Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die agt lyke is Maandagmiddag naby Unitystraat en die Modder-pad gevind. “Ons vermoed die moorde het te doen met bendes wat by onwettige mynbedrywighede betrokke is.”
Volgens Dlamini is al die slagoffers met ʼn skerp voorwerp doodgesteek of doodgeskiet. “Dit is nog nie duidelik waar die moorde plaasgevind het voordat die lyke in die veld agtergelaat is nie.”
Dlamini het gesê die slagoffers is nog nie geïdentifiseer nie. ʼn Span speurders is intussen aangestel om die moorde te ondersoek.
Maroela Media het vroeër berig ses lyke is Sondagoggend in ʼn oop veld langs ʼn spoorlyn gevind.
“ʼn Verbyganger het die polisie gekontak toe hy Sondagoggend omstreeks 09:00 op die liggame afgekom het,” het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gesê. Hulle is almal in die bolyf geskiet. Hulle is vermoedelik iewers anders geskiet voordat hul liggame in die veld afgelaai is, aangesien hulle in ʼn patroon gelê het.
Die polisie ondersoek 14 sake van moord.
Benoni sterf uit……
Benoni is die eweknie van die Wilde Weste. Hier noem ons dit die ‘Booste Ooste’.
Bring terug die doodstraf! Dis absoluut belaglik wat in SA aangaan.
Doen ons n guns en bring jy die doodstraf terug. Daai rympie is holrug gery.
Om die doodstaf terug te bring beteken niks. Dit skrik niemand af nie.
Iemand doen mos nou dit alreeds…….