Lynne Brown bedank

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Lynne Brown, die voormalige minister van openbare ondernemings, het as lid van die parlement bedank.

Die kantoor van die hoofsweep van die ANC het op sy amptelike Twitter-profiel bevestig Brown se bedanking is sedert 27 Februarie van krag.

“Sy het haar dankbaarheid uitgespreek om die mense van Suid-Afrika te dien en het die ANC bedank vir die geleentheid om dit te kon doen. Ons is vol vertroue dat sy sal voortgaan om hierdie land en ons beweging in ander hoedanighede te dien. Ons wens haar alle sterkte toe.”

Brown se bedanking volg nadat sy Maandagaand in ʼn kabinetskommeling van pres. Cyril Ramaphosa uit haar posisie as minister van openbare ondernemings afgedank is. Sy is met Pravin Gordhan vervang.

Brown is in 2014 as LP ingesweer en het voorheen as lid van die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer van 1994 tot 2014 gedien. Sy is tydens haar termyn as minister van openbare ondernemings skerp gekritiseer vir haar rol in die verbrokkeling van behoorlike bestuur by die nasionale kragvoorsiener Eskom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Marius ·

Hoop jy het solank al jou kaartjie bespreek na Dubai hulle gaan vir jou kom.

Piet Pompies ·

Mooi woorde, my pa het dit ook gebruik toe ons nog kinders was.

Vreemd ·

Snaaks dat dit my nou opval, die hele wereld het apartheid en rasse diskriminasie geskreeu toe swartes nie oral ingesluit is nie nou dat wittes oral uitgesluit word is die wereld stil . vreemde wereld hierdie van ons .. Hoe lyk die parlement op ‘n foto? Verteenwoordigend? Hoe lyk die Eskom bestuur , hoe lyk SAL bestuur, hoe lyk SAUK bestuur? Hoe lyk DENEL se hoofbestuur? SO vreemd dat apartheid so wreed was maar nou dat minderhede onderdruk en oral uitgesluit word en selfs met BEE geboelie het as hulle hulle EIE besighede het dit heeltemal IN DIE HAAK is?

snoefie ·

so vreemd dat al die instellings kniediep in die tjollos is.

Eish ·

Wat n volksvreemde wyse van dienslewering.
SAL, ESKOM en PRASA se wiele het in totaliteit afgevoeter, om maar enkeles te noem.
” Call a spade a spade not marmalade! “

Rina ·

Glo nie baie gaan jou mis by Eskom – indien enige! Jou gesigsuitdrukking het my altyd laat wornder…….!!!

anti verrotting ·

So bly die KADER vat die pad.
Hoop die Valke ‘raid’ haar ook!!!!

jack daniel ·

AHA!
Mos nog altyd gese sy kry a cut uit Eskom!
Nou dat sy geskuif is na ‘n ander departement waar nie of te min geld inkom… bedank sy.
Thanks for leaving! Go tour Dubai Maraai.
Tata ?

Piet Pompies ·

Klop klop, wie is daar, Lynne Brown, kan nie wees nie, sy werk nie meer hier nie.
Ek het nogals geding dat Lynne ‘n ystervrou is en teen skelmstreke is tot die huidige ondersoeke van bedrog haar ook impliseer.
So ja, sy sal nie gemis word, sy kan haarself en soos haar ander beweerde oortreders voorberei vir ‘n lieflike tydjie saam waar dit minder aangenaam is…..

Eddie ·

Haleluja , dit lyk my sy het nog so ‘n greintjie gewete oor !

anti-crime ·

Seker bang gaan geondersoek word!! Dankie tog dis weg!!
Wanneer vertrek Jesse Duarte? Sy het mos gese Zuma gaan nerens heen nie.

Anoniem ·

Is dit nou nie toevallig nie. Die Guptas is mos in Dubai . Sy gaan seker hulle bietjie morele ondersteuning gee.

TLC ·

Hahahahaha you can run but you can’t hide Pappa wag vi jou Guptagabba

Johanna Botha ·

Uiteindelik ! Skaam jou vir hoe jy jou werk gedoen het !

Deon Meyer ·

Goodbye
Freeze I’m ma Baker
Put your hands in the air and give me all your money
This is the story of ma Baker the meanest cat from old Chicago town
She was the meanest cat
In old Chicago town
She was the meanest cat
She really mowed them down
She had no heart at all
No no no heart at all
She was the meanest cat
For she was really tough
She left her husband flat
He wasn’t tough enough
She took her boys along
‘Cause they were mean and strong

Lerato ·

Dankie vir die welvaarende Eskom wat jy agterlaat.
Wat sou SA wees sonder jou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.