Lyke van 7 gesinslede uitgeken

Die huis waar die sewe gesinslede vermoor is. Foto: Itumeleng English/ANA

Een van die pa’s wie se kind in ʼn huis in Vlakfontein, suid van Johannesburg, vermoor is, was Woensdag ontroosbaar toe hy van die lykshuis af teruggekeer het nadat hy sy kind se liggaam uitgeken het.

Tebogo Lekotje kon nie die trane terughou toe hy die huis waar die moorde plaasgevind het, binnegegaan het nie. “Ek het nog nooit so iets gesien nie. Die manier waarop my dogter vermoor is, hulle het haar selfs verkrag.”

ʼn 27-jarige man het homself glo as ʼn familielid voorgedoen voor hy die sewe gesinslede vermoor het. Hy het vier lyke in die huis begrawe en die ander drie in ʼn buitevertrek.

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die huis Woensdag besoek. “Ons vermoed dat die oorledenes op 19 Oktober vermoor is aangesien een van die huurders hulle op dié dag die laaste keer gesien het.”

Nkosi-Malobane het gesê sy wil nie te veel besonderhede bekend maak nie aangesien dit die polisie se ondersoek kan beïnvloed.

Sowetan het intussen die oorledenes geïdentifiseer as Mbali Khoza, Dudu Khoza (46), Nomfundo Khoza (28), Karabo Khoza (11), Luyanda Khoza (7), Sbonga Khoza (3) en Lerato Khoza (2).

Die polisie soek intussen steeds na Sibusisu Ernest Khoza wat die hoofverdagte in die saak is. Volgens Nkosi-Malobane het die verdagte verskillende identiteite.

Enigiemand wat weet waar Khoza hom bevind, word versoek om die naaste polisiekantoor of Stop Misdaad by 0860 010 111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zebra ·

Die samelewing van geweld betrek almal in die land. Dis so hartseer! Plaasmoorde en haat teen witmense is so erg en siek, maar my hart gaan uit na alle Suid Afrikaners Wie ook slagoffers is van geweld! Die hele wereld is besig om mal te word! Mag die Koning Kom en n einde Maak aan die toenemende evil.

skerpioen ·

Die duiwel is los. En in die laaste van tye gaan dit erger gaan. My hart is so seer vir hierdie vrouens en kinders. Aan hulle familie… ek wens ek kon julle seer weg vat.

Waar is die Betogers ·

Waar is die busse vol betogers?! Hier is verkrag en kinders vermoor!! Skok dit julle nie ook nie?!

TP ·

En nerens is daar ‘n beskrywing van die verdagte nie. Na wie moet ons nou eintlik soek? Hy het dan selfs meer as een identiteit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.