars die wiel.

Geskokte Mamma ·

24 doodgeboortes by 1 hospitaal????? Arme mammas het reeds soveel verloor en dan verloor hulle nog die lykies op n snelweg. Gee elke mens die respek wat hulle toekom!! Ons almal gaan eendag n lyk wees en die wiel draai…

Hannetjie de Vries ·

As jy mooi kyk sal jy sien dis ‘n sleepwa waarop jy ‘n motor kan laai. Hierdie klink nie reg nie……

Hannetjie ·

As jy mooi kyk sal jy sien dis ‘n sleepwa waarop jy ‘n motor kan laai. Hierdie klink nie reg nie……

Elize C ·

Ek hoop almal wat so verwys na die “geen beserings” opmerking, doen dit tong in die kies. My 1ste gedagte was dat die berig verwys daarna dat die sleepwa wat se wiele losgekom het, gelukkig nie veroorsaak het dat ander pad-gebruikers/voertuie in ‘n ongeluk beland het en insittendes beserings opgedoen het nie, saam met die feit dat die lyke darem nie onder aankomende verkeer beland het of iets dergeliks nie….. As ‘n band onverwags oor die pad rol teen die spoed wat die voertuig besig was om te ry, kan dit ‘n hengse ongeluk op ‘n snelweg veroorsaak waarby tientalle voertuie betrokke kan wees. Gelukkig – as mens so kan sê – het die as van die sleepwa seker net losgekom en die sleepwa gekantel en toe sy vrag verloor.

Robert ·

@ Elize C: die as van die sleepwa het nie losgekom nie anderste was die gevolge baie erger, gaan lees weer die berig. Ek is oortuig daarvan met die gewig van 42 lyke met die kiste was dit ‘n redelike swaar vrag en was die spoed nie hoog nie

Charles ·

You pick a fine time to leave me loose wheel. Grateful no further injuries where sustained .

Leef en laat leef ·

Gelukkig is die siele op beter plek:) respek die dooies..

Faans ·

Het die polisie regtig in kiste gekyk? AS nie,kan daar enigiets in daardie kiste wees!!! wonder maar net???

Luister ·

Goeie genade! Word daar nou met lyke ook gesmokkel? Gelukkig darem in kiste. :-(

Francois ·

Beserings aan lyke???? Wat ‘n paradokse stelling. Beserings vind slegs plaas wanneer ‘n mens lewendig is. Daar kan wel skade plaasvind aan lyke wat ‘n meer gepaste stelling sou wees.

Koos ·

Seker maar bang daar gaan eise teen die pad ongeluk fonds wees as die lyke beseer was. Die dat daar geen beserings was.

antoinette ·

Die verslaggewers laat ook nie toe dat die bewoording in die pad kom van n goeie storie nie. “lyke beland op snelweg” sien ek toe al die liggame op die pad lê. En toe die teendeel, die kiste is nog almal toe en op die sleepwa. So word ons weereens eintlik mislei met die ware storie.

Nita ·

Baie skerp Charles. Jy het gesorg vir n bietjie humor te midde van die absurde gebeurtenis.

Andre ·

Oppad na begraafplaas met 42 lyke, een begrafnis met geen families? Klink verdag, dalk oppad na ‘n Sangoma – body parts is groot besigheid dees dae in SA.

Theresa ·

Het iemand al uitgevind waarom hierdie kiste met lyke in op massa gewys na ‘n begrafplaas toe aangery word???? Nog nooit van so iets gehoor nie.
Wie is die oorledenes en weet hul families van hierdie rit?? Waar word dit dan gehou in die begrafplaas? Hoe is dit moontlik dat 42 lyke se naasbestaandes nie by hul begrafnis gaan wees nie?? HIerdie klink ook na ‘n baie onetiese wyse om afgestorwenes te hanteer. Gaan Maroela bietjie nader ondersoek instel en meer inligting kry asb.?
Skrikwekkend.

Wonder ·

Ek wonder of dit die eerste keer is wat dit plaasvind. Al hoekom almal nou bewus is daarvan, is omdat die sleepwa se wiel afgekom en dit aandag getrek het. Hoeveel ander kere het dit gebeur wat die wiele aangebly het en lyke steeds so vervoer was.

bgj van der westhuizen ·

die vervoer van lykke op n sleep wa is on aan vaarbaar ek hoop hulle gaan die persoon vervolg en dit is teen die wet

Cindy Mac Pherson ·

Kritiek maar stabiel …. liewe land!
Ek sou my beskuit het as ek daar verby moes ry,,,

Was hulle gevries en beklee darem

Wil net sê ·

Onthou as die babas dood gebore is, dan los die mammas hulle net daar in die hospitaal en gaan nie weer terug nie. En die ander lyke is mense wat nie hulle familie lede kom opeis om te begrawe nie. Hulle word dan as armlastiges begrawe, en daarom wag hulle partymaal vir ‘n paar lyke om begrafplaas toe te neem, maar darem op ‘n gepaste wyse. Hierdie was onvanpas. die grafte is dan nie gemerk nie omdat hulle familie’s nie omgee of geld het vir ‘n behoorlike egrafnis nie.

Tina du Toit ·

Jinne, is daar daar dan nie familie wat hul mense self wou begrawe het nie, of weet van die familie nie of is dit maar verlore siele en hoe kry jy dit reg om 42 lykke sommer net so te vervoer sonder om aan die nagevolge te dink. Was dit dalk `n vinnige opsie gewees om van hulle ontslae te raak? Wou hulle almal met een slag gaan begrawe het?. Grootste begrafnis wat ek nog van sou gehoor het. Net bly hulle het nie onder iemand se kar in beland nie, ek dink dit sou ammok veroorsaak het op die pad.

Mornay ·

Dit is die probleem die krimetoriums val uit mekaar uit soos alles
nou moet die lyke noot gedwinge massa ge begrawe word dit was al op carte blance ook gewees

Conrad ·

Hulls word seker as armsaliges begrawe dus word hulle somer so behandel

Arnold ·

Kom ons kyk gou na maklike wiskunde:

Ongeveer 100kg per kis met inhoud.Maal dit met 42 dan kry jy 4.2TON.
Die trailer is enkel as en kan net n maksimum van 1400 ton dra.

Daar is jou antwoord.Overload net om n vinnige paar rand te maak.

Hoop hulle het n boete gekry!!!

Oom Walker ·

Arnold, jou rekenkunde klop nie so lekker nie, maar ek vermoed daardie kontrakteur spesifiseer heel waarskynlik 42 aparte ritte op sy faktuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.