Lys bekend van plase wat glo onteien gaan word

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Die volledige lys eiendomme is onderaan hierdie artikel.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ʼn lys bekendgemaak van plase wat glo deur die ANC-regering geoormerk is om in die volgende paar weke sonder vergoeding onteien te word.

Dit kom nadat dit vroeër vandeesmaand aan die lig gekom het dat die ANC ná sy twee dag lange lekgotla van die nasionale uitvoerende komitee glo 139 plase uitgekies het wat hulle oor die volgende paar weke sonder vergoeding wil onteien. Die plase sal glo as “toetssaak” vir onteiening sonder vergoeding dien.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die lys wat die organisasie bekom het, bevat die name van 195 eiendomme en nie 139 nie. Van die eiendomme is egter saam gegroepeer om deel van een “saak” te vorm.

Die eiendomme is grootliks plase, maar sluit ook enkele kleinhoewes en erwe in.

Roets het aan Maroela Media gesê dié lys is ʼn interne dokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming wat AfriForum by ʼn betroubare bron gekry het. Volgens Roets is dit nie vir die organisasie moontlik om met 100% sekerheid vas te stel of dié lys wel die finale lys van eiendomme is wat deur die staat geoormerk is vir onteiening sonder vergoeding nie.

“Ons het vertroue in ons bron en dus vertroue dat die lys waarskynlik korrek of minstens ʼn voorlopige lys is van eiendomme wat die staat wil poog om te onteien. Nie die ANC óf die regering was tot dusver bereid om hul lys aan die publiek bekend te stel nie. Ons sal egter onverantwoordelik wees om nié die lys wat ons bekom het ernstig op te neem nie,” het hy gesê.

Die lys, wat Maroela Media reeds onder oë gehad het, bevat die name van plase, die provinsies en distrikte waar die plase geleë is, asook die plaasnommers. Die eienaars van die eiendomme word egter nie op die lys aangedui nie.

AfriForum het daarom die volledige lys aanlyn gepubliseer en ʼn beroep op die publiek gedoen om die lys na te gaan en te versprei sodat eienaars van eiendomme op die lys die organisasie kan kontak sodat daar vir ʼn gesamentlike regstrategie voorberei kan word.

Roets het bygevoeg dat ʼn voorlopige ondersoek daarop dui dat daar waarskynlik talle plase op die lys is wat geen geskiedenis van grondeise het nie en waar daar ook nie tans ʼn dispuut tussen die eienaar en die staat bestaan nie. “Ons verwag dat talle van die grondeienaars geskok sal wees om te hoor dat hul eiendom vir hierdie doel identifiseer is. Dit is juis waarom dit so belangrik is dat hierdie lys versprei word en dat mense ons moet kontak,” het hy gesê.

Maroela Media het Linda Page, woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, genader om navraag oor die egtheid van die lys te doen. Page het egter nie op Maroela Media se oproepe, WhatsApps, SMS’e of e-pos gereageer nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, het aan Maroela Media gesê die organisasie het ook reeds dié lys onder oë gehad. Dit kom nadat Sakeliga vroeër vandeesweek ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gestuur het waarin dié sakeregte-organisasie versoek dat die lys van 139 plase wat vir onteiening sonder vergoeding geoormerk is, aan hulle bekendgemaak word.

Le Roux sê die departement het nog nie op hul versoek gereageer nie. “Ons doen ʼn beroep op Maite Nkoana-Mashabane [minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming] om te bevestig of hierdie lys [wat deur AfriForum bekendgemaak is] wel die regte lys is van eiendomme wat vir onteiening sonder vergoeding geoormerk is. Dit is belangrik dat die departement oop kaarte moet speel, aangesien hierdie saak ontsaglike skade aan die ekonomie kan berokken,” het hy gesê.

Hy het gesê Sakeliga gaan vir tyd en wyl voort met hul aansoek aan die departement om die lys van eiendomme bekend te maak.

Le Roux het ook gereageer op mediaberigte dat Mashile Mokono, hoof van die departement, in reaksie op Sakeliga se aansoek gesê het die lys van eiendomme sal nié bekendgemaak word nie, aangesien die saak as vertroulik hanteer word. “Dit is kommerwekkend dat Mokono sulke uitsprake sal maak, aangesien hy in dieselfde mediaberigte aangehaal word dat hy nog nie ons aansoek gesien het nie. Hoe kan hy dus besluit dat die aansoek afgekeur sal word as hy dit nog nie onder oë gehad het nie? Dit dui daarop dat hy in hierdie verband in kwade trou optree.”

Terwyl daar steeds gewag word op bevestiging van die staat oor hul beweerde onteieningslys, meen Roets dat dié dokument as ʼn wekroep moet dien vir diegene wat glo dat die regering goeie bedoelings het. “Dit is duidelik dat die motief nie is om beweerde historiese foute reg te stel nie, maar dat daar politieke bymotiewe in hierdie proses is.”

Indien jy jou eiendom in die lys identifiseer, stuur e-pos met jou naam, die eiendom ter sprake, kontakdetails en enige ander tersaaklike inligting na [email protected].

NommerProvinsieDistriksmunisipaliteitPlaasnaamPlaasnommer
1LimpopoVhembeSalaita188 MT
2LimpopoVhembeLukin643
3MpumalangaOnbekendRoodepoort6 IT
4OnbekendOnbekendAvontuur
5NoordwesDr. Kenneth KaundaRoodepan180 IP
6NoordwesNgaka Modiri MolemaMagdalena’s Kuil37 JP
7NoordwesNgaka Modiri MolemaCyfergat38 JP
8NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiElmaOnbekend
9NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiVergelegen13 JN
10NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiArragon12 JN
11NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiMartinsbush200 JN
12NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiLogagingJN
13NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiHarbroOnbekend
14NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiWildehondepan264 IO
15NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiDoornpan262 IO
16NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiNelspos999 IN
17NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiKlondike670 IN
18NoordwesBojanalaHartbeespoortC419 JQ
19NoordwesBojanalaHartbeespoortC419 JQ
20NoordwesBojanalaHartbeespoortC419 JQ
21NoordwesBojanalaHartbeestfontein445 JQ
22NoordwesBojanalaRhenosterfontein366 JQ
23NoordwesBojanalaKromrivier347 JQ
24NoordwesBojanalaGrootfontein346 JQ
25NoordwesBojanalaBoschhoek103 JQ
26NoordwesNgaka Modiri MolemaKlipfontein109 IP
27NoordwesNgaka Modiri MolemaKaalkraal109 IP
28NoordwesNgaka Modiri MolemaErfdeel83 IP
29NoordwesNgaka Modiri MolemaLatham575 IO
30NoordwesNgaka Modiri MolemaVryhof518 IO
31NoordwesNgaka Modiri MolemaKliparani519 IO
32NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiRothesay914 HN
33NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiChalsputs929 HN
34NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiKnopfontein759 HN
35NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiChrisvilleOnbekend
36NoordwesDr. Ruth Segomotsi MompatiKalinora (Block C 2nd Railway Grant)Onbekend
37Wes-KaapOnbekendBloemfonteinOnbekend
38Wes-KaapOnbekendMontana StudfarmOnbekend
39VrystaatFezile DabiGeluk216
40VrystaatFezile DabiViljoenvlei525
41VrystaatFezile DabiViljoensvlei A1277
42VrystaatFezile DabiLeonardvlei1276
43VrystaatFezile DabiDebsie54
44VrystaatFezile DabiVerblyding2461
45VrystaatMangaungElands Bult5
46VrystaatMangaungCharlina2795
47VrystaatMangaungDonkerhoek2956
48VrystaatMangaungDwaalhoek239
49VrystaatMangaungHarrowgate1454
50VrystaatMangaungLeeuwberg (Mooiplaas)330
51VrystaatMangaungWasch BankOnbekend
52VrystaatMangaungAardoon1037
53VrystaatMangaungMariana2912
54VrystaatThabo MofutsanyaneReinveld182
55VrystaatThabo MofutsanyaneBeginsel33
56VrystaatThabo MofutsanyaneBethlehemspoort795
57VrystaatXhariepMayfair167
58VrystaatXhariepHalma66
59VrystaatXhariepBruintjies Hoogte336
60VrystaatXhariepDrenthe254
61VrystaatXhariepAssen348
62VrystaatXhariepGouwsrust831
63VrystaatXhariepBloemendaal498
64VrystaatXhariepHoffmansrus173
65VrystaatXhariepRustfontein Noord807
66VrystaatSetstoto MunicipalityUitval Plaas in Clocolan
67Oos-KaapAlfred NzoChilfrome144
68Oos-KaapAlfred NzoFarm settlement144
69Oos-KaapAlfred NzoRemainder of Farm settlement142
70Oos-KaapAlfred NzoThe crown (Sunny slope)175
71Oos-KaapAlfred NzoMerino WalkOnbekend
72Oos-KaapAlfred NzoMirageOnbekend
73Oos-KaapAlfred NzoHighwater231
74Oos-KaapAlfred NzoHighwater231
75Oos-KaapAlfred NzoBokke Berg17034
76Oos-KaapAlfred NzoNauw Hoek194
77Oos-KaapAlfred NzoHighflats (Meadowbrook)160
78Oos-KaapJoe GqabiMount SephtonOnbekend
79Oos-KaapJoe GqabiRob RoyOnbekend
80Oos-KaapJoe GqabiRemainder of Snowyside250
81Oos-KaapJoe GqabiPotluckOnbekend
82Oos-KaapJoe GqabiBendambhOnbekend
83Oos-KaapJoe GqabiBuckle FarmOnbekend
84Oos-KaapJoe GqabiWestneathOnbekend
85Oos-KaapJoe GqabiKillkennyOnbekend
86Oos-KaapAmatholePals FarmOnbekend
87Oos-KaapAmatholeShamrock FarmOnbekend
88Oos-KaapAmatholeQue que FarmOnbekend
89Oos-KaapAmatholeAt Anthony FarmOnbekend
90Oos-KaapAmatholeAnnexation FarmOnbekend
91Oos-KaapAmatholeUpper CliftonOnbekend
92Oos-KaapAmatholeWattle GroveOnbekend
93Oos-KaapAmatholeKoksley FarmOnbekend
94Oos-KaapAmatholeFarm 421Onbekend
95Oos-KaapAmatholeAmatola FarmOnbekend
96KwaZulu-NatalUmzinyathiMispa1306
97KwaZulu-NatalUmzinyathiEarnscliff3308
98KwaZulu-NatalUmzinyathiBeauvale2249
99KwaZulu-NatalUmzinyathiValkop2253
100KwaZulu-NatalUthukelaMisgunst1916
101KwaZulu-NatalUthukelaWagendrift798
102KwaZulu-NatalUthukelaErf 145, WeenenOnbekend
103KwaZulu-NatalUthukelaErf 224, WeenenOnbekend
104KwaZulu-NatalUthukelaStrydpoort1136
105KwaZulu-NatalHarry GwalaMarais kop79
106KwaZulu-NatalHarry GwalaFarm108
107KwaZulu-NatalHarry GwalaFrontier14111
108KwaZulu-NatalUguSlexel4558
109KwaZulu-NatalUguClothier16 850
110KwaZulu-NatalAmajubaEersteling17075
111KwaZulu-NatalAmajubaKwaggasdrift96
112KwaZulu-NatalAmajubaNooitgedacht60
113KwaZulu-NatalAmajubaNormandien3303
114KwaZulu-NatalIlembeMargaret16988
115KwaZulu-NatalIlembePension Fund17691
116KwaZulu-NatalKing CetshwayoDe Jagers Kraal847
117KwaZulu-NatalKing CetshwayoLot 40 Inyoni13980
118KwaZulu-NatalKing CetshwayoLot 8 Cottonlands14000
119KwaZulu-NatalKing CetshwayoLot 9 Cottonlands13903
120KwaZulu-NataluMgungundlovuMiddelbosch897
121KwaZulu-NataluMkhanyakudeFarm U24415915
122KwaZulu-NataluMkhanyakudeFarm U18215643
123KwaZulu-NataluMkhanyakudeFarm Lot K8414052
124KwaZulu-NatalOnbekendOtto’s Bluff Farm
125KwaZulu-NatalZululandFairplay870
126Noord-KaapFrances BaardMiddeldam112
127Noord-KaapFrances BaardSubdivision 2293
128Noord-KaapFrances BaardGood Hope272
129Noord-KaapZF MgcawuGlimlach261
130Noord-KaapZF MgcawuUitspan625
131Noord-KaapPixley ka SemeUitspan115
132Noord-KaapPixley ka SemeHartebeesthoek99
133Noord-KaapPixley ka SemeFarm98
134Noord-KaapNamakwaGrofgeschud34
135Noord-KaapNamakwaKamiebees368
136Noord-KaapNamakwaGoubees244
137Noord-KaapNamakwaJuliesvlei372
138Noord-KaapJohn Taolo GaetseweRobert35
139Noord-KaapJohn Taolo GaetseweOutpost1
140Noord-KaapJohn Taolo GaetseweSoetvlakte703
141Noord-KaapJohn Taolo GaetseweMagadin13
142Noord-KaapJohn Taolo GaetseweAnnex Rietfontein (Endwyk)143
143Noord-KaapJohn Taolo GaetseweBoland133
144MpumalangaOnbekendWerksaam107 IS
145MpumalangaOnbekendRietfontein327 IS
146MpumalangaOnbekendDaisy Kopje643 JT
147MpumalangaOnbekendGoedverwachting80 IT
148MpumalangaGert SibandePikstalOnbekend
149VrystaatThabo MofutsanyaneUitvalOnbekend
150KwaZulu-NatalOnbekendOttos Bluff13013
151GautengWestrandZwartkop525 JQ
152GautengWestrandGolden Valley621 IQ
153GautengWestrandVogelstruisfontein263 IQ
154GautengWestrandTweefontein523 IQ
155GautengWestrandElandsfontein144 IQ
156GautengWestrandWitstinkhoutboom155 IQ
157GautengWestrandWitstinkhoutboom ProjectOnbekend
158GautengSedibengVaalfontein579 IQ
159GautengSedibengPanvallie469 IR
160GautengSedibengZoekfontein468 IR
161GautengSedibengKafferskraal464 IR
162GautengWestrandLeeuwpoort356 IQ
163GautengWestrandWitfontein262 IQ
164GautengCTMMWitpoort563 JR
165GautengCTMMNooitgedacht564 JR
166GautengCTMMTweedragt516 JR
167GautengCTMMNooitgedacht563 JR
168GautengCTMMVaalbank511 JR
169GautengCTMMVaalbank511 JR
170GautengCTMMElandsfontein352 JR
171MpumalangaNkangalaTeutfontein407 JS
172MpumalangaNkangalaWeltevredenOnbekend
173MpumalangaNkangalaHartebeesspruit361 JT
174MpumalangaGert SibandeSteynsplaasOnbekend
175MpumalangaGert SibandeBergendal378 JT
176MpumalangaGert SibandeForel Water410 JT
177MpumalangaNkangalaGoedgedacht228 IR
178MpumalangaNkangalaLeeuwkloof403 JT
179MpumalangaGert SibandeSteynsdraai46 IT
180MpumalangaGert SibandeRoodekrans457 IS
181MpumalangaGert SibandeEbenhaezer455 IS
182MpumalangaGert SibandeTweefontein467 IS
183MpumalangaGert SibandeDrinkwater451 IS
184MpumalangaGert SibandeDorsplaats470 IS
185MpumalangaGert SibandeVaalbank456 IS
186MpumalangaGert SibandeWelgekozen514 IT
187MpumalangaNkangalaVaalbank289 JS
188MpumalangaGovern Mbeki Local MunicipalityPikstal Farm
189LimpopoOnbekendRhenosterfontein284 KQ
190LimpopoOnbekendGeluk285 KR
191LimpopoOnbekendKoppie Alleen359 KR
192LimpopoOnbekendKoppie Alleen359 KR
193LimpopoOnbekendDoornkop357 KR
194LimpopoOnbekendWilgeboomsdrift380 KR
195LimpopoOnbekendCalifornia507 LT

Die volledige lys van eiendomme kan ook by www.onteiening.co.za besigtig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

226 Kommentare

John ·

Noordwes gevolg deur Kwa-Zulu-Natal blyk die meeste geteiken te wees… Fairplay in Natal nogal. Hoe naief. Die Zoeloe’s besit reeds groot gronde. Hierdie lys dui totaal en al op sluwe gierigheid. Zuma het seker ‘n jaar gelede gepraat van kleinplaas-eenhede in Noordwes, nogal aangrensende aan die Indierwoongebiede oos van Johannesburg. Lank lewe die ‘koning’. Hier kom groot marakas! Ons moet bid vir wysheid in optrede vir hierdie boere. Gierigheid onder die grypers gaan geen perke ken nie. Sulke vergype, indien wel beplan, is suiwer sonde, duidelik gemik hoogs produkte plase waar waardevolle diefstal gepleeg kan word. Watter gruwels. Een woord van die De KM-bende op hierdie stasie, dan… Die land is nie uitverkoop nie, dis veel erger… Staatsleiers wat meineed gepleeg het…

Francois le Cochon ·

AS JY NIE DIE WEBWERF KAN OOPMAAK NIE, MOET ASB NIE DAAROOR KOMMENTAAR LEWER NIE. AFRIFORUM IS REEDS BEWUS HIERVAN.

Andreas Meyer ·

Ook maar my vermoede dat hoogs produktiewe plase geteiken gaan word. Dit gaan egter nie so bly nie, want landbou is dalk so 3% van die gehele ekonomie. Verwag maar die volgende gaan wingesgewende stedelike eiendomme gaan wees soos winkelsentrums.

John ·

Het dit gelees. Kalmeer en kyk weer. ‘n Knertsie by die koffie sal op Sondag vergewe word, so glo ek. Moedhou!

Skyspy007 ·

Nadat ek ook so ‘n ou knertsietjie bygegooi het ….to maak dit oop

Hennie ·

Webwerf nie beskikbaar nue, is dit dalk n doel bewuste poging?

Hennie ·

Webwerf nie beskikbaar nue, is dit dalk n doel bewuste poging?

Mariné Lourens ·

Dagsê Eric

Baie dankie vir jou boodskap. Ons het reeds met AfriForum in verbinding getree. Die verkeer op hul webwerf is tans baie hoog en dit veroorsaak dat die skakel sukkel om oop te maak. Hulle tegniese span gee reeds aandag aan die probleem. Intussen kan jy net ‘n rukkie wag en dan weer probeer – die skakel is wel reg en neem net ‘n ruk om oop te maak.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

John ·

Noordwes gevolg deur Kwa-Zulu-Natal blyk die meeste geteiken te wees volgens die’ lys. Fairplay in Natal nogal. Hoe naief. Die Zoeloe’s besit reeds groot gronde. Hierdie lys, indien waar, dui totaal en al op sluwe gierigheid. Zuma het seker ‘n jaar gelede gepraat van kleinplaas-eenhede in Noordwes, nogal aangrensende aan die Indierwoongebiede oos van Johannesburg. Lank lewe die ‘koning’. Hier kom groot marakas! Ons moet bid vir wysheid in optrede vir hierdie boere. Gierigheid onder die grypers gaan geen perke ken nie. Sulke vergype, indien wel beplan, is suiwer sonde, duidelik gemik hoogs produkte plase waar waardevolle diefstal gepleeg kan word. Watter gruwels. Een woord van die De KM-bende op hierdie stasie, dan… Die land is nie uitverkoop nie, dis veel erger… Staatsleiers wat meineed gepleeg het…

John ·

Ek het dit dadelik afgelaai. Daar moes ‘n stokkie voor gesteek gewees het, of te veel mense op die soektog. Wag bietjie en kalmeer. Die Vader is Mansgenoeg vir alle skimmels.

Mariné Lourens ·

Dagsê Linda

Baie dankie vir jou boodskap. Ons het reeds met AfriForum in verbinding getree. Die verkeer op hul webwerf is tans baie hoog en dit veroorsaak dat die skakel sukkel om oop te maak. Hulle tegniese span gee reeds aandag aan die probleem. Intussen kan jy net ‘n rukkie wag en dan weer probeer – die skakel is wel reg en neem net ‘n ruk om oop te maak.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Marisa ·

Ja, daar is ‘n probleem met die webtuiste. Hoop dit kan gou herstel word.

Mariné Lourens ·

Dagsê Dalene

Baie dankie vir jou boodskap. Ons het reeds met AfriForum in verbinding getree. Die verkeer op hul webwerf is tans baie hoog en dit veroorsaak dat die skakel sukkel om oop te maak. Hulle tegniese span gee reeds aandag aan die probleem. Intussen kan jy net ‘n rukkie wag en dan weer probeer – die skakel is wel reg en neem net ‘n ruk om oop te maak.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Frankie ·

Die webwerf is nie beskikbaar nie…. is dalk oorweldig deur al die verkeer…of is daar ‘n kans dat die regering die publikasie of toegang daartoe probeer belemmer? Kan iemand asb die lys ‘copy en in die kommentaar area ‘paste’.

Mariné Lourens ·

Dagsê Frankie

Baie dankie vir jou boodskap. Ons het reeds met AfriForum in verbinding getree. Die verkeer op hul webwerf is tans baie hoog en dit veroorsaak dat die skakel sukkel om oop te maak. Hul tegniese span gee reeds aandag aan die probleem. Intussen kan jy net ‘n rukkie wag en dan weer probeer – die skakel is wel reg en neem net ‘n ruk om oop te maak.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Daan Erasmus ·

Ek besef dit is Sondag. Maar iemand het ‘n bus omgegooi op die internet snelweg. Of iemand hou ‘n onwettige padblokkade. Kan die Maroela verkeer helikopter nie ‘n alternatiewe roete voorstel nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Daan

Baie dankie vir jou boodskap. Ons het reeds met AfriForum in verbinding getree. Die verkeer op hul webwerf is tans baie hoog en dit veroorsaak dat die skakel sukkel om oop te maak. Hul tegniese span gee reeds aandag aan die probleem. Intussen kan jy net ‘n rukkie wag en dan weer probeer – die skakel is wel reg en neem net ‘n ruk om oop te maak.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Mariné Lourens ·

Dagsê Hennie

Baie dankie vir jou boodskap. Ons het reeds met AfriForum in verbinding getree. Die verkeer op hul webwerf is tans baie hoog en dit veroorsaak dat die skakel sukkel om oop te maak. Hulle tegniese span gee reeds aandag aan die probleem. Intussen kan jy net ‘n rukkie wag en dan weer probeer – die skakel is wel reg en neem net ‘n ruk om oop te maak.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Marisa ·

Waar kan ‘n mens insae kry oor wie op Maroela Media se personeel is?

Hanna Hoekom ·

Wat n hartseer dag sal dit nie wees nie… Selfs plase sonder grondeise? Kom ons raai: al hierdie grond is reeds produktief! Niemand sal die wettige eienaars kwalik neem as alle boerdery sumier gestaak word nie. Sterkte aan diegene wat geraak gaan word. Koebaai Suid-Afrika, ons is binnekort n tweede Zimbabwe.

pb ·

Genade…die ou temers kom nie vmore in nie.. dalk us jul sel nrs geblok…lol!!
Die lys is niksseggend…geen eienaars word aangedui nie. Dalk almal staatsbeheerde grond.
As n webwerf baie besig is…is daar altyd probleme met toegang.

Nee ou bulla. geen sabotasie nie … nie so haastig met die sensasie nie!!
Los dit vir die ou tantes wat later gaan toegang kry tot die lys

Anoniem ·

Jou kommentaar maak nie sin nie?
Is jy ook een van die ou tannies- jy het al vroeg vanoggend na die lys gekyk om deel te he aan sensasie…

Snowball ·

pb, wat ‘n neerhalende manier om te verwys na ouer vrouens, asof hulle sensasie bewus, gemoedere sal aanstook oor hierdie lys. Ongevraagde en onvanpaste kommentaar!

Johan H. ·

Dit moet ten alle koste verhoed word. Want as 1 plaas gevat word ,sal dit nie stop nie, Dis soos BBBeee.. Die antwoord is haal die kingpin elke keer uit, Nadehand sal die gemors te bang wees om nog n kingpin in te stoot, Waar is die eerst plaas , sodat ons kan begin optrek en brand?

Chris ·

Ek wonder hoeveel van die grond sal na alreeds ryk swart mense en politiesie toe gaan. Die redes wat daarvoor sal instaan sal voedsel sekerheid insluit.

Dawie ·

Lyk my die hele website het uit gebom, die kaders het dit seker gehack of iets!

Hannes ·

Lyk of webblad geblok is.
Ander moontlikheid – dalk oorlaai??

Mariné Lourens ·

Dagsê Hannes

Dankie vir jou boodskap. Ons het reeds met AfriForum in verbinding getree. Die verkeer op hul webwerf is tans baie hoog en dit veroorsaak dat die skakel sukkel om oop te maak. Hulle tegniese span gee reeds aandag aan die probleem. Intussen kan jy net ‘n rukkie wag en dan weer probeer – die skakel is wel reg en neem net ‘n ruk om oop te maak.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Mariné Lourens ·

Dagsê Annie

Dankie vir jou kommentaar. Ons het reeds met AfriForum in verbinding getree. Die verkeer op hul webwerf is tans baie hoog en dit veroorsaak dat die skakel sukkel om oop te maak. Hulle tegniese span gee reeds aandag aan die probleem. Intussen kan jy net ‘n rukkie wag en dan weer probeer – die skakel is wel reg en neem net ‘n ruk om oop te maak.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Lerato ·

Ek wonder of hulle vir die afgesette boere RDP huise sal gee.

Lana ·

Lerato, ek help jou gou reg – niemand is afgesit nie en dit is ook nie sommer vir afsit nie.

Yesss ·

Ek hoop wel so, want as hulle dit wel doen sal daardie RDP huise binnekort van die mooiste huise wees met pragtige tuine en groentetuine .. VERAL as dit nou nog verniet is spaar hulle ‘n hele huisverband en natuurlik ook gratis water en ligte soos die ander RDP bewoners dit al die jare gehad het . ek sien ‘n GOEIE toekoms vir boere in RDP huise, dit is ALLES MAHALA !

Naomi ·

W.O.W. Stephanie. Baie Dankie vir al jou moeite om daai klomp name een vir een uit te tik.
Ek kon darm nog op die website ingaan. As die site wel nou geblokkeer is, is dit n bewys dat n ware teer punt aangeraak is deur Afriforum. Beslis iets wat anc NIE wil hê die mense moet sien NIE .

Lag maar net ·

Die hartseer is almal het in spanning gewag vir die lys. Is ek geteiken of nie? En nou dat die lys bekend is gaan die boere wie se grond in gevaar is alleen staan. Geen ander boer gaan hulle help nie al is daar hoe groot gepraat rondom die vleisvure. Merk my woorde.

Lana ·

Nee, ou maat, ons is nie so dom om hulle met ‘n (eerste) eiendom te laat begaan nie!!

Bbidl ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Afriforum, Sakeliga, Solidariteit, TLU SA en die lys gaan aan. Alles voorveelde van Afrikaners wat saamwerk en oor ‘n lang tydperk woord by die daad sit.

Kry jou kop in die game of gaan slaap.

Die wat besig is om te doen het nie tyd om na jou slap verskonings te luister nie.

Antjie ·

Paar interessanthede:
1. Noordkaap, die grootste in oppervlak, dalk die kleinste in eise?
2. Leeuwberg in Bloemfontein is ʼn BERG! Watse ekonomiese voordeel hou DIT in?
3. Donkerhoek in Bloemfontein blyk onder snelgroeiende deel van Langenhovenpark te lê! Aan hoeveel mense behoort dit alreeds?

Praat van skelm…

Mark ·

Hoe traffic na web site sal timeout.
Bietjie bietjie vat sodat boertjie nie te ontstel raak nie.
Eendrag maak mag is ‘ge discontinued’
koebaai solank!

Ellisras ·

Almal is nou op hol. En die TLU. Agri SA. Afriforum. Afrisake. En wie nog MOET help. Die eerste vraag wat gevra moet word is by wie is jy lid. Geen bydrae, geen hulp.

Stephanie ·

l hope that all the farmers who are holding off production continue to do so, and that all the meat farmers are prepared to bring the market to its knees is they need to. Not standing with these farmers is not optional. The reasoning behind the expropriation of these farms needs to be transparent, because no way no how are these unproductive farms. Hope these farmers clear their farms of everything, leaving the land in its original state, that should be the response, if they want it, they can build it themselves with their sweat money and tears, not the farmers. Inform your bank you may be a target. Good luck to these farmers, hope everyone can stand together for once in their lives.

Stella ·

Ek besit nie eers ‘n plaas nie en ek huil vanoggend. Groot diefstal hierdie.

Charles ·

Baie dankie Maroela! Waar kan ons die lys van kuseiendomme kry?

Penellope Jones ·

Sluit die lys dalk enige van die regering se 4 000 plus plase in?

Willem ·

Die Sjinese gaan nog op die plase kom boer! Lees meer oor hul invloed in Zimbabwe.

Snowball ·

Ek wil saamstem met jou. Honger vir alles in Afrika, minerale en grond….hulle is nie verniet besig om lenings links en regs te gee nie.

Nikita ·

Stem saam Willem en Snowball…Chinese gee met een hand en neem met twee hande. Sal nie verbaas wees as CR in sy kop het om vd plase aan die Chinese te wil verkoop om skulde te delg…want ANC belowe die ” our people” nou al jare…maar hulle blaas net kaf in hulle ore, en steeds bly hulle vir cANCer stem. Maar toe bly die oe en ore!!

Dina ·

Nou stap SA dieselfde afgrondpaadjie as Rhodesie wat Zimbabwe geword het en waar an daar weinig oor is. Hoe blind is hulle tog nie om nou dieselfde foute te wil herhaal nie.

Antjie ·

Die betrokke Donkerhoek en Harrowgate plase by Bloem is in 2014 verkoop.

Gaan dit oor die monetêre waarde?

Wil Mangaung nuwe townships vestig of nog meer melkkoeie om te melk vir die elite?

Louise ·

Dankie vir die lys. Kry paspoorte in orde. Maak groot lening by jou bank. Brand plaas en alle toerusting en spring op die eerste beste vliegtuig na enige land en verklaar jouself as n vlugteling.

Ella ·

@Louise: ek voel ook soos jy. Ek wil NZ toe gaan maar is te arm.
My kinders wil nie gaan. Hulle sit met kop in die sand.
Die lys hierbo is niksseggend. Ons kan maar net in spanning wag terwyl die vure teen ons gestook word.

Bbidl ·

Verskroeide aarde is nie wie ons is nie. Ook nie skelms wat lenings maak sonder om die voorneme om dit terug te betaal nie.

Ons sout ook nie die grond nie, van ons wil eendag terugkom en besef dit is verkeerd om die natuur kwaadwillig te vernietig (hierdie opmerking het ek op ander plekke gesien).

Ons baklei tot die bitter einde, maar ons integriteit mag nooit opgeoffer word nie!

Mickey ·

Toe ek die name van die plase lees het ek tot in my binneste begin beef van hartseer. Aitoggie, hoe moet die boere nie voel wat vanoggend hulle plase se name op die lys identifiseer nie. Hemelse Vader beskerm asb hierdie mense.

Mario ·

Ek sal graag wou weet wat tans op die gronde is en of dit onproduktief gebruik word? Hulle het mos gese hulle mik nie op kommeriele grond wat die ekonomie kan skade berokken nie… Nou wil ek graag weet of hulle by hulle woord hou of net weer leuens vertel het…

Jana ·

Ja, n mens huil namens diegene wat deur hierdie lys geraak word.
n Mens wonder wanneer jou grond aan die beurt gaan kom.
Om ons kinders uit hierdie land te kry, raak nou ons grootste prioriteit.
Hier is gewoon geen toekoms vir blankes in hierdie land nie. Ons sal naïef wees as ons glo die regering wil ons hier hê.

Dennis ·

Ons ly mos nou al jare aan die “dit sal nie hier gebeur nie” sindroom. Ek is seker daar is boere wat dit nie sal glo nie totdat die manne by sy huis intrek. Ek voel jammer vir al die boere wat hulle grond gaaan verloor maar terselfdertyd vra ek ook, wat het jy die laaste 25 jaar gedoen ter voorbreiding? Seker net gesit en hoop vir die beste. Baie van my boere vriende is lankal weg en boer nou heerlik in die res van die wereld, want hulle was nie blind vir dit wat net n kwessie van tyd was nie.

Arijana ·

Aan u kommentaar neem ek aan u is self nie ‘n boer nie. ‘n Boer “sit en hoop” nie, hy bid en werk.

Hertzog ·

Ja , julle wat mos gesê het Cyril sal dit nie doen nie . Veral die Rustenburg Staan Saam groep op Facebook wat my geban het toe ek hulle gewaarsku het . Hoop julle het voorberei vir die tyd ek weet ek het .

Bocalier ·

Tweedragt 516JR bestaan tans uit meer as 70 onderverdelings,, meestal kleinhoewes wat bewoon word. Lyk my hier kom weer jare se brood en botter (en sommer jam ook) vir die regslui.

IK ·

Die interessantste van al die kommentare is dié van Mariné wat sowat 75% uitmaak. Sterkte !!

Die waarheid ·

Hoe het hulle die plase geidentifiseer. Of was dit oud mk bevelvoerders soos in zim wat opdrag gegee is vir hom n plaas te gaan uitsoek en die detail aan Lethuli housr ye stuur. Daar is net iets vreemds aan die lys maar ek kan nie my vinger daarop le nie. Enge iemand n ander idee? O ja en dit is so wyd verspreid dqt polisiering van die proses onmoontlik gaan wees.

Sylvi ·

Gaan kyk bietjie na die mineraal regte op die grond, Ek glo SA is aan China verkoop vir mynregte op die plase

Chris ·

Geen plase in die Wes Kaap nie? Die reaksie van “eienaars” sal bepaal hoe kredietwaardig hierdie lys is

Graham ·

Ergste is dat bostaande lys net die plase is wat oorweeg word om mee TE BEGIN, dit is hoegenaamd nie die einde nie. Ek het n voëltjie hoor fluit iewers dat hierdie lys maar slegs 5-10% van die stukke grond bevat wat hul oor volgende paar jaar gaan vat. Dit beteken dat die uiteindelike totaal op maklik 2000-3000 plase kan staan in net die eerste fase. Kommerwekkend.

Ek is skoon naar hier waar ek sit van die paw-paw wat die waaier getref het.

Mense, wat de heng gaan ons nóú doen???!

Brigette Marx ·

Hierdie stelsel is een van kommunisime en dit gaan nie net stop by plase nie. Volgende sal myne, banke, kerke, skole, besighede wees totdat ‘n handjie vol mense ryk is en die massas is brand arm. Die aarde en die volheid daarvan behoort aan God. Daar is wel sekere Christelike bewegings wat opstaan om hierdie ewel teen te stry en wil ek jul bemoedig dat as ons in eenheid kan kom in ons land en leer om ons naaste lief te he dan sal hierdie gestop word en die teendeel sal gebeur. Doen bietjie moeite om te weet waarmee God besig is en werk saam met Hom, Hy het tog immers heerskappy van hierdie aarde aan ons gegee. Daar is hoop.

Lizette Uys ·

Amen!! In God is ons hoop. Because He lives, I can face tomorrow.

Annette ·

Dit is so waar hoe gouer mense besef waaroor dit werklik gaan hoe beter. weet net God is nog in beheer kom dat ons as volk soos ons voor ouers hande vat en saam bid mense moet ophou praat oor God en God se voetspore begin volg en lewe

Kriekie ·

Al gehoor van “red herring”? Nogtans, slaap wakker, HKGK..

Lizette Uys ·

Verskriklike dinge lê in die vooruitsig vir julle wat snags op julle beddens lê en bose planne bedink. Vroegoggend staan julle op en voer dit uit omdat julle die mag het om dit te doen. As julle ’n stuk grond wil hê, lê julle beslag daarop. As julle iemand se huis wil hê, vat julle dit van hulle af. Nie eers iemand se familie of erfgrond is veilig nie! Maar die Here sê: “Ek sal kwaad met kwaad vergeld. Daar is nie ’n kans dat julle sal ontsnap nie! Julle gaan ’n slegte tyd beleef, niks gaan oorbly van julle trots nie.” Daardie dag sal julle vyande met julle spot. Hulle sal ’n treurlied sing en sê: “Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons land van ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.” Wanneer die land verdeel word, sal die Here se mense geen sê hê nie. Ander mense sal julle grense vasstel.
MIGA 2:1‭-‬5 NLV
Ek bid v elke boer. Hou vas aan ons Hemelse Vader. Telkens in God se Woord het Hy Sy klein volkie teen d oormag beskerm. Ook met d Slag v Bloedrivier. Bly op jul knieë. God sorg. Ek glo ons land word gestraf vd lelike dinge wat in die apartheidsjare aangegaan het. Maar God sal Sy onskuldige kinders help. Iewers gaan alles stop. Dit lyk onmoontlik Maar vir God is niks onmoontlik of te moeilik nie. Glo soos nog nooit tevore.

Heidi ·

Ek wil respekvol van u verskil. Daar is toordokters in die parlement en ons land is vervuil met die bose geeste van voedoe. Dit is ‘n groot gruwel vir ons hemelse Vader. Ons sal dit moet skoonmaak, die engele sal saam ons loop.

DeVill ·

Ek is seker Miga 2:1-5 was vir baie Suid-Afrikaanse swart mense ook die “go to” teks as hulle oor witmense en apartheid gepraat het!

Pasop! Die swaard het twee skerp kante!

Foxi ·

Bedaar mense bedaar, dis vir almal n skok. Die hele land is op die Webtuiste om te sien wie gaan van hul grond geroof word en wie nie. Dis net die begin, so kry solank vir julle n mobile home en verkoop al die mooimaak goed in jou huis. Dit klink kras, maar staar die werklikheid in die oë vir wat oppad is. Sterkte aan my broers en susters daar buite.

Jongboer ·

Mense wat se boere moet dit of dat doen. Ek is lief vir die grond en die mense wat hier Werk. Die arbeiders stel mens teleur maar ja hul is onkundig en word beinvloed deur politieke aanmerkings. Ander kere is arbeiders soos n Broer/vriend selfs n ma of pa figuur. Boere kan nie net staak nie, want gewasse moet van grond af. Lone moet betaal word en die lande bewerk word soos deur ons Vader voorgese is. Ek byt vas tot die einde toe. Die Here weet ons boere doen ons beste en hoop vir die beste, vir die land en sy mense vir wie ons omgee en liefhet. Ek is nie n vyand nie, maar n vriend van die land wat net die beste vir hom wil he. Wens net die politici wil ons boere ook so sien.

Lizette Uys ·

Lees asb Miga 2:1-3. Hou vas daaraan. Ons cover jul rue met ons gebede. Sterkstaan.

@ JONGBOER ·

Ja toemaar ek het nou agtergekom (jong)BOERE wil nie gewaarsku word nie, (jong)BOERE wil nie gehelp word nie, hulle wil aan hulle INKOMSTE en aan hulle GEWASSE en aan hulle WERKERS vasklou tot teen die einde soos in ZIM. Tot sy werker sy plaas afvat en hom van die plaas afjaag … Terwyl jy die BESTE vir jou werkers wil he, gee sommer nou al die plaas al vir hulle dan hoef jy nie te SAAI en te OES nie, kry solank vir jou ‘n woonstelletjie in die dorp .. Julle JONGBOERE is tans die GROOTSTE probleem ..

Francois ·

Die groot Boere het nie geplant nie. Besef julle dit? En die reperkussie daarvan?

Adam ·

Ontspan! Ontspan! Daar sal weinig van kom en ek weet nie waaroor die bohaai gaan nie. Indien ‘n mens kyk na die talle kere wat MM mense moes wys op die verkeer op die webtuiste wat die probleem veroorsaak, wil ek graag voorstel dat MM voortaan prentjies teken vir hulle lesers. Sommige organisasies is darem maar al te gewillig om die “bedreigde” (dit is veral die sonder behoorlike opleiding) Afrikaner se bloeddruk en vrese op te jaag.

Elize ·

Ek bid vandag vir elke boer wat hier geraak word. My hart is seer saam mer julle. Mag ons ABBA VADER jul dra in hierdie moeilike tyd. Hou moed!!!Hou vas aan jou geloof!!! Daar sal uitkoms wees. God sal ons nie alleen los nie.

Jef ·

Ek het al jare gelede al voorsorg maatreels getref vir my familie wanneer hulle SA verlaat, alles vir hulle gereel van woonruimte tot werk hier oorsee en ek weet dit is vir almal moeilik om jou geboorteland te verlaat en ek moes dit ook doen maar dit is die enige regte stap om te doen.
Eers word alle plase en kleinhoewes gevat en dan volg alle erwe in dorpe en stede. hoop nie so nie maar die anc is tot alles in staat.

Nel ·

@Vra maar net? Die knertsie wat jy bygegooi het was seker nie net ‘n knertsie nie! Jy het seker bedoel Mandaryns???

Ampie ·

Almal hoe ha en gaan aan oor n sogenaamde lys, ek sien n lys wat in kolome uitgetik is wat net sowel deur enige persoon wat wil kwaad stook gedoen kon wees, plaas die lys wat jy gekry het met n amptelike stempel of briefhoof.

Ek ruil n rot.

Skaap ·

As ons so ver as ‘n verkiesing kom in die Kaap. Stem net asb vir die Cape party sodat hulle die DA kan vorseer om ‘n referendum te hou.

Siek en sat ·

Dis reg Ramaposa. Bakhand gebore en verwag altyd alles verniet. Gaan aan. Verdeel hierdie land nog meer want dis wat julle doen.

LG# ·

Die lyk vir my baie na n toets, om te kyk reg oor die land wat die reaksie van die boere sal wees indien die plase op die lys onteien word, en dit sal verseker nie die laaste wees nie. ek dink die toekoms van ons plase en land hang baie af van hoeveel weersand hulle kry van ons af, gee ons toe op die eerste lys en onteining dan is dit n vlore stryd. STERKTE

Teresa ·

Die heel eerste 2 plase (Salaita en Lukin) is betrokke by die beoogde oopgroef steenkoolmyn naby Mopane.
Daar was mynregte toegeken sonder in ag neming van die watersituasie in die streek. Grondeise op die 2 plase is al lankal geregistreer, lyk my nou vat hulle dit sommer. Die heel laaste plaas is in Tzaneen (California) en is opgedeel in 80 kleiner stukke.
Van die plase in Potgietersrus (Geluk) het groot Lodges op.

LR ·

DIE ANC SOEK NOU VIR N OORLOG. As CR dan nou kwansuis onder so baie druk verkeer dan moet hy die REGTE ding vir hierdie land doen en bedank sodat die ANC kan skeur en niemand n twee derde meerderheid kan kry om die grondwet te verander nie.
Die beroep op CR is dus BEDANK en dompel die ANC in sy grootste penarie ooit. Ek glo CR het baie ondersteuners wat hom sal volg. Dramatiese tye benodig dramatiese stappe. Kom ons BID daarvoor.

John ·

Ek het bietjie nagedink oor die spulletjie. Daar is ‘n kans dat dit dalk aspris deurgegee is om die water te toets en boere op hol-mode te sit; hoe die mense dink en wil doen. Sekerlik is daar reeds planne gereed om reaksies te bekamp en te straf. Plase word juis geteiken omdat dit mooi gereed is vir boer-drink-koffie-op-die-stoep drome. As ek ‘n slim regsgeleerde was het ek my klient gemaan oor verliesskattings wat aangeteken gaan word teen boere (die nuwe eienaar se nuwe eiendom gaan gewaardeer word en glo skade deur ware eienaars gaan teen hulself tel). Ons weet daar is ways and means om landsburgers te stonk. Slinksheid ken geen perke nie. Onthou net die die Vader se: Aan My behoort die hemel en die aarde en alles daarop…. en Aan My kom die wraak toe… Glo ons of glo ons nie… Moenie! Enigiets kan gebeur. Sou ‘n wereldoorlog of groot rampe soos pes uitbreek verander alles en dan skop mens jouself oor jou ongeloof. Dit het al gebeur.

Lorette ·

Ons almal harloop nou op ‘n knop nadat die berig meld dat dat dit nie bevestig kan word dat dit die finale lys van eiendomme is nie. Veral wat ons weet, was dit doelbewus gedoen (NIE deur Maroela Media nie) om ons almal te ontstel. Kom ons kalmeer en maak eers seker of dit wel korrek is en gee vir Afriforum ons ondersteuning terwyl hulle vir ons land en sy mense veg. Hulle probeer ten minste iets doen soos by Parys met die waterbesoedeling ook. Nee, ek bly nie op in plaas nie, maar plekke by ons is ook op die lys. Ek bid vir elke boer in hierdie land vir kalmte om dit op die regte wyse aan te pak asook vir elkeen wat op die kleinhoewes wat op die lys is , bly. Indien hierdie lys wel die korrekte lys is, sal dit ‘n toetssaak wees en dan baklein ons laaik hell, ek saam met julle. Ons is hier gebore en het net soveel reg op hierdie land as die res. Ons hou biddae vir reën, nou hou ons biddae vir ons boere. Ons sal baklein as dit nodig is, ek saam met julle al kan ek net fondse help insamel.

Jenny ·

N land uitverkoop deur iemand wat nie na 3 dae opgestaan het nie..maar ge-eer word deur miljoene rande se standbeelde en n vakansie dag wat nogal mooi afgetel word..die dinge gebeur omdat waardes onderdruk is deur gisters en skuldgevoelens…
Ons bly bo alles n mooi afrikaase biddende nasie..leun daarop..

Grotman ·

Ampie jy ruik jou voete! Die lys is nie fake. Dis die waarheid wat kom.

G. Nel ·

Nou is die tyd om soos ń volk van God saam te staan. Ons moet waaragtig nou bid vir ingryping van os Almagtige Hemelse Vader. Ons het lank genoeg agteroor gebuig en ja en amen op alles gesê. Die tyd van mooi praatjies is Verby!

Johan ·

So waar. Hier kom iets groot geestelik in Suid Afrika! Kom op jou knieë en bid. God is reg vir een groot Grace move! Die kerk van Christus word binnekort openbaar in Suid Afrika en geen boosheid gaan ons stop nie. Die wat gaan vat wat nie aan hul behoort nie gaan verbrand word! Wees gewaarsku! Ons God slaap nie. Hy is ALTYD in beheer!!!

Mieke ·

Maar.. die wet is dan nog nie eers verander nie.. hoe kan dit binne volgende paar weke gebeur?

Estelle ·

En dit maak ñ verskil? Nuwe beleid op Tuisonderwys is goedgekeur en deurgevoer voor die wet. Niemand het ñ oog geknip nie. Wat ek probeer sê is dat daar in ons land geen orde is nie, als word agterstevoorom gedoen.

Callie ·

Blankes, staan nou saam. As ons die Mcbrides in die hedendaag moet word, dan moet ons. Of ons staan op en val vegtend, of ons val as lafaards wat uitgelag word. Maak die keuse.

Afbrand ·

Tyd om te begin afbrand soos die massas doen. Laat niks oor nie.

Mk ·

Ek stem saam. Gee die grond dan terug “in its original form” so te sê. Doen scorched earth en rol klippe ens op die grond. Maam dit weer 100% Afrika voor “the evil colonialists” dit gebruiksaam gemaak het. Ek wens die boere doen dit regtig. Vergiftig selfs die grond. Dan kan daar darem ‘n mooi kraal met niks gras daar staan.

Erick ·

Heelwat van ons in die stede is reg. Die boere moet net hulle deel doen dan val ons in…

Geen Bank Betaling ·

Tyd om die bank in te lig jy betaal nie meer nie.
So gee jy paddapotkoker bloedneus want die banke gaan nie daarvan hou nie.

Hannie ·

Ai so ‘n mooie land, een va die mooistes ter wêreld, en ons het dit weggegooi.

Lynne ·

“Here we stand! Here we fall! History won’t care at all!” -Freddy Mercury –

Rose ·

Ou Freddie was …. in elk geval, nie van toepassing op godvresende gelowiges.

marous ·

Die man wat gese het dis nie nodig om die oorlogsdromme te slaan nie , gaan nog stik in sy woorde.

FM ·

Oplossing: sluit aan by Afriforum. Kom ons ondersteun hulle finansieel om ons saak in die hof te veg. Niemand anders sal dit doen nie. NOU moet ons Blankes saamstaan. Dis teen ons almal gemik. Dit gaan nie hier stop nie. ASSEBLIEF!!!

Cilliers ·

Bedaar mense.

Om ‘n plaas of enige eiendom te kan “onteien sonder vergoeding” gaan nie ‘n maklike taak vir die regering wees nie. Natuurlik gaan daar ‘n hofsaak wees om dit teen te staan. Hooggeregshof sake vat jare. Tydens al die OSV- verhore het byna niemand vorendag gekom met ‘n geldige rede hoekom daar nie vergoedeing kan plaasvind nie. “Die regering het nie geld nie”, “die mense het nie geld nie” is nie ‘n geldige verskoning nie. “Ons wil grond he” is nie ‘n geldige verskoning nie.

Ek ken vir Willie Spies baie jare, en ek glo dat almal van julle gesien het waartoe Gerrie Nel in staat is. Na my mening is die boere in goeie hande, en die regering sit aan die verkeerde kant van die reg. Daar is al meer as een keer probeer om die grondwet te verander vir OSV, maar dit is so lynreg met die konstitusie dat dit elke keer gefaal het. Ek vermoed dit gaan dieselfde gebeur hierdie keer.

Martin Luther het gesê: As ek weet die wêreld vergaan môre, sal ek vandag nog ’n boom plant.

Hierdie wereld is ons tydelike blyplek. Doen wat jou hand goed vind om te doen. Vertrou, bou verhoudings met jou Skepper en die mense om jou, en gaan plant vandag nog ‘n boom, al “voel” dit of die wereld more gaan vergaan. En maak ‘n plaatjie aan die boom was wat se “OSV”.

Oor 10 jaar praat ons weer oor daardie boom.

Bertus ·

Waar sal ons die boom plant? By die wit plakkerskampe waar ons gaan woon of waar?

Hannes ·

Indien jy nie agter gekom het nie is die verkiesing volgende jaar en daar was alreeds n paar onwettige besettings. Dis is die groot gevaar want die ANC het klaar die belofte gemaak. Die OSV debat was net n katalosator wat totale anargie gaan veraarsaak

Blondie ·

@FM – ek is reeds Lid van Afri Forum & Solidariteit, maar dit voel vir my ons fight a losing battle!!

Boy van die Suburbs ·

Stem Koos! Die padda prins waaroor die land so liries geraak het, is toe al die tyd ‘n undercover Mugabe! Wens die mense wil nou vir eens en altyd behoorlik wakker skrik!!!

PJ ·

Daar het jy dit nou. Max du Preez so n paar jaar terug in Pietersburg n praatjie gelewer ter ere van Van Zyl Slabbert en o.a. gesè mense wat soos ek sè ons gaan dieselfde pad as Zimbabwe ons die mense is wat die land moet verlaat want ons fantastiese gronwet (beste in die wèreld) sal dit nooit toelaat nie maar dit bleik noudat sy meeloper Adriaan Basson n uitlating gemaak het en gesè het as iemand hom vier weke gelede nog gesè het ons gaan die Zimbabwe roete het sou hy dit nie geglo het nie maar hy is nou nie meer so seker nie nou toe nou

Boerboel ·

Selfs Max erken nou dat grond sonder vergoeding gevat gaan word.

Robert ·

Die so called goue Grondwet waarmee die Liberaliste so graag brag, is en was nog NOOIT die papier werd waarop dit geskryf is nie!!! Teen die tyd wat al die Liberaliste wakker geskrik het, lê die Titanic al op die bodem…….

Gentleman's Agreement ·

Mense hoe gouer julle besef dat ons 25 jaar gelede reeds uitverkoop is, hoe gouer kan begin toekomsplanne maak. Verkoop, klim die vliegtuig en begin van vooraf in ‘n ander land! Dis ons enigste voorland…..

Haan ·

En die oumense? Swakkes en armes? Wat van hulle wat nie kán vlug nie? Nee ou maat. Daar is iets wat my verbind aan hierdie land. Ek sal bly – en ek sien uit om saam met weerbarstige manne en vroue te werk aan n uitweg.

Bertha ·

Wat nou van boer soek ‘n vrou? Gaan ons gunsteling reeks nou in die slag bly?

Bbidl ·

Berta

Hulle gaan die naam van die reeks verander na Boer-soek-‘n-roer!

FM ·

Mooi Adriaan. Ek haal my hoed vir jou af. Ek het respek vir jou ommekeer. Ek neem jou nie kwalik nie. Ons almal het nie gedink dit sal so vêr gaan nie. Nou moet ons saamstaan.Die chinese en russe se besoek hier was nie ver niet nie. Hulle het n agenda.

PJ ·

FM gelukkig was ek nog nooit een van die wat gedink het dit sal nooit gebeur nie

tamboti ·

Cilliers jy moet net nie jou misreken wat die ANC kan en nie kan doen nie. Onthou hulle word deur ń massa meerderheid gesteun wat net ń klein aansporing nodig het om al die “strategiese” vuilwerk te doen. En dan vind die “regering” allerlei verskonings om nie op te tree of oortreders te straf nie, en geen hof in hierdie land of buiteland kan die lomp multi koppige ANC monster haaraf maak nie.
Nee in SA gaan die massas feitlik alle plase onteien net soos in Zim, maat hulle self gaan nie daar permanent bly of boer nie.

Lizelle ·

Dis baie erg! Ek het nou net een vraag wat by my opgekom het nadat ek die lys gesien het….op hoeveel van hierdie plase was daar aanvalle gewees?
Ek bid en hoop iemand sal dit kan bevestig en dit duidelik in die media kan verskaf sodat almal dit kan waarneem wêreld wyd.

FM ·

Nee Blondie. Afriforum is ons laaste uitweg. Wie anders sal ons boere help. Ons MOET hulle ondersteun. ASSEBLIEF!

Staak ·

FM, die mens se beloftes is leeg, jy sal teleurgestel wees in jou afwagting vir hulp.
God het vir jou n gesonde vertand gegeen om te kan opserweer en daarvolgens te reageer en onder Sy leiding die regte besluite te kan neem.
Bid en help you self!

Mariëtte Rossouw ·

Hofsake om dit te beveg gaan ons NIKS help. Dit stel net die onvermydelike uit. Boonop is die massas gereed om aksie te neem. Verwagtinge is by hul geskep en hul gaan verseker nie soet stilsit vir n jaar of twee en wag tot en met hofverrigtinge afgehandel is, hul soek dit NOU.

Dit mense is die realiteit.

Tyd vir naïwiteit is verby. Ons moet nou die feite in die gesig staar.

Staak ·

Onteiening is ngegewe en hy staan op jou stoep en klop.
Almal weet waarheen dit gaan lei, n totale ineenstorting van ons ekonomie, n burgeroorlog en hongersnood.
Self die slim mense onder ons sit en vertrou en glo dat daar besin sal word en het verder geen plan van aksie vir die onvermydelike nie.
Die tyd is amper te laat om te begin, plaas jou self in n gunstigde posisie om dit te kan oorleef.

Bbidl ·

Boodskap vir Afriforum IT span: skakel rate limiting op Cloudflare aan.

Stop Betaling ·

Stop die betalings aan die banke.Hulle sal gou skreeu vir hulle geld!

Ou oom abraham ·

Jammer dat ek onnosel is maar ek kry nie die Weskaap nie? Help my asb?

Middag Oom Abraham ·

Die Weskaap plase is nr 37 en 38. Dan gaan dit oor na Ooskaap.
Hoop oom het n geseënde, mooi en rustige Sondag en week verder.

Goeie Middag oom Abraham ·

Ek het nou net geskryf wil net n korreksie maa: dis nr 37 en 38 soos ek voorheen genoem het, maar dan gaan dit na Vrystaat. Nie O-kaap.

Boerboel ·

Ek dink daar is net drie plaase in die Weskaap op die lys

Jaco ·

Oorlog is so pas verklaar. Die hitte amper op maximum vir die padda.

Trump is 'n Champ ·

Wie kan vir ons sê hoeveel mense het al sedert 1994 die land verlaat?

Raai Wie ·

My vrou, seun en ek gaan voormiddag om te beplan hoe ons nuwe tuiste daarna gaan uitsien in die pragtige Waterberge. Ons het die plaas gekoop in September 2016.
Dit was ‘n beesplaas en ons het met harde hande werk…vrou op Tlb seun op trekker baie dae die plaas omskep in ‘n prag wildsplaas.
Sy roep my nader en vra wat ek doen…ek’s sprakeloos ……..sopas gelees ons plaas waarop nog geen grondeis of dispuut met die staat was is op die onteienings lys.
Ons pak op ..verstom…my vrou huil sonder ophou.
Mede boere mag dit julle nooit oorkom nie.
Al ons opofferinge….vir wat????

Johan ·

Ons bid vir julle. God is in beheer. Moenie opgee nie. Ek bid dat engele julle plaas sal beskerm. Hier kom ‘n groot Grace move van God en almal wat vat wat nie aan hul behoort sal verbrand word. Wees gewaarsku!! God gaan ons land omdraai en ons beskerm. Hy slaap nie! Great profisieë uit oor SA. Hou vas! Hy is oppad!!

Snowball ·

Voel vir julle so jammer, ek huil saam. Maar moenie oppak nie! Julle moet nou meer insit as voorheen. Maak reg vir die teensit. Nader alles en almal vir hulp. Gemeenskap, regshulp, organisasies soos Afriforum. As een eiendom gevat kan word, kan enige en alle eiendom gevat word. Sterkte vir die pad vorentoe.

Jeanette ·

Liewe mens, ek wens ek het die regte woorde vir jou… maar ons sit nou in dieselfde boot – ons eiendom is ook op die lys (Noordwes). Dit krap jou lewe om en al die planne wat jy gehad het. Ons boer reeds 26 jaar op ons grond en het alles in ons onderneming ingeploeg. Ons sit almal nog in ongeloof, maar probeer kalm bly en kophou. Probleem is jy weet nie of moet jy aangaan of los nie, want jy gaan in elkgeval nie vergoed word indien dit afgeneem word.
Hierdie is een helse gemors!

J ·

God is en bly in beheer! God het ‘n groot plan vir SA! Die Kerk van Christus word binnekort openbaar in SA! Ons sal saamstaan! Die Woord is uit. Jesus is oppad om die oorwinning te bring teen die boosheid in SA. Die wat gaan vat wat nie aan hulle behoort nie sal verwoes word. Hierdie is ‘n groot geestelike aanslag van Satan. Kom ons staan teen dit op in gebed. Tyd dat ons bid! Verdrukking is die baarmoeder van revival! God slaap nie. Word wakker kinders van God en staan saam.

Nikita ·

Dankie vir jou bemoedigende woorde Johan….AMEN op dit. Raai wie & Jeanette baie baie sterkte..ons dink aan julle. Los als in God se hande

Nikita ·

Als is nou n mengelmoes van emosies van twyfel, vrees angs ens ens. Wie, wie is almal die bogenoemde eienaars,het hulle almal al gekyk en wat is hulle reaksies as hulle hul nommer op lys kry…. kan my nie indink nie. Baklei mense, baklei asb vir julle grond. Afriforum doen asb als wat julle kan vir hierdie mense. CR het gese hulle gaan dit so doen sonder dat ekonomiese groei belemmer gaan word. Wonder of hier nie dalk eiendom hierbo in lys is wat alreeds klaar betaal is. Ja en die Chinese&Russe was nie verniet in land nie. Chinese al klaar groot tabakplaas in Zimbabwe en wie weet wat nog. Hulle praat van Zimbabwe se naam verander na Chinabwe. Chinese vry al lankel na SA. Die regering moet net besef….wie nie saai nie, sal nie maai nie! Sterkte aan almal. Hoop…..hoop dat dinge nie te erg gaan raak nie.

Tessa ·

Ek verstaan daar is net 35 000 van die oorspronklike 120 000 (1994) kommersiële boere in die land oor! Dis angswekkend! Wie gaan die bevolking van 60 miljoen plus voed????

Neewat ·

Neewat hulle se hulle koop by WOOLWORTHS hulle het nie die boere nodig nie (daai mentaliteit) ek gee in elk geval NIKS om vir 50 miljoen honger mense as hulle GEFIGHT het om die boere van hulle plase af te kry nie . hulle gaan mos nou SELF boer en hulleSELF voed .. ons gaan maar Skaap van Australie af invoer .. moenie worry oor die invaders nie ..

Bloedrivier ·

Ons was baie min met Bloedrivier en het gewen en ons kan dit weer doen mense.

Twyfel ·

By Bloedrivier het die Zulu’s nie Ratels, Grippens, Rooivalke, R4’s, G5’s ens. gehad nie. Ek dink hierdie is ‘n perd van ‘n ander kleur ou maat.

Johann Rossouw ·

Sou graag die lys van eienaars wou sien ek hoop daar is.n plan b om alle roerende iendom so vinnig as moontlik te verwyder my hart gaan uit na julle sou graag.wou weet wat se kreteria het het hul gebruik vir die identifiseering daarvan gemeenskappe sal moet saam sraan soos nooit tevore

Potparra ·

Wel die eerste twee plase op die lys lê op die Makhado steenkoolrif. Ek is seker die res het ook minerale of natuurlike hulpbronne wat in oorweging gebring is.

Net ek ·

Op die lys is 195 plase, maar die regering wil begin met 139. Kan ek nie meer somme maak nie?

Net ek ·

Op die lys is 195 plase, maar die regering wil begin om 139 plase te onteien. Kan ek nie meer somme maak nie?

Beroofde Blydskap ·

“en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het.” Heb10:34

Sterkte.

Oom Kalahari ·

Ek sien dan nou nie gronde van tradisionele leiers, King Zwelitini, Venda’s en van CR, Nkandla ens op die lys nie.. Waar is die Indier suiker plase se name.?

Mickey ·

Raai wie en Jeanette … julle is nie alleen hartseer vandag nie. Vandat ek vanoggend die lys gesien het is my hart stukkend…stukkend vir julle en vir al die ander boere en vir AL die mense in Suid Afrika. Sterkte vir julle almal. Mag die Here julle dra soos in ‘voetspore’. Aitoggie en verder is daar niks wat n mens kan sê wat dit sal beter maak nie.

Ondersteun_mekaar ·

ongelukkig mense, hofsake en selfs bid gaan nie die probleem oplos nie.
baie van ons is veilig in ons huise vanaand. Die mense op die eindomme weet nou dat daar n teiken op hulle gerig is :(
ons moet mekaar bystaan en op hoogte hou van wat met die gesinne en plase gebeur. as dit onwettig van hulle gevat word, dan is ek een van die eerstes wat hierdie regering hardhandig sal boikot.
reg sal geskied – op een of ander manier!
sterkte!

Koos ·

Aan Twyvel: jy verstaan nie wat by Bloedrivier gebeur het nie. Gaan lees ook die verhaal van Gideon in 2 Kronieke

Is al die boere dom of wat? ·

139 plase is reeds deur die president, CR, geoormerk vir onteiening sonder vergoeding. Nou is daar ‘n lys uit van 195 en niemand kan/wil dit glo nie.

Hoe dit ook al sy, feit van die saak is grond gaan gevat word. Kommunisme sal ingestel word. Moenie stormjaag soos die boere van ouds nie. Die engelse het daarvan gehou want hulle kon die boere oop en bloot skiet. Nee posisioneer jouself vir die die latere fase. Moet ook nie soos die boereligioen voor die vyand kniel en bid nie. Doen dit in jou binnekamer soos die woord beveel.
Vra vir sanksies op verskeie platvorms.
Laastens. “Die Here het my nie gemaak om soos ‘n wildsbok in die oopte geskiet te word nie”, soos die boere van ouds altyd gesê het. Maak daardie planne, boere kán mos!

Methos ·

Great… Vat die plase wat die mense voer, werk gee en die ekonomie aan die gang hou…
Vra die persoon op straat wat hy gaan doen as da nie meer kos op die rakke is nie…
Vra bietjie die plaas werker hoe hy voel om sonder werk te sit…
Ma nee, wie worry daaroor… die goed verskyn mos magically op die rakke!

jaco ·

Eks deur al 165 kommentare, so hier is myne:
1. Howe gaan nie help nie. ANC-regering sal eenvoudig regters wat onteiening sonder vergoeding as ongrondwetlik sien, afdank en met hulle pêlle vervang.
2. Boere gaan dalk tyd wen met ‘n regsproses, maar vir hoe lank? Dit kos ook duur en terwyl die regsproses aan die gang is, word die plaas aangeval of deur plakkers beset.
3. Banke wat verbande op dié plase hou, gaan ook nie help nie. Die ANC-regering nasionaliseer eenvoudig daardie banke as deel van hulle radikale ekonomiese transformasie.
4. Daars geen groot Christelike herlewing op pad om dié onteieningsdinge te keer nie. Kerke in SA, veral tradisionele wit Afrikaanse kerke, raak al hoe kleiner en dis nie omdat mense na ander kerke of Australië verhuis nie. Talle van ons eie wit Afrikaanse mense stel bloot nie meer in godsdiens belang nie.

Pik ·

Ek sien nerens dat enige boer vra vir hulp nie ons is baie mense wat in n oogwink julle sal kom help en dan moet gebeur wat moet gebeur dalk kan ons alles met n goeie handruk uitsorteer of n baie woelige vinger sterkte maar moenie gaan le nie hulp in net n vraag weg

Annatjie Kruger ·

Maroela het julle en Agriforum ‘n gedagte gehad aan die gevaar waaraan julle hierdie boere en hul werkers blootstel toe julle die name van die plase bekend gemaak het?

Natasha ·

Ek is ook baie bekommerd daaroor nadat ek op Twitter gesien het dat die grondloses dreigemente van geweld maak op hierdie plase.

Staak ·

Die Jode het by die gaskamer in rye gestaan, dan het n Duitser gestaan en soos die ry verby hom loop se hy, links vir die werkspan, regs reguit gaska.er toe.
Met hierdie lys kom staan elke boer hier in die ry om te hoor, trek of bly, as jy gelukkig is dan mag jy bly tot die volgende lys uitkom.
Ek het deur die lys gegaan en my grond is nie op nie, die vraag is, ons wat hierdie rondte gelukkig was wil ons vir n onbepaalde tyd met die swaard oor ons koppe loop.
Nee mense, as hier in my destrik n plaas onteien word dan gaan daar baklei word, dit is tyd dat alle organisasies en partye kennis neem, ons gaan baklei. Ons soek nie n oorlog nie en ons vra nie vir bloed nie maar as die dag aanbreek, bly uit ons pad uit.
Neem kennis!

Miracles still happen Everyday ·

Wat sê die BYBEL OOR GRONDHERVORMING
God weet wat in die toekoms gebeur. Ons is vinnig om te vrees wat die dag van môre sal inhou, God is reeds daar. Hy is gister, vandag en môre daar.
Ons het nie nodig om te vrees wat die toekoms vir Suid-Afrika inhou nie, toekoms is in God se hande!

MIGA 2:1-3″Ellende wag vir julle wat rampe teen ander beplan, wat op die bed lê en dink aan kwaad om te doen, wat dit vroeg in die môre gaan uitvoer omdat hulle die mag in die hande het. Hulle begeer ‘n stuk grond en vat dit, huise, en lê beslag daarop. Hulle kul ‘n man uit sy huis uit, ‘n mens uit sy besitting uit. Daarom, so sê die Here: Ek beplan ‘n ramp teen hierdie mense, hulle sal dit nie kan ontwyk nie. Hulle sal nie meer regop kan loop nie, want dit sal ‘n tyd van swaarkry wees.”

Kom ons versterk ons geloof in die tyd waarin ons leef. God is getrou aan Sy beloftes en Hy sal ingryp op sy tyd.

Bid vir Suid-Afrika, dat God Sy Gees opnuut uitstort en wonderwerke sal plaasvind. Kyk wat het met die stad Jericho gebeur in 7dae

God is at work all the time.
God’s timing is always perfect.

Erick ·

DIt is verblydend, maar wat van Kenia, Mosambiek en Zimbabwe? Daardie mense het dekades gelede alles verloor daar en baie van hulle is al dood sonder om enige geregtigheid te sien. Hulle gemeenskappe is ook heeltemal ontwortel en vernietig. Dit los nie ons probleme nou op nie. Dalk is ons tyd hier verby en moet ons weer Voortrekkers wees na ‘n nuwe land…

Koos ·

Miracles still happen: Baie waar. God het ons nie ‘n gees van vrees gegee nie!

Pieter Grobbelaar ·

Almal wil mis nou weer die probleem weg bid. Dis te laat. Wat dink julle gaan gebeur? Het julle dalk gedink dat ons die bose was en dat ons nou verswelg word? Dalk is hulle gebed verhoor en ons die vyand en die indringer? Moenie julle asems ophou vir ingryping van bo nie….menige volke het al gekom en gegaan deur die eeue. Ons is nie uniek nie

Grysburger Pretoria ·

Ek dink mense wie se eiendom op die lys is moet vandag nog ‘n klag lê by die polisie. Lê dan nog elke week nog ‘n klag dat jou lewe bedreig word en dat mense wat jou grond wil gryp jou met geweld dreig. Ons weet almal die polisie gaan niks doen nie, so hoekom die klagtes aanhangig maak? Dit gaan jy gebruik om om politieke asiel in ‘n ander land aansoek te doen. Dit gaan ‘n geval wees van elke ou vir homself. Niemand sal mekaar help nie. Navorsing oor konflik in die verlede wys dat daar vir elke persoon wat aktief weerstand bied teen ‘n oorweldigende oormag, daar ongeveer 400 “collaborators” uit die geteikende groep sal wees wat op hul knieë die stewels van die onderdrukker sal lek. Hulle sal daardie stewels lek om hul eie beursie te probeer beskerm en in die hoop dat hul oorgawe en samewerking hul eie en familie se veiligheid sal waarborg. Gaan kyk maar na Ben Freeth se getuienis oor hoe Zimbabwiese boere mekaar uitverkoop het. Dis elkeen vir homself.

Johanné ·

Dit sal baie interessant wees om te weet hoeveel van hierdie plase wat op die lys is, was die boer al klaar afgemaai deur ‘n plaasmoord ter voorbereiding vir onteiening. Vra maar net…

Pieter grootendorst ·

My graag is of daar enige Eiendomme wat in die lys genoem word alreeds in die ANC se naam geregistreer is .

Sue ·

Ek ondersteun gewoonlik Afriforum, maar deur die lys bekend te maak, het hulle dalk ‘n monsteragtige bal aan die rol gesit. Daar kan moontlik onwettige besetters by die plase opdaag. Al daardie plase se waarde het nou oornag tot R0.00 gedaal.

Andre ·

Ek mis die kommentaar van diegene wat voorheen so gekraai het dat SA “NOOIT” ‘n tweede Zim sal word nie

Stropers ·

Gaan dalk oor ontginningsregte wat die regering wil stroop en ook’n deel daarvan aan die Sjinese wil gee.
Dit gaan dalk nie vir boeredery en plakkershutte gaan nie.
Dit is maar die eerste lys – daar kom seker nog?
Ook plotte en erwe op die ander lyste wat nog gaan kom?

DieWaarheid ·

Almal moet saamstaan sodat daar nie nog lyste is nie. Die banke weier al reeds om vir die boere lenings te gee, so nou kan hulle nie plant nie… dit meen hulle sal nie kan oes nie, en dit beteken did eintlik al klaar verby. Tyd om te trek en ons eie plekkie in die son te gaan vat.

Goliat ·

Die Here het verstand vir ons gegee om te gebruik so gebruik dit.
Daar was al baie gevegte in die Bybelse tyd omdat die mense hulle verstand gebruik het.
David het SELF die klippies opgetel teen Goliat.
Hy het sy verstand gebruik – dit is tyd dat ons ons verstand gebruik.

Francois le Cochon ·

@Goliat. Onthou net, dit is nie net wit Afrikaners wat Christene is en tot God bid nie. Daar is ook swart Christene wat bid dat hul weer hul grond terugkry!

Francois le Cochon ·

@Erick. Gaan swot bietjie op oor jou land se geskiedenis. In 1870 is drie wit boere van Graaf Reinet tereggestel omdat hulle swart boere se grond afgevat het. Dit was om as voorbeeld te dien vir ander wittes wat swartes se grond afgevat het.

Erick ·

François-luister na jou eie Raad. Graaff-Reinet is nie Suid-Afrika nie en hierdie is nie 1870 nie.

DeVill ·

Dawid is nie die beste voorbeeld om te gebruik vir enige iets nie. Hy was ‘n moordenaar en heelwat losbanding ook.

Mossie ·

Genade, maar ons nasie is omtrent liggelowig…
Ons is geskape met alle emosies en ons is geregtig om op hierdie stadium alle emosies te ervaar…vrees, woede, haat, wraak, kwesbaarheid ens, maar mense, ons word nogsteeds die keuse deur God gegun deur Sy hand te vat en saam hierdeur te gaan of om ons eie heil uit te werk. Nie almal van ons is in die posisie om te vlug nie en nie almal van ons gaan die regverdigheid en geregtigheid op aarde beleef wat deur God beloof word nie. Dit beteken nie sit terug en gee oor nie, ons het die reg om onsself en ons eiendom te beskerm so ver as wat dit in ons vermoë is om dit te doen verder sorg God.
Nee, ek besit nie n plaas nie, maar ek het nog die trots van n boere nasie in my om saam te veg op watter vlak ook al moontlik is vir solank ek kan. Dis nie vir my om te besluit hoe lank ek gaan leef of wat ek als gaan beleef nie, dus of ek nou bly en of ek gly na n ander land, God is my eindbestemming waar dit ookal mag wees.
Sterkte aan alle grondeienaars, ek hou jul in my gebede sowel as diegene wat glo gebed is nie meer die moeite werd nie, mag God met jul wees!

Askies ·

NET EEN VRAAG AAN JOU ——————– IS JOU PLAAS SE NAAM OP DIE LYS?

Mossie ·

Askies: Net een ant aan jou…NEE want ek het nie n plaas nie soos ek reeds genoem het…maar dit maak my nie minder van belang nie en ook nie my toekoms minder duister nie!

Ron ·

Plot/plaas diè plaase op die Suid Africa kaart….. Sodat ‘n mens ‘n beter prentjie kan kry.

Kaart ·

So wat versoek jy nou eintlik, Ron? ‘n Kaart waarop die plase se presiese ligging aangedui word, sodat dit vir grondbesetters maklik sal wees om die plase op te spoor?? Daar word alreeds dreigemente geopper teenoor die eienaars van die plase op die lys.

Ore ·

Afriforum,julle is besig om paniek te saai.Gee asb feite,julle kan niks met sekerheid verklaar nie.

Johan ·

Jaaaaaa Cyril – en daar kom jou ware kleure na vore !!!!! Wens iemand soos Madonsela wil politiek betree en kan leier word. Sy het ten minste integriteit. Die huidige leierskorps van veral die EFF en ANC het nie ‘n idee hoe om ‘n land te lei nie. Veral die ANC het nog geensins die skuif gemaak van terroristiese bevrydingsbeweging tot ‘n politieke entiteit nie. Gaan lees gerus Martin Meredith se boek “The State of Africa”.

Andre ·

Wat het geword van die sodanige EENDRACHT MAAKT MAGHT daar was nog nooit so iets gewees in ons geskiedenis nie,die boere het mekaar uitverkoop in die oorlog teen die engelse en dit gaan weer die geval wees.
As die bordjies verhang was dan was die mense al strate toe en het gebrand en geplunder en die boer hou net aan om te se “ons moet bid”
Is dit nie so as twee spanne teen mekaar speel dat beide spanne oor die algemeen bid vir n oorwinning nie,nou vra ek jou wie se gebed word verhoor en wie sn nie.Klink soos Kian en Abel.
Die is vir my n vreeslike hartseer saak maak nie saak watter kant toe die ding gaan draai nie,maar kon die boere nie al lankal gese het,”as julle aan ons grond raak dan staan ons”,maar nee hulle is eerder gewillig om saam te werk en opleiding te verskaf . Soos ek se jammerte,ja, Maar simpatie glad nie julle het die hef in die hand maar draai die mes om om die stomp kant aan te gee en julle vat die snykant in die hand.
Aangaande die Artikel 25 van die Grondwet,dit is die eerste prioriteit om te verander want dan is ons howe gebonde daaraan en moet uitspraak dienooreenkomstig lewer,na n uitspraak in die Grondwet hof waarnatoe wil julle dan appeleer,ek vra maar net.
Nou kan julle sien waaroor die verandering uitlik gaan.

Andre ·

Die hele onteiening sitsuasie is geinspireer deur die EFF en hulle roem daarop,wat se president het ons wat nie n klein politieke partytjie in bedwang kan hou nie,en die aanwas tov die EFF vier hoogty want CR het nie die guts om teen hulle op te staan nie aangesien hy sy posisie kwyt kan wees. So na die grond oorhandig is wat is volgende op die wishlist? Die mense met n dorre stuk grond sit en om wat mee te maak,wel mense volgende wil hulle 3 slaapkamer huise he want dit is tog wat Malema beloof het dan nie,hier kom baie groot moeilikheid en gaan kyk na zim wat het gebeur en vra jouself die vraag af is dit die moeite werd. Die beste is pak en gaan en vergeet van patriotisme want dis n holrug geryde chliche. Ek is verantwoordelik vir myself en my gesin , die volgende is die pesioene wat waai soos alreeds in die GEPF ingeklim is en toe weer wou doen. Banke is volgende en die reserwebank is klaar in die spervuur,WORD WAKKER MY MENSE

Anita ·

Dit is ‘n skok vir almal maar vir die eienaars ‘n groter skok, indien dit kom tot die dag van ontruiming, brand al die geboue af daarvoor het die boer betaal, dus as die nuwe
eienaars kom moet hulle ook van vooraf begin. Die Weskaap het die kapasiteit om al
die blankes Khoisan, ander kleuriges en Afrikaans sprekende te huisves, ‘n land op sy eie te word, vlug is nie die uitweg nie, saamstaan is die uitweg, ons staan weinig saam as groep. Ryk en welgesteld moet hande vat met die minder gegoedes saam met die bruin
en Khoisan aan die Kaap en word ‘n nuwe nasie. God hou die leisels in die hand en Geloof is ‘n vriend.

Tobie ·

Wes Kaap is nie wat hy was nie. Dorpe soos Hermanus brand. EFF wêreld. Plakkerskampe groter as Soweto.

Daantjie ·

Ongelukkig sal wit mense jou ook nie help in Wes Kaap nie, as jy nie (duur) kan betaal nie. Ek woon al dekades hier, ken die plek en mense soos die palm van my hand, jy kan maar vergeet. Hulle help eerder die agtergeblewenes as hulle voel hulle móét, en ook net dan.

Marina Smalberger ·

Dit klink alles kommerwekkend, maar ek dink mense moet eers rustig raak. As hierdie dinge gaan plaasvind is al uitkoms om alles op jou grond af te brand tot die eindom. Ons kan nie almal land uit vlug nie – ons moet sorg dat alles in plek is en dat ons voorbereid is op die slegste wat kan gebeur.

Emma ·

Ai hoe hartseer raak ek. Ons het almal hard gewerk om eendag te kan aftree en ons gaan dit verloor, dit is net weer geskiedenis wat oor en oor herhaal word. God is nie net n God vir wit mense nie onthou dit. Ek bid dat geregtigheid sal geskied. D

Strategie ·

Ek hoop Solidariteit/ Afriforum/ Sakeliga is besig om ‘n waterdigte strategie uit te werk. . Indien onteiening sonder vergoeding gebeur, misken dit die basiese beginsel van eiendomsreg wat al eeue lank gevestig is in ons reg, dit word dus diefstal. Dit behoort nie te moeilik te wees om te bewys die ANC regering het die afgelope 24 jaar op groot skaal korrupsie gepleeg en staatsgeld vermors op groot skaal nie, kyk o.a. na die Ouditeur-Generaal se verslae elke jaar en die verskeie staatsinsteliings wat op groot skaal geld vermors oa SAL, Prasa, Eskom ens ens. Die argument kan uitgemaak word dat indien die finansiële bestuur vd staat beter was, daar geld sou wees in die begroting om onteiende grond te vergoed aan die eienaars. Dan is daar die kwessie van toekomstige verlies aan inkomste van boere wat ‘n inkomste uit hulle grond verdien. Wat ‘n aansienlike klomp geld gaan wees. Verder die aanspreeklikheid teenoor banke vir verbande op grond. Dan die kwessie van arbitrêre besluit deur die regering. Dit is al telkemale bevind in die hof dat regersingsbesluite wat arbitrêre geneem word, ongrondwetlik en onwettig is. Hoe bewys die regering in ;n hof waarom hulle sekere plase teiken of sekere erwe maar sekeres nie? Die kans is goed dat sulke teikens arbitrer is. Daar wag jarelange hofstryde hieroor, dis nie sommer tjoef tjaf nie, en ek hoop die organisasies en grondeienaars span die beste regsbreine in ons land in

Strategie2 ·

Verdere argumente sluit natuurlik ook in die honderde duisende hektaar grond reeds in staatsbesit wat nie produktief aangewend word nie, verskeie landbouprojekte van die staat wat misluk het, en die feit dat die grootse deel van die land ito opppervlakte aan swart trusts behoort wat deur swart tradisionele leiers beheer word, waarvan een vd grotes in KZN is. Dis basies soos ‘n boelie by die skool wat al die kos en lekkers uit ‘n arme outjie se tas geboelie het en dan agterkom die outjie het nog ‘n enkele suigstokkie in sy hempsak en dit moet dan ook uit hom geboelie word. Mens kan verskeie hofuitsprake en verslae vd Openbare Beskermer en die SOE gebruik teen die regering in so ‘n regstrategie en bewys daar is geld om te betaal vir grond maar dit word gruwelik wanbestuur deur die staat

Susan ·

ek brand my plaas af tot op die grond maar vat sal hulle as vat dis al

Willem ·

Baie dankie vir die lys. Maar dit toon slegs die “parent farms”. Is daar dalk plaas gedeeltes ook op die lys genoem. Ek wil die plase graag karteer maar dit sou meer akkuraat wees as die plaas gedeeltes bekend was.

Karteer? ·

Willem; wat probeer jy nou eintlik doen? Wil jy dit makliker maak vir grondbesetters om die plase op te spoor??

Casper Labuschagne ·

Verstaan een ding, sosialisme is diefstal. En ons regerende party is vasbeslote om ‘n sosialistiese bedeling daar te stel. Dit is die werklikheid wat ons sal moet hanteer.

Jerry de Ru ·

Gaan kyk weer na ons geskiedenis. Die Afrikaner sal net rondgestamp word solank as wat hy dit toelaat. Nie almal het die voorreg om wortels op te trek en ons land te verlaat nie. Dit het tyd geword om op jou agterpote te kom en jou rug styf te maak. Ons Hemelse Vader sal diegene help wat gehelp wil word.

JAN ·

Onteiening van tuislande is deur John Vorster begin.
Die projek het magtige blanke Media steun tot vandag toe.
Sovjet Azania (SA)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.