Lyke verrot, bloed vloei in straat: Kuruman-hospitaalbestuurder aangekla

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum het strafregtelike aanklagte teen die bestuurder van die Kuruman-staatshospitaal aanhangig gemaak nadat daar klagtes ontvang is oor bloed in die straat, mediese afval en lykshuis-yskaste wat nie werk nie.

Stefan Pieterse, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Noord-Kaap, het gesê hulle dring daarop aan dat Agnes Sesing tot 10 jaar tronkstraf gevonnis moet word vir growwe nalatigheid. “Ingevolge dié wet kan ʼn maksimum vonnis van 10 jaar tronkstraf saam met ʼn boete van R10 miljoen opgelê word. Mense in magsposisies moet persoonlik aanspreeklik gehou word wanneer hulle die gemeenskap se gesondheid in gevaar stel.”

Louis Pieterse, voorsitter van die AfriForum Kuruman-tak, het tydens sy besoek aan die hospitaal glo op onbedekte lyke afgekom wat begin ontbind het. “Die reuk was ondraaglik. Ons het die klag teen die hospitaalbestuurder ingedien, omdat die situasie onmenslik is, dit nie toegelaat mag word nie en onmiddellik aangespreek moet word.”

Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het intussen gesê dat hy maatreëls in plek gaan stel om verdere agteruitgang by die hospitaal se lykshuis te voorkom. “Ons neem volle verantwoordelikheid. Elke stelsel is in plek om te verhoed dat dieselfde situasie weer ontstaan,” het Mac Jack, LUR vir gesondheid, aan SAfm gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Die land is in sy dinges in. Die aanstellings wat gemaak word is pateties.Die departement gee nie eens om vir sy eie werkers nie wat nog vir agriforum,public protector hulle in magsposisies verontagsaam die GRONDWET VAN SUID AFRIKA dis die agteruitgaan.Mense word rond en bont geskuif om sekere dinge reg te kry. Ai waantoe is die land van Nelson Mandela oppad wat so lank moes boet vir reg en regverdigheid.

Francois ·

Ek stem 100% saam! Die wat dink ons het ‘n grondwet leef in ‘n droom wereld. Daar bestaan nie so iets nie. Skrik wakker en hou op om ANC te stem, so maklik soos dit!

sune ·

.ek was al daar en het ge se sal nooit weer daar na toe gaan ni …gaan eerder dood by my huis waar dit skoon is ..ons mense in kuruman is te bang om water te drink na al di stories en ons kinders te bad …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.