‘Lyke hoop op’ weens staking

Argieffoto

Die DA in KwaZulu-Natal het gesê nagenoeg 30 liggame “hoop op” by ʼn lykshuis in Pietermaritzburg nadat personeel van die forensiese patologie-eenheid begin staak het.

Volgens Imran Keeka, DA-woordvoerder vir gesondheid in KwaZulu-Natal, word personeel by die lykshuis wat bereid is om bedroefde families by te staan, glo deur hul stakende kollegas gedreig.

“Begrafnisse word vertraag aangesien nadoodse ondersoeke nie uitgevoer word nie,” het Keeka gesê.

“Die griewe van die personeel is niks nuuts nie. Tog is dit duidelik dat Sibongiseni Dhlomo, LUR van gesondheid, dit nie as dringend beskou nie. Dít ten spyte van voorgesette onderbrekings aan hierdie noodsaaklike diens.”

Keeka het gesê personeel het verlede week ʼn dringende vergadering met gesondheidsamptenare aangevra, maar die amptenare “het nie die moeite gedoen om op te daag nie”.

“Hul afwesigheid te midde van hierdie dreigende krisis moet deur die LUR verduidelik word. Die LUR moet ook antwoord hoekom hy nie ingryp nie.”

Die DA het gesê die party het ʼn skrywe aan Yusuf Bhamjee, voorsitter van die provinsie se gesondheidsportefeuljekomitee, gerig om hom te versoek om ondersoek in te stel oor wat in die provinsie se forensiese patologie-sektor aangaan.

Ncumisa Mafunda, woordvoerder vir die provinsie se departement van gesondheid, het egter gesê personeel het reeds teruggekeer werk toe.

“Daar is vandeesweek ʼn vergadering tussen die werkers en werkgewer gehou, waarna personeel teruggekeer het na hul poste. Die gesprekke duur voort en bedrywighede is weer terug na normaal,” het Mafunda gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tammy ·

Griewe van werkers is niks nuuts nie….ja, maar dit is suiwer omdat dit toegelaat word. As iemand nie wil werk nie en n opdrag kry om te werk en hy weier, kla hom dissipliner aan en jaag hom weg!! Die land is op die grond omdat misdadigers en stakers soos babas beskerm word. Daar is duisende mense wat graag wil werk, hulle is bekwaam en betroubaar maar sit werkloos omdat die luiaards beskerm en gepamperlang word.

Speedguard ·

Dagvaar hulle, hul versuin in hul taak (diepartment of Jelth) dit is ‘n skreiende skande !

Anoniem ·

Ag nee sies man, dank die hele lot af! Hoe onhigiënies is dit dan om lyke net te los! Geen respek!

Karen van Zyl ·

Dit is nie’n klop lyke wat daar lê nie, dit was iemand se geliefde…..

Koos1 ·

Die kommentators hier bo is vining om te oordeel. Ek weet nie wat hulle griewe is nie. Dalk het hulle nie handskoene of beskermde drag om met die lyke te werk nie. Dalk gaan dit oor oortyd wat gewerk is en nie betaal is nie. Nee, ek dink die griewe moet openbaar gemaak word voordat ons oordeel.

Uvonka ·

Koos1 ek hoor wat jy se maar seer sekerlik het mense wat in seker poste, soos bv hierbo darem ‘n sin van verantwoordelik of hoe. In sekere poste mag daar nie ruimte wees vir stakende personeel nie, nie net is dit disrespekvol maar ook uiters onhigienies. Soos Karen tereg se, dit is mense se geliefdes en baie kan eers finaal verstroosting ( indien moontlik) kry as hulle geliefdes ordentlik behandel en begrawe word. Ongelukkig is dit net te maklik aanvaarbaar in SA om te staak.

Koos1 ·

Uvonka, ek wil geensins verdedig wat hulle doen nie, maar wil net hê die HELE storie moet vertel word voordat daar beskuldigings rond geslinger word. Sê nou net jou werkgewer sê aan jou om ‘n vloer te vee, maar hy gee nie vir jou ‘n besem om dit te doen nie. Jy bring nou maar jou eie besem om dit te doen, maar na 10 keer se vee is die besem stukkend en jy moet een uit jou eie sak gaan koop. Dis mos nie reg nie?
Ons sal nie weet wat die omstandighede daar is nie, totdat ons die hele verhaal hoor. Gebeur daar dalk dinge wat die regering in ‘n slegte lig kan plaas? Ek is bereid om my kop op ‘n blok te sit dat dit nie oor geld gaan nie, want as dit oor geld gegaan het sal dit bekend gewees het.

Leeutjie ·

Dis waar Johanna. Nie eers dooies word gegun om te gaan rus nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.