Lynnwood-ongeluk: Kollegas sterf saam

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die vier mense wat Sondag in die vroeë oggendure in ʼn gru-ongeluk op Lynnwoodweg in Pretoria dood is, was op pad huis toe van die werk af.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het omstreeks 04:30 gebeur, toe ʼn motor van die pad af gery en teen ʼn boom gebots het. Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ses mans was in die voertuig en het ʼn ent weg van die wrak af gelê na die ongeluk. Vier van die mans is op slag dood, terwyl een ernstig beseer is. “Een van die mans het wonderbaarlik net ligte beserings opgedoen,” het Botha gesê.

Die bestuur van die Weiveld-kuierplek in Bronberg, oos van Pretoria, het intussen in ʼn mediaverklaring bevestig sy personeel was in die ongeluk betrokke. Die mans het as kroegmanne en kelners by Weiveld gewerk.

“Die oorsaak van die ongeluk kan nie bevestig word nie. Meer inligting sal bekend gemaak word nadat die ondersoek na die ongeluk afgehandel is. Die agterband het vermoedelik gebars en veroorsaak dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Ons innige simpatie en gebede is by die families van die mans.”

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

MM ·

Ai tog dit is baie sleg, maar as jy na die kar kyk het hulle nie stadig gery nie. Baie jammer vir al die familie en vriende.

Karen van Zyl ·

Na ‘n baie lang skof by die werk so ek gebrand het om by die huis te kom, onthou net as mens ‘n stilstaande voorwerk tref is die impak daarvan baie harder.

Ekwilibrium ·

Bitter tragies. Dit is voorheen al gesê, maar geen CitiGolf sal op eie stoom tot só ‘n mate verskeur word teen 60 of selfs 80 km/u nie. Die karretjie het totaal gedisintegreer! Dalk moet ouers beeldmateriaal en die meegaande feite soos díé aan hul tienerkinders wys; jaag is nie ‘cool’ nie, wie sy/haar kar die beste oppas is.

Sarie ·

SJOE!!! Dis ERG!!! Verbasend dat een persoon ongedeerd daarvan afgekom het… Wonder wàt alles deur sý gedagtes maal? My innige meegevoel aan àlmal met gebroke harte oor hierdie gròòt verlies…

Mamparra ·

Ekwilliebrom – Jy het klaar besluit wat die waarheid is en jou gevolgtrekking gemaak. Na aanleiding van ‘n berig in die koerant. Assumption is the mother of all……..jy weet wat.

Boetman ·

Innige simpatie met die familie van die oorledenes.
Hopenlik het Netcare die ernstig beseerde na hul fasiliteit vir noodbehandeling geneem, ongeag die kostes verbonde.

Jakes ·

Toe ek n student was 30 jaat terug het ons gereeld gekuier maar altyd gesorg daar is n sober bestuuurder. Daar was gereeld padblokades en die gevolge tragies vir die oortreders.

Op naweke hoor jy hoe jaag mense in die oggendure. Jy hoor die ongelukke en noodvoertuie. Indien die owerhede padblokades in Lynwood oor die naweke hou naby kuierplekke sal die gewoontes verbeter.

Spoed en drank meng baie sleg

Loraine ·

Die mense was nie dronk nie..het ook nie gekuier nie.Hulle het van die werk af gekom !

Pierre ·

Ek is Sondag Middag by die toneel verby, het my seun by my gehad. Sulke insidente maak hom angs bevange om te leer betuur. Vir my was dit baie sleg, daar was familie lede op die toneel wat by die wrak gekniel het en ernstig in gebed betrokke was. Het weereens besef dat jou velkleur dan niks met enige iets te doen nie. Die pyn en hartseer bly dieselfde. RIV

Elsie moller ·

Jakes soos ek die berig verstaan het hulle by die kuierplek gewerk en nie gekuier nie So kan daar nie gesê word drank was betrokke as hulle by hul werk gewees het nie

G ·

Elsie & Loraine – Die feit dat iemand by hul werk was, beteken nie noodwendig dat hy/sy nie gedrink het nie. Ek weet van ‘n paar kroegmanne wat lekker saam met die kliënte, in werksure, kuier. Hopelik was dit nie hier die geval nie. Voorspoed aan die oorledenes se families, en ook aan die oorlewendes wat met die trauma gaan moet saamleef.

Wern ·

Die bestuurder het nou baie bloed op sy hande. DA, julle moet sorg dat die metropolisie hulle werk nou begin doen sodat daar erge gevolge is vir bestuurders wat die padreels oortree.

Klaas ·

Ses mans in ‘n gewone sedanmotor? Dis bietjie swaar gelaai!

zelda ·

Is nie altyd drank wat die oorsaak is nie kyk n bietjie na ons mense ons moet ons doodwerk ook dan is jy so moeg maar jy moet n bestaan in ons samelewe ook maak en daar is ander prb. wat mense ongeluke veroorsaak soos spoed.Ek ry elke 2 de week die STEVE BIKO STRAAT van nagskof af nie vinnig nie so 80km dis al klaar te vinnig vir my en sodra ek net dink ek kan af slek om om die draai te gaan dan kom n persoon wat eintlik op KIALAMI moet gaan ry dan jaag hy verby my en druk my regtig van die pad af om nie in die palliejies vas te ry wat wys die busse mag op kom in STEVE BIKO STRAAT dit is ook n oorsaak van padongeluke mens dink spoed kan nie dood maak nie dit kan en of jy nou dink jy is smart om jou motor te jaag en ander mens skrik te maak onthou dis nie n speletjie nie so a.s.b. dink volgende keer voor jy jou motor aanskakel of jy veilig by jou besteming wil kom of jy by die lykshuis wil wees dis alles jou besluit.

LEKKER DAGGIE VIR ALMAL

Hannelie ·

Innige simpatie aan die oorledenes se families. Mag jul vertroosting vind.

Patricia ·

Ongeag of hierdie jong manne vinnig gery het of nie, dit bly ‘n tragiese ongeluk. Sterkte vir die familie en die ouers wat hul kinders moet begrawe. Mag jul Jesus se vertroosting en liefde in hierdie hartseer tyd ervaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.