Lyke op NW-plaas geïdentifiseer

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie in Noordwes het Dinsdag bevestig dat die twee liggame wat die afgelope naweek op ʼn plaas naby Rustenburg gevind is, nie dié van die plaaseienaars of plaaswerkers is nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die liggame van ʼn 24-jarige man en ʼn 34-jarige vrou onderskeidelik Saterdag en Sondag op die plaas gevind is. Die man is vermoedelik met ʼn skerp voorwerp doodgesteek en die vrou is geskiet.

Volgens kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, is die oorledenes nie gekoppel aan die plaas nie.

“Daar is reeds vasgestel dat die man ʼn werknemer van ʼn plaaslike busdiens was en dat die vrou by ʼn gastehuis in Rustenburg gewerk het. Hulle is Vrydag vir die laaste keer lewend by ʼn plaaslike kroeg gesien,” het hy gesê. “Voetgangers in die gebied gebruik glo gereeld ʼn pad wat deur die plaas loop as ʼn korter roete en die oorledenes se liggame is naby dié pad gevind.”

Mokgwabone het gesê hoewel die identiteit van die oorledenes aan die polisie bekend is, is hul naasbestaandes nog nie van hul dood in kennis gestel nie en daarom kan die name nie bekendgemaak word nie.

“Ons is in dié stadium nie seker wat die motief vir die moord was nie, omdat ons nie weet of die oorledenes enige persoonlike besitting by hulle gehad het en dalk beroof is nie,” het hy gesê. “Dit is ook nog nie duidelik of die vrou moontlik verkrag is nie en ons wag op die uitslae van die forensiese ondersoek om dit te bevestig.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lee ·

Shame dit is verskriklik om so dood te gaan. Wat is fout met ons land??? Sterkte aan die familie.

Blinde Sjambok ·

“….by ‘n plaaslike kroeg gesien” …die begin van die verhaal van hul einde!

tamboti ·

Nee nee nee Blinde Sjambok! Om ‘n aand te gaan kuier; of dit nou shebeen, kroeg, pub of by pelle se huis gaan braai en suie, is nie rede of motief om geroof of vermoor te word nie. Selfs mense, veral boere, wat Sondag kerk toe gaan is ‘n teiken.

Snip ·

Maak nie saak waar jy is nie, misdadigers is daar. Almal loop deur en trek die korste end. Dis hoekom ons nie meer uitgaan nie. Voel letterlik asof jy dop gehou word. Die eerste keer was genoeg.!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.