Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid, het gesê minstens 200 nadoodse ondersoeke moet nog gedoen word wat beteken familielede kan nie begrafnisreëlings tref nie.
“Van hierdie liggame lê al vir langer as ʼn week in lykshuise. Ek is besorg daaroor dat die polisie nie genoeg veiligheid bied aan dokters om hulle in staat te stel om die nadoodse ondersoeke te doen nie.”
Volgens Bloom word lykshuise in Diepkloof, Hillbrow, Germiston en Roodepoort erg geraak deur die staking.
Forensiese patologie- assistente staak al byna twee weke lank oor salarisse en werksomstandighede. Die provinsiale departement van gesondheid het gesê daar word vergaderings gehou in ʼn poging om die staking te beëindig.
Volgens Bloom oorweeg van die families wat nie hul geliefdes kan begrawe nie regstappe teen die departement. “Die departement weier ook glo dat families die dienste van private patoloë gebruik om nadoodse ondersoeke te doen op diegene wat aan onnatuurlike oorsake dood is.”
Bloom het ʼn beroep op premier David Makhura gedoen om dringend in te gryp.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
33 Kommentare
NIKS werk reg nie NIKS !!!
Verkeerde mense vir verkeerde applikasies
Absoluut skandalig!!!!!
Wat gaan aan in hierdie land??!! Geen wonder hope mense emmigreer nie!!
Ek het gehoor dat daar vir ‘n tyd lank al van die assistente verwag word om die nadoodse ondersoeke te doen terwyl dit spesialiswerk is en hulle nie daarvoor gekwalifiseer is nie. Dit is klaarblyklik die werksomstandighede waaroor gestaak word. L.w. dit is hoorsê. Indien dit waar is, wat is die implikasie daarvan vir forensiese ondersoeke en getuienis in hofsàke? Kan iemand dit dàlk bevestig of weerlê?