Lyke hoop op terwyl werkers staak

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gesondheidsdienste se hulp is ingeroep om bystand te lewer by staatslykshuise in Gauteng terwyl forensiese patologie- assistente staak.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid, het gesê minstens 200 nadoodse ondersoeke moet nog gedoen word wat beteken familielede kan nie begrafnisreëlings tref nie.

“Van hierdie liggame lê al vir langer as ʼn week in lykshuise. Ek is besorg daaroor dat die polisie nie genoeg veiligheid bied aan dokters om hulle in staat te stel om die nadoodse ondersoeke te doen nie.”

Volgens Bloom word lykshuise in Diepkloof, Hillbrow, Germiston en Roodepoort erg geraak deur die staking.

Forensiese patologie- assistente staak al byna twee weke lank oor salarisse en werksomstandighede. Die provinsiale departement van gesondheid het gesê daar word vergaderings gehou in ʼn poging om die staking te beëindig.

Volgens Bloom oorweeg van die families wat nie hul geliefdes kan begrawe nie regstappe teen die departement. “Die departement weier ook glo dat families die dienste van private patoloë gebruik om nadoodse ondersoeke te doen op diegene wat aan onnatuurlike oorsake dood is.”

Bloom het ʼn beroep op premier David Makhura gedoen om dringend in te gryp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

An ·

Wat gaan aan in hierdie land??!! Geen wonder hope mense emmigreer nie!!

Ronel ·

Respek is deesdae net n woord wat in die woordeboek verskyn.
Fire die lot van hulle.

Ek wonder ·

Ek het gehoor dat daar vir ‘n tyd lank al van die assistente verwag word om die nadoodse ondersoeke te doen terwyl dit spesialiswerk is en hulle nie daarvoor gekwalifiseer is nie. Dit is klaarblyklik die werksomstandighede waaroor gestaak word. L.w. dit is hoorsê. Indien dit waar is, wat is die implikasie daarvan vir forensiese ondersoeke en getuienis in hofsàke? Kan iemand dit dàlk bevestig of weerlê?

foxi ·

Oh gonna…….die wind moet net nie nou sterk waai nie……sal nie n aangename reuk wees nie.

sug ·

Flou grappie en regtig nie nodig nie. Wys bietjie medemenslikheid toe?

MAGDA v BLOEM ·

Weer Pres Jakob Zuma wat in hierdie land aangaan??????????

Nettie ·

Nee, en hy gee ook nie ‘n snars om nie. Solank sy eie, sy menigtal kinders by menige vroue en sy boesemvriende, die Guptas, se sakkies net lekker gevul word!

Johann ·

Toonbeeld van die HUIDIGE SA. Nevermind die “nuwe SA”. Track rekord van die ANC wat kan brand en breek en verwoes en dreig en doodmaak, maar as dit by basiese bestuurs vaardighede kom? Dan is dit KOLON iaisme se skuld! Ter wille van die behoud van n terroris bevrydings idiologie, ten koste van n land se oorlewing! ANC LEGACY!!!! Nie in lewe OF dood is daar meer n verwysing na profesionele gedrag nie.

Maddie ·

Sjoe, dit moet baie traumaties vir die oorledenes se families wees. Sterkte. My gedagtes is met julle.

Doris Gouws ·

Ek voel baie jammer vir julle wat moet wag vir die forensiese uitslag want ek het in 2010 met daardie Polisie Heliikopter ongeluk so n skok gekry waar hulle my kind n verkeerde lyknommer gegee het en gesê het dat hy net so dronk soos die vlieënier was wat in beheer van daardie Helikopter was moenie eers praat van die foute wat op sy verslag was met die toets van die weefsel en alles wat daarmee gepaard gegaan het. Ek kan net vir julle almal sê sterkte. En dan hoop ek maroela plaas dit want hulle plaas ook net wat hulle pas.

Doris Gouws. (Siek gewag) ·

Ek wil net n bietjie sê vir kommentaar EK WONDER ek kan dit bevesting en weerlê want ek sit met al die bewyse want dit was my kind.

Hartseer ·

Ek moes tussen poele geel en pienk vloeistof trap en wag dat yskas deure oop gepluk word tot die regte een gevind is om my seun uit te ken en dit nadat ons 2 ure moes wag om gehelp te word. Hy het poedelnaak gele in die waglike plek.
Dit is n skande wat in lykshuise aan gaan net omdat dat daar geen beheer meer is nie

Andrea ·

Dit moes só traumaties gewees het! So bitter jammer vir julle.

ronel ·

Iemand vra vanoggend of al die dinge nie “gereel” word om aandag van Zuma en travante af te lei nie…..goeie vraag……

Ai tog ·

As dit een van my familie is wat ek so voor moes gewag het dan het ek die staat maar doodeenvoudig gedagvaar al vat dit ‘n ewigheid om die saak af te handel. Vir is dit lykskending!

henk ·

My suster is privaat begrawe en het ses weke in di lykshuis gele. Dit is swak

zeno ·

Karmi – wie is jou julle, is jy miskien een van julle,ken jy die spreekwoord van julle dra brille en…………………………

C ·

@Karmi wie is jou JULLE!! Ek dink ons het die volste reg om te kan kla. Wonder wat is jou verskoning om nie te hoef kla nie. Ons land is in ‘n gemors en dit sonder ons stemme!!

Doris Gouws ·

Karmi ek wil net vir jou sê oppas dat so iets nie op jou pad kom nie want lyk my jy wil met klippe gooi. OPPAS…………………………………….

Peet J ·

Die dienste van private pataloë kan sekerlik aangewend word vir nadoodse ondersoeke op persone wat aan natuurlike oorsake oorlede is en op die manier die families asook die opeenhoping van lyke voorkom, twee weke en selfs nog langer kan sekerlik ‘n onhigiëniese toestand veroorsaak met nog groter probleme .

Panda ·

Karmi praat ongelukkig die waarheid. Ek het hierdie dinge as ‘n kind voorsien, het geen idee hoe sogenaamde geleerde volwassenes kon dink het dat dinge anders sou wees nie. Mense kry maar die regering wat hulle verdien.

Josua Keys ·

Maar net nog statistieke wat ons by die gemors in die land kan voeg en die ergste is dat dit net ons pla want die buitewereld voel in elk geval vere van wat hier gebeur, die jong mense van vandag is al so gebreinspoel op skool dat hulle nie een meer kan ondersky tussen wat reg en verkeerd is nie en dit gaan bydra tot n verdereg verbrokkeling van Suid Afrika. Jammer vir die families wat hier deur moet gaan maar sonder wit bestuur is daar nie meer hoop in Suid Afrika nie en jammer vir die goeie swart mense wat ook verandering wil sien julle verdien dit ook nie.

Louis ·

So het die DA ook baie te vertelle gehad oor die Tshwane begrafplase voor die verkiesing. Hulle is nou aan bewind en die Zandfontein begrafplaas lyk erger as tevore. Sukkel al meer as ‘n jaar dat hulle berms oprig. Ongelukkig is hulle net besorg oor ‘n saak wanneer dit opposisie kan laat sleg lyk.

EvW ·

Ek het hier die dinge sien kom toe dit weg geskyf is van SAP na Dep Health toe….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.