Lyke van Britse toeriste spoel by Plettenbergbaai uit

NSRI Plettenbergbaai. Foto: NSRI

NSRI Plettenbergbaai. Foto: NSRI

Twee Britse toeriste het vermoedelik Vrydag by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê ʼn reddingspan is net ná 18:00 na die Robberg-strand ontbied, waar hulle die liggaam van ʼn man in die vlak branders op die strand gevind het.

“Terwyl hulle op die ambulansdienste gewag het, het twee vrouens wat op die strand gestap het, nader gehardloop en gesê hulle het die liggaam van ʼn vrou 200 meter verder op die strand aangetref,” het Lambinon gesê. “Die vrou se liggaam was ook in die vlak water waar dit uitgespoel het.”

Paramedici het albei probeer bybring, maar dit was tevergeefs. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Volgens Lambinon is intussen vasgestel dat die twee mense Britse toeriste was wat met vakansie in Suid-Afrika was. Die 28-jarige man en 26-jarige vrou het vermoedelik in die see gaan swem het kort ná hul aankoms in Plettenbergbaai. “Hulle het vermoedelik verdrink. Die seetoestande was rof met sterk strome in die gebied,” het Laminon gesê.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen, aangesien die polisie nie vuilspel vermoed nie. Die oorsaak van die toeriste se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bevestig word.

“Die Britse owerhede help om die familie oorsee op te spoor,” het Lambinon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bets Bothma ·

Dis sooo tragies! Ek is vrekbang vir die see en Plett is my gunsteling vakansieplek, maar ons swem NET waar lewensredders is en hul is by al die gewilde strande! Ai, hul waa nog sooo jonk!

Bart ·

Hulle is van Ierland . Het hulle verdrink of is hulle vermoor? Na alles is hulle blank. Snaaks genoeg toe my pa op sy kleinhoewe vermoor is her die polisie ook nie vuilspel vermoed nie.

Cecily ·

Baie sterkte aan hul ouers hul was nog so jong my hart gaan uit na hulle naaste.

Hettie ·

Dis hartseer. Waar is lewensredder? Sterkte aan hul families!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.