Lynne Brown te siek om LP’s se vrae te beantwoord

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, kon nie Woensdagmiddag LP’s se vrae beantwoord nie, omdat sy siek is, het haar woordvoerder gesê.

“Die minister is siek. Sy het ʼn verskoning aan die speaker gestuur,” het Colin Cruywagen aan ANA gesê. Brown sou na verwagting vrae beantwoord van DA-LP Natasha Mazzone en die ANC se Zoliswa Rantho, die voorsitter van die parlementêre ondersoek oor die misbruik van staatsgeld by Eskom.

Die vrae spruit uit ʼn ses uur lange sessie verlede week, omdat Brown tydens haar getuienis ontken het dat sy enige direkte kennis gehad het van korrupsie by die kragvoorsiener.

Mazzone sou Brown vra of sy bereid is om te bedank in die lig van toenemende bewerings van “staatskaping by staatsbeheerde ondernemings wat aan haar verslag doen en haar versuim om die rade en uitvoerende lede aanspreeklik te hou”.

Brown het die ondersoek as ʼn “kangaroehof” afgemaak en verlede week aan LP’s gesê sy getuig, ondanks raad van haar prokureurs dat sy nie verplig is om dit te doen nie. Sy ontken getuienis van Zola Tsotsi, voormalige Eskom voorsitter, dat sy met ʼn nabye sakevennoot van die Gupta-broers by haar huis vergader het.

Die minister het gesê uitvoerende lede van Eskom het haar mislei oor onreëlmatige betalings aan die Guptas se Trillian Capital Holdings en die gebrekkige besluite wat daartoe gelei het dat die voormalige uitvoerende hoof van Eskom Brian Molefe ʼn pensioenuitbetaling van R30 miljoen kon eis nadat hy in 2016 bedank het.

Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het vroeër aangevoer Brown se enigste reaksie op bewerings van staatskaping deur maatskappye wat met die Guptas verbind word, is “ontkenning, ontkenning, ontkenning”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Trevor Dell ·

Haar geweet kry nou die oorhand en sy het meer gesegdes om haar bas te red nie. Sy word op elke hoek uit gegaan met haar liege ry.

ferdi ·

So word hulle siek di een na di ander presies soos di Woord voorspel di ergste kom nog

Johann ·

Issi ekki..is hulle…nee hulle. En dan die siek speel. Nuwe een: as dit nie die massamoordenaar van pasiënte na NGO skuif is nie, is dit die minister wat ons belasting geld uitdeel onder haar Zumaikies?

PJC ·

Duidelik is die komitee besig om haar in ń hoe vas te keer nou speel sy siek om tyd te wen.

Amanda ·

Klink soos die Esidemeni tragedie se minister, as die seat te warm word, dan kry hulle skoolsiek…

Walla ·

Hulle is almal n klomp lieg bekke……hulle lieg want mens kan nie sien of hulle bloos nie

Jordaan ·

Darem interessant hoe sieklik die spul skielik is as hulle moet gaan verduidelik!

hendrik ·

Hierdie nuwe een werk vir hulle. Ons het dit op laerskool gebruik.

Callie ·

Jammer vir julle. Daardie spul het geen gewetes nie. Eie gewin oorheers alles. Geen verantwoordelikheids sin. Sal weg bly tot saak verby is.

Zoro ·

Met die klomp aantygings die my sal my maag ook werk – nou moet julle die lekker kry met swaar kry klaar kry!

A Mac ·

Jitte, maar die spul in die parlement is sieklik. Kort-kort is dit die een of ander siekte as hulle moet rekenskap gee van hulle skandes en liegstories.

Eish ·

Ja, die duisternis kan nou eenmaal nie die waarheid verdra nie. Zwane het ook vandag die siekkaart gespeel.
Ek besef een ding as Afrikaanssprekende wit burger van die helhool en dit is om geen genade van die klomp karakterlose kapers te verwag om my voortbestaan te verseker nie. Dit sou uiters naïef wees om enigsins op enige belofte selfs staat te maak. Dis voorwaar asof satan self aan bewind is van die helhool.
Psalm 37 gelees vandag en dit bring groot berusting.

Corrie ·

Nee wat sy sal nie en indien sal dit ook n vervalste siek nota wees

JAJA ·

IF EVERYTHING ELSE FAILS — speel siek .. Shabir, Selebi, Oscar, Hlaudi .. almal speel siek as die plaat te warm word .. dit is SO obvious, hoe dom dink julle is ons? O JA baie, want meeste mense val egter hiervoor.

neels ·

Seker iets geeet vir die senuwee wat nie goed saam met die konstetusie afgaan nie. So ongemaklikheid kan jou nogal flou maak.

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of regeringsbeamptes aan “gewoonte siektes” ly, dit is ongeneesbaar en enige gesonde persoon kan binne minute daarvan siek word. Hierdie siekte kom veral voor as die gedeelte van die brein waar gewete gestoor word, meer aktief raak.
Om die simptome te verlig kan die persoon hom blootstel korrupsie en bedrog, hierdie optrede aktiveer die gedeelte van die brein wat sensasie in liggaam bewerkstellig.

Leon ·

Nogals so ieronies, word in ‘n blik gedruk……..jammer ek is seik!! van Breda en Oscar selfde seikte? Jammer oor my speeling, maar ek voe ook seik vaddag! :-)

Cor ·

Dit wil voorkom of al die koruptenaare aan dieselfde aansteeklike siekte ly nl. ontkening en ek het nie geweet nie, dit is ongeneesbaar en daar is geen medisyne of behandeling daarvoor nie. Dit is nogal oorerflik vernaamlik in die poletiek.

HD ·

…ja! die stress van leuens vertel heeltyd en nog jou eie liegstories moet onthou…

Amanda ·

Mevr Brown op ‘n stadium in my lewe het ek gedink jy het alles bymekaar. Niks onder die tafel. As die waarheid die lig sien is daar geen wegkruip. Stress is ‘n taai tameletjie soos kougom in die hare. So hou jou hande uit jou hare die tjchiengghgum is taai….en die proses lank!! SIES VIR JULLE ALMAL WAT ONS SO BELIEG EN BEDRIEG!!! LAAT DIE WAARHEID SEEVIER!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.