Lyke ure langs pad gelos omdat patologiewerkers staak

(Argieffoto)

Die DA in die Oos-Kaap het uitgevaar teen stakende werkers by die provinsie se patologie-afdeling. Die party sê diegene wat ná ʼn ongeluk op die toneel dood verklaar word, word sedert verlede Vrydag ure lank bloot langs die pad gelos weens die staking.

Jane Cowley, ʼn DA-lid van die provinsiale wetgewer, het gesê werkers staak weens onbetaalde oortyd en bystandtoelae.

“Dat die waardigheid van mense wat só tragies gesterf het en die lyding van hul families nou ʼn onderhandelingswapen in ʼn loongeskil geword het, is laakbaar,” het Cowley gesê.

Volgens die stakende werkers word oortyd- en bystandtoelae sedert April vanjaar nie betaal nie, ondanks beloftes wat die hoof van die departement daaroor gemaak het.

“Die departement is gedwing om met private begrafnisondernemers te onderhandel om die liggame op ongelukstonele te gaan haal terwyl die staking voortduur. Dit lei tot beduidende vertragings om ontbindende lyke op te laai,” het Cowley gesê.

“Dit is ʼn teken van ʼn verslegtende gesondheidsorgstelsel wat sy doelwit, om gesondheidsdienste aan inwoners van die provinsie te verskaf, uit die oog verloor het. Pleks daarvan is daar ooglopende wanbestuur wat gelei het tot ʼn menigte mediese regseise, wanbestuur van personeel, wanbestuur van geld en die indiensneming van onbevoegde kaders.

“Die gevolg is ʼn departement wat nie in staat is om homself reg te ruk nie.”

Cowley het gesê sy het reeds aan die LUR vir gesondheid in die provinsie, Sindiswa Gomba, geskryf om te vra dat die oortydkwessie as ʼn saak van dringendheid hanteer word sodat forensiese patologiedienste hervat kan word voor nóg belastinggeld gemors word.

Sy het gesê gesondheidsdienste moet gerespekteer en behandel word met die waardigheid wat dit verdien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Outoppie ·

Hulle voel niks vir ń lewendige persoon hoekom sal hul nou hulself bekommer oor ń lyk

JohanR ·

Sterf, of kom sterf in Suid Afrika. Die ANC is die regering. Ons wens hulle was nie!

Dries Bý ·

Geen etiek vir hul werk nie geld is vir hulle als .As jy nie respek het vir n ander se lewe nie wat nog te se vir n mens se lyk.Wat is jou eed.

Willehond ·

In hierdie land gaan daar nog baaaie lyke op straat le en ontbind! Ons sal maar moet gewoond raak aan dit!

Martie ·

Bitter min dinge in SA kan reggeruk word solank die anc in beheer is.

Penelope ·

Ek neem die regering kwalik vir alles wat verkeerd gaan in SA. Hulle kan nie eers orde handhaaf in ‘n vergadering nie, wat nou nog van die land.
Daar is heelwat wat al agtergekom het dat hul nuwe SA manier nie werk sonder mense wat wel gekwalifiseerd is nie, maar mense val in poste vanuit die tronk ook…. te lekker.
Geen selfrespek, geen respek vir medemens. Wat eens ‘n baie mooi land was, is besig om weg te kwyn….

madels ·

Goeie genade, as mens nie eers meer na jou dood met respek behandel word nie! Wat gaan nog ten gronde gaan!???

Koos de Meyer ·

Betaal hulle af en kry mense wat wil werk. Wat ‘n skande.

Foxi ·

Gewonder waar daardie slegte reuk vandaan kom. Meeste van daardie lyke kom van staatshospitale af! Ag…..dis net die gegin. Wag totdat die nuwe gesondheidsplan in werking tree. Daar gaan meer werk wees en geen plek meer wees om die lyke op te gaar nie! En dis is n feit!

SjN ·

Met die huidige werkloosheid syfer sal dit nie moeilik wees om hul te vervang nie, gaan kyk in die begraafplaas, daai afgestorwes was almal onvervangbaar gewees, the show just go on

Michelle ·

Moet aangekla word en afgedank word dit is onmenslik die mense het geen respek nie. Wag dat die voorval aan hul deur klop.

Sandy ·

Ek was gister so geskok toe ek dit op die nuus hoor. Ek verstaan die geld kwessie, maar het hulle nie ‘n greintjie menslikheid nie. Die lyke het geen “dignity” gehad om na die ongeluk oop en bloot te le nie. Dit krap my om dat families wat op soek is na hul geliefdes, nie net moet hoor dat hulle in’ n ongeluk oorlede is nie, maar ook, soos ek gehoor het, van Vrydag tot Saterdag op die toneel moes le nie. Watse waardigheid het hulle nou gehad om daar te le in die oopte. Ek dink dis ‘n skande dat hulle die groter prentjie opsy geskuif het om hulle eie egos te voed wat geld aanbetref. Ek hoop dat elkeen wat hulle so gelos het by die ongeluk flippin spook by iedere een.

Attie. ·

Net in SA kan sulke dinge gebeur. Hoe gaan dinge lyk oor nog 5 jaar?

Karolis ·

Privatiseer die bedryf heeltemal. Dan kan gewillige werkers tot die bedryf toetree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.