Lykshuisbestuurder oor rotte geskors

Foto: Google Maps

Foto: Google Maps

Die bestuurder van die staatslykshuis in Galestraat in Durban, KwaZulu-Natal, wat vir ʼn afgryslike fout verantwoordelik is, is Dinsdag geskors.

Die vrou is onder andere geskors nadat sy geweier het om ʼn gesin te help wat die verkeerde liggaam geneem het om te begrawe en versuim het om die rotprobleem op die perseel te beheer.

Dr. Sibongiseni Dhlomo, provinsiale LUR vir gesondheid, het in ʼn verklaring gesê die bestuurder is geskors weens haar “versuim om op verskeie geleenthede leierskap te toon wat met haar pligte verband hou”.

Die LUR moes oor die naweek ingryp nadat die kwessie op die SAUK uitgesaai is. Hy het gesê die bestuurder het nie reageer toe junior werknemers haar genader het nie.

“Sy het versuim om op te tree toe daar gevind is dat rotte aan die liggame by die lykshuis vreet,” het Dhlomo bygevoeg. Drie liggame het vroeër vandeesmaand bytplekke gehad.

Die rubber aan die koelkamerdeur is ook deur die rotte beskadig en niks is glo aan die probleem gedoen nie.

“Ons kan regtig nie ʼn persoon sonder empatie in só sensitiewe omgewing hou nie,” het hy bygevoeg. “Ons het mense nodig wat begryp dat selfs oorledenes ook die reg tot waardigheid het. Ons kan nie ʼn bestuurder hê wat nie leierskap toon nie en wat nie stappe doen om uitdagings op te los nie. Ons simpatie aan al die betrokke families.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

alida ·

Dit is afgryslik en sy behoort onmiddellik weggejaag te word. Geen wonder daar is soveel siektes en plae in omloop nie. Noem asb die Begrafnisdiens se naam en verkondig dit landwyd !! Dan kan nie geduld word nie.

Koos ·

Alida, die naam kan duidelik gelees word op die foto,
Maroela: Kan dit ‘n afgryslike fout genoem word? Ek sou dink dit moet eerder wees, nalatigheid wees?

Grotman ·

Die eienaars van die begrafnis plek dra blaam dat hulle nie hulle vinger op die pols gehou het en nie kort kort inspeksie daar gehou het nie. Daar is reeds genoem dat die vrou afgedank is.

Akram ·

genugtig. hoe word n verkeerde lyk uitgegee? ek weet dit klink erg, maar mens kyk mos wie jy inlaai? ek meen ek sal seker maak ek vat die regte liggaam. ek moet saam sten, dit is nalatigheid. en die rotte plaag? mens kan mos gif gooi. hoe erg moet so plek wees as die rotte aan n liggaam kan eet? hoe moet die bure dit uithou?

Joa ·

Dit is oor sulke dinge dat ons al hierdie super virusse in ons hospitale en gesondheidsplekke het. Kyk net wat gebeur alles met ons drink water. Sies man.

Loeis ·

Dis is iets om van naar te word maar daar gebeur goed met lewende mense in hierdie land waar die LURs vir gesondheid gerus kan ingryp.

En dit gaan tot op die hoogte vlak. Die ergste onbevoegdheid wat ek nog gesien het was by die HPCSA.

Theresa ·

Pateties. Glo egter dat as die Health & Safety wet wel uitgevoer word soos dit hoort, gaan duisende plekke moet deure sluit totdat hul bereid is om hul standaarde aan te pas soos dit in Suid-Afrika hoort. Met die minagting van als wat reg en goed is, hardloop dit vinniger afdraend as wat gekeer kan word. Sies. Ek wil eintlik voorstel dat alle restaurante se kombuise in die middel vd plek is met klankdigte glas, maar glas reg rondom. Mens moet kan sien hoe jou kos hanteer word. (skuus dwaal nou van die storie af)…

Dawie ·

Maroela Media hier is fout met die berig. Dit is die staatslykshuis in Gale str nie ‘n private begrafnis ondernemer wat betrokke is. Dit is die rede hoekom die LUR ingegryp het. Stel aub reg. ;-)

Nico Strydom ·

Dagsê Dawie
Dankie dat jy laat weet het. Ons wysig die berig.
Vriendelike groete
Nico Strydom nsm Maroela Media

ladybug ·

Ag hoe skynheilig! Die department is ook net senitief oor sekere goed – kyk hoe gaan dit in ander sektore bv staatshospitale en julle doen ABSOLUUT niks daaraan nie!

Martin ·

Ladybug, daar is ‘n bohaai opgeskop want die job is vir iemand ander belowe.

Kobus VS ·

Wie het haar in die eerste plek aangestel en waarom word daardie persoon nie ook ondersoek nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.