Lyke in stroom gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

Dit is nog onduidelik wat die oorsaak van dood is in die geval van die mans wie se liggame Donderdag in ʼn stroom in Phoenix, Durban, gevind is.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn onbekende man se liggaam is vroeg die oggend deur inwoners in die stroom gevind en die polisie is ontbied. Kort daarna is ʼn tweede man se liggaam ook gevind, nie ver van die eerste liggaam nie.

Volgens Mbhele het albei mans bytmerke aan hul koppe, nekke en ledemate gehad. Mbhele het berigte dat die bytmerke deur honde veroorsaak is, ontken. “Dit is ʼn moontlikheid wat deur die polisie ondersoek word, maar alvorens ons die nadoodse verslag ontvang het, kan ons nie bevestig wat die bytmerke veroorsaak het nie. Die nadoodse ondersoek sal ook die oorsaak van die mans se dood bepaal.”

Sy het bevestig dat ses honde onlangs deur inspekteurs van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) uit ʼn nabygeleë huis verwyder is, maar weet nie of die honde aggressief was of wat die rede vir hul verwydering was nie.

Die identiteit van die twee mans is nog nie bekend nie. Die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Scalla ·

Durban gaan seker ook nou geplunder word soos Coligny, drankwinkels is eerste, die skok was groot

Ken2 ·

Groot honde is uitstekend om jouself te beskerm. Veral boere en mense in gebiede waardie polisie nie noodoproepe antwoord nie, moet groot honde in groot getalle aanskaf wat moordenaars vasvat voor hul by jul uitkom.

oubaas ·

Dit kan moontlik Zambezi haaie wees aangesien dit in ‘n rivier in Natal plaasgevind het. Zamebezi haaie kan selfs 200km in riviere aangetref word vanaf die rivier mond wat in die see in vloei.

Vlooi ·

Ai hier kom die volgende Coligny. Enige verskoning om totale chaos en wanorde te skep. Waar n rokie trek moet daar mos n helse vuur gestook word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.