Lykie in asblik gevind

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Fetus is Dinsdagoggend in ʼn vullisdrom in Heuweloord in Centurion gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê vullisverwyderaars het in Silver Acreweg op die lykie afgekom, waarna hulle owerhede in kennis gestel het.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is die fetus, toegevou in ʼn bebloede handdoek, binne die vullisdrom gevind. Dit was duidelik dat die fetus al ʼn geruime tyd daarin was en niks kon verder gedoen word nie,” het Meiring gesê.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa B ·

Hierdie gedrag is nou aan die orde van die dag. Ek weet nie wat wil die polisie ondersoek nie. Die skuldiges word nooit gevang nie. Almal kom weg met moord – letterlik!!

Leser ·

Dis die hoeveelste een hierdie maand, maar daar moet mos stilgebly word oor die goed want dit is ‘n sensitiewe aangeleentheid en nooit die ma se skuld nie. Ek se dus verder niks.

Nicki Blakeway ·

Laat my toe om die volgende opmerking te maak; daar is geweldig krag in bewoording, bewoording beaam denkwyses en denkwyses word gedrags patrone. Die woord fetus beteken “offspring” of nageslag in afrikaans… dws dit is ‘n baba, volledig mens, ek is oortuig dat die woord “fetus” gebruik word om ‘n baba as ‘n “NIE-mens” te etiketeer, doelbewus om aborsie goed te laat klink. Kom ons gebruik eerder die woord: baba en gee menswaardigheid aan ‘n persoon wat deur die Almagtige God van die Bybel geskep is na Sy beeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.