Lymen vul nou éérs slaggate

Lymen besig om 'n slaggat te vul. Foto: Verskaf

Lymen besig om ‘n slaggat te vul. Foto: Verskaf

Lymen Malambo, die 25-jarige hawe- en werklose man van Hartbeespoort in Noordwes wat op sy eie slaggate begin vul het, het opleiding ontvang en vul nou slaggate dat dit bars.

Maroela Media het vroeër berig Vanessa Courtenay, ʼn inwoner in die gebied,‎ het verby Malambo gery waar hy hurkend in die pad besig was om ʼn slaggat met sement te vul en besluit om stil te hou. Malambo het vertel hy vul self slaggate en koop sakkies sement met die geld wat verbygaande motoriste vir hom gee. Courtenay het ʼn foto van hom geneem en dit op Facebook geplaas.

Volgens Courtenay het Malambo met opleiding begin en reeds sy eerste groot slaggat herstel. Sy het gesê hy sal volgende week verdere opleiding ontvang, waarna hy gesertifiseer sal word om slaggate te vul. Die maatskappy wat die opleiding doen het, het ook 12 25kg-sakke asfalt en ʼn 20 liter drom seëlaar aan hom geskenk. Volgens Courtenay het nog ‘n plaaslike maatskappy ook aangedui dat hulle moontlik bykomende toerusting sal verskaf.

“Lymen het in die harte van Suid-Afrikaners gekruip omdat hy gewillig was om sy eie werk te skep. Ek glo in my hart dat Lymen nog baie suksesvol gaan wees. Hy het ‘n can do-houding en niks is vir hom te veel nie.”

Courtenay het gesê Malambo het nog nie amptelik ʼn blyplek gekry nie, maar dit is ook in die vooruitsig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Vliegie ·

Wanneer ek sulke berigte lees flikker die vlam van hoop weer op vir ons mooi land! As almal maar net hierdie mentaliteit sal hê en nie net bak hand terugsit en verwag alles moet net vir hul gegee word nie! Well done Lymen wens daar was meer soos jy!

Anre ·

Well done Lymen wys die ander wat gedoen kan word. Die man wil ten minste werk!!!!

Jan Meyntjes ·

Dit is natuurlik teen die plaaslike regering wet vir enige persoon om sonder magtiging aan enige Raads eiendom te werk maar, ek sê, “Stuff it” Lymen, gaan aan met die goeie werk en ek hoop die eienaars van eiendomme in daai area dra mildelik by om die man te help om julle ook te help. Miskien ‘n ou ongebruikte Wendy huis om sy tools in te bêre, ‘n kruiwa en ‘n geborgte selfoon mag miskien al help en moontlik ‘n drie wiel fiets .

MOOI ·

Ag dis mos nou ‘n goedvoel-storie wat ek baie graag op ‘n Vrydag wil lees. Mooi so Lymen!!! Hou so aan!!!!

Deloris ·

Well done Lynmen, hy sal darem sorg dat die slaggate ordelike gevul word met sement ens en nie net sand soos dit huidiglik gedoen word deur munisipaliteite nie, dalk moet Lymen hulle gaan opleiding gee en nie net ‘patch’ werk doen nie.

Theresa ·

Mooi so. Net vreeeeeeeeeeeeeslik bly om nou te sien hy kry opleiding. Chaos as almal links en regs begin regmaak en mooimaak op publieke areas, sonder die nodige opleiding. Dink dis wonderlik om iemand op te lei wat wil werk. Hoop werwing word gedoen – eerstens natuurlik onder wettige Suid-Afrikaners – dit sal verwelkom word.

EJ ·

Wys net SA is nie sleg nie. Ek trek more terug. Hier in die UK sit baie vd bevolking bakhand want hul is lui en kan lekker op my tax leef. Een vd dae het hy n besigheid en dan nog werkers en as jy jou oe uitvee is hy landwyd besig en het 100de mense werk verskaf!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.