Lys van plase vir grondhervorming ‘veroorsaak paniek’

(Argieffoto)

Die minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thoko Didiza, se plan om 70 000 ha staatsgrond wat onderbenut of braak lê vir landboudoeleindes vry te stel, kan sommige opkomende boere duur te staan kom.

Dít volgens Annette Steyn, die DA se woordvoerder oor landbou, wat sê dit het nou aan die lig gekom dat sommige onderaktiewe plase op die lys reeds vir landbouproduksie ingespan word.

Steyn sê om verdere paniek te voorkom en te verseker dat die geraakte boere die nodig versekering kry dat hulle toegelaat sal word om vir die komende seisoen ongehinderd verder sal kan boer, het die DA nou in ʼn brief aan Didiza gevra om meer duidelikheid te gee oor waarom produktiewe plase ook op die lys verskyn.

Die DA vra die minister om te bevestig of plaasbewoners ingelig is voordat die eiendom op die lys geplaas is, om te verduidelik hoekom ʼn plaas waarop ʼn huurooreenkoms reeds aangegaan is op die lys verskyn, asook om dokumente te verskaf vir die redes waarom elk van die 896 plase op die lys beskikbaar gestel word.

“Die DA is bekommerd dat die kriteria wat die departement gebruik om onderbenutte of vakante grond te identifiseer, moontlik subjektief deur amptenare van die departement gebruik is en produktiewe plase daarom op die lys verskyn,” het Steyn gesê.

Een van die geraakte boere is David Rakgase wat onlangs ná ʼn 18 jaar lange stryd met die regering ingevolge ʼn hofbevel toestemming gekry het om die plaas Nooitgedacht, waarop hy reeds jare lank suksesvol boer, te koop.

Die staat het vroeër vanjaar ingestem om volle eienaarskap aan Rakgase oor te dra, maar het oënskynlik nou weer ʼn ommekeer gemaak en Rakgase se plaas is óók op die lys van plase wat onder die nuwe grondhervormingsprogram beskikbaar gestel gaan word.

Steyn sê die insluiting van Rakgase se plaas is “raaiselagtig en grens aan kwaadwillige viktimisering” van die boer.

Volgens die DA het dieselfde lot ook die Gwatyu-gemeenskap in die Oos-Kaap getref. Hulle het onlangs besef hul stryd om volle eienaarskap van hul grond het nou geëindig in die opneem van die grond op Didiza se lys vir grondhervorming.

Steyn sê dit is besonder kommerwekkend omdat die gemeenskap nie net jare lank deur die regering geïgnoreer is nie, maar nou dalk hul grond heeltemal kwyt kan wees.

“Adj.pres. David Mabuza se versekering verlede week in die parlement dat niemand onder dwang van hul grond afgesit gaan word nie, is skrale troos vir die boere wat reeds jare lank veg vir hul reg tot grondeienaarskap,” het Steyn gesê.

Sy sê Didiza moet die projek eers opskort tot die verwarring oor die insluiting van produktiewe grond uitgesorteer kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Da, júlle het tog sedert julle politiek gedryf het onder die vaandel van Helen Suzman en Van Zyl Slabbert se Progresiewe Frederale Party, geveg vir swart oorheersing in die land. Julle party se stigting was ten einde ‘n swart regering aan bewind te bring. En ja, ek praat ook met jou wat DA stem, al ìs jy nie ‘n ingeskrewe lid van die party. Julle het julself daarvoor neergelê. En nòu is julle nie tevrede met wat julle bereik het meer as ‘n kwart eeu gelede. Geen wonder julle het van naam verander, en die jongelinge in die DA-politiek weet nie vir wie en vir wat hulle stem.
Die Afrikaanssprekende DA-parlementslede is daar òf vir die geld (wat ‘n heel redelike inkomste is) of julle het nooit aangepas by die oorspronklike konserwatiewe Afrikaanse politiek nie. Dit is julle wat my ‘n Herzogiet genoem het.
Terug na die titel van hierdie berig. Miskien raak julle paniekerig oor wat julle teweeg gebring het.

Cherokee ·

‘n Duimaf sonder debatèrende verdediging, verdien my glimlag.
Dankie aan die ondersteuners.

Michael ·

Die ANC se onbevoegdheid het net geen perke nie. Is daar al een ding wat hulle suksesvol begin en afgehandel het-dis nou buiten hul gestelery en korrupsie

Jannie van Niekerk ·

Hulle teiken die swart boere wat die ANC en EFF nie goedgesind is nie. Dan kan hulle die grond toeken aan EFF en ANC kaders wat nie die verskil tussen ‘n veldmuis en ‘n melkkoei ken nie. Ook nie die verskil tussen ‘n geelwortel en ‘n koringkorrel nie.. Ek sal graag eerder wil sien dat Rampspoedphosa se plaas geteiken word vir grondhervorming. Hy kan nie staatspresident wees en nog wil speel dat hy boer nie.

Cherokee ·

Wanneer ek na die onskuld op die gesigte van hierdie foto kyk, word ek sommer ‘n vegetariër!

Fedup ·

A nation of sheep now have a government of wolves.
We are doomed with all these politicians ruling our lives.
And that my fellow south africans, is unacceptable.

Stefan ·

Ek ken ‘n paar boere wat hul plase eenvoudig nie gaan laat vat nie, sy hele bestaan word weggevat en hulle het dus absoluut niks meer om te verloor nie.
Moenie daar peuter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.