Lykies in vrieskas: Vrou kry borg

Argieffoto

Argieffoto

Melice Jacobs (29) het Donderdag weer in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nadat daar verlede maand vier babalykies in ʼn vrieskas by haar huis gevind is.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê Jacobs is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Jacobs moet volgens haar borgvoorwaardes ʼn ander blyplek in Mthatha kry. Sy mag ook nie die Mthatha-area verlaat of met getuies kontak maak nie. Jacobs moet weer op 9 April in die hof verskyn.

Jacobs is op 10 Februarie in hegtenis geneem nadat die polisie die lykies drie dae vantevore in haar huis in New Brighton, ʼn buurt in Mthatha, gevind het. Polisiebeamptes het op ʼn wenk reageer en moes by die huis inbreek, aangesien die eienaar nie tuis was nie. Huurders het aan die polisie gesê die vrou is in Johannesburg om ʼn begrafnis by te woon.

Jacobs beweer sy is die ma van al vier die babas. DNS-toetse word gedoen om te bepaal of dit wel die geval is. Die polisie het destyds gesê daar is ʼn skoenveter om een van die babas se nekke gevind en dui dit daarop dat hulle moontlik verwurg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries ·

Mag die liewe Here dit verhoed dat ek so mens raakloop wetend van so ‘n daad! Sy hoort nie in enige samelewing nie, dit is die ergste van die ergstes watsy doen….

Charlene ·

Bull! Die rou verdien die dood straf, alhoewel dit te maklik en pynloos is. As mens die ander berig lees oor toe sy in die hof was vertel sy haar boyfriend het haar geslaan en sy het `n miskraam gehad, ok dis nie onmoontlik nie maar hoekom dan die skoen veter….. Maar nou mag sy loop om na haar ander kinders te gaan kyk (hulle is duidelik nie veilig by haar nie)
Siek samelewing waarin ons is.

mercia ·

Werr eens gaan die boodskap uit. Moor maar,jy sal skotvry daar af kom. Dis n siek wereld waar in ons lewe. Skud maar net my kop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.