Lys van Suid-Afrikaanse plakkerskampe vrygestel

Die Plastic View -informele nedersetting in Pretoria. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Suid-Afrika het tans 2 453 plakkerskampe, aldus die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu.

Sy het ʼn lys van die land se plakkerskampe in die parlement vrygestel in antwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag deur die EFF-LP Primrose Sonti.

Die lys van 86 bladsye wys dat plakkerskampe verskil van sommige nedersettings met net ʼn paar gesinne tot massiewe gebiede waar meer as 10 000 mense woon.

Dit toon voorts dat plakkerskampe maklik ontstaan op plotte, asook op ashope en in staatsgeboue wat leeg staan, byvoorbeeld stasies en hospitale.

Daar is nie ʼn finale inwonertal verskaf nie, aangesien die standaard van elke stadsraad se statistieke verskil. Sommiges verskaf die aantal inwoners, ander die aantal huishoudings en by party stadsrade se inligting word geen getalle verskaf nie.

Wat egter soos ʼn paal bo water staan, is dat die probleem van informele nedersettings in Suid-Afrika handuit geruk het en dat die aantal mense wat as plakkers woon, baie groot is.

ʼn Interessante aanduiding van die ironiese sin vir humor, asook die aspirerende armoede, in hierdie plakkerskampe is die name wat inwoners aan die gebiede gee. Baie plakkerskampe het name soos Riemvasmaak, Vasbyt en Moedhou, wat daarop dui dat die inwoners steeds hoop op verbetering.

Ander algemene name verwys na die voorkoms van die gebied, soos Silver City, Blikkiedorp en Tin City. Dan is daar ook televisiereekse wat vernoem word, byvoorbeeld Sewende Laan, en bekendes, veral ministers van behuising soos Joe Slovo en Tokyo Sexwale, wie se name pryk op die plekke waar hul doelwitte misluk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Thomas ·

Dit is hartseer. Ek ken mense, en net ingeval jy wonder, wit mense met hoër grade, wat werkloos is. Dit is nie net BEE nie. Bydraend ja, maar onthou steeds dat vir baie met ‘n ander kleur daar nog minder opsies is. Wil nie ‘n debat begin nie. Kortom, hoe meer plakkerskampe, hoe meer vertel dit van ‘n regering wat op vele vlakke droog maak.

Chacma primaat ·

Aan Thomas:
Sttur asb. name en kwalifikasies, sowel as ligging van gemelde mense met grade.

Thomas ·

Baie dankie. Mag ek vra – op watter vlak kan jy help? Ek is bietjie skepties oor werwingsmaatskappye wat jou van bakboord na stuurboord vir onderhoude stuur in die hoop jy dat jy erens pas. Was al daardeur myself….

marous ·

Sy is verkeerd . Daar is net een plakkers kamp en hulle noem dit suid afrika .

Sarie ·

Sal graag wil weet hoeveel plakkerskampe daar voor 1994 was?

Bert ·

Wil ek ook weet.
Maar toe het hulle in hul miljoene op plase gewerk en gebly.
Met vandaag se arbeidswette en haat teenoor blankes kom die boere met so min as moontlik reg.
Dis nou die nuwe, beter SA waar die anc van praat.

marina ·

Snaaks ek ook gefink, hoekom was daar nie plakkerskampe voor 1994? Waar het hul gebly voor hul sommer plak hut oprig waar gaatjie is? Geen simpatie!! Mens kry eers werk, dan bly plek voor jy verhuis na ander plek!! Jy gaan slaan nie sink huisop met hoop gaan beter lewe kry op ander plek? Dan begin jy eise stel en afbrand as nie sin kry!!!

GM ·

Ek het simpatie met baie se omstandighede, maar aan die ander kant wil ek sommige mense aan die skouers gryp en skud. Hoekom wil jy ‘n klomp kinders in die wêreld bring as jy nie eers vir jouself kan sorg nie? En ek praat nou glad nie van dié wat vir hul kinders kon voorsien, en toe hul werk verloor het nie. Ek praat nou van dié wat al klaar erg sukkel, en dan nie net een kind kry nie, maar 5 of 6 plus. Opvoeding in die land moet verbeter word, grense moet beskerm word, en geboortebeperking moet ingestel word, anders gaan ons almal omkom van die dors en honger, of van een of ander plaag sterf (as ons nie vermoor word voor dan nie).

Craig ·

GM stem saam. Behalwe vir al die redes genoem, is dit onregverdig teenoor die kind.

ne ·

Hulle soek almal huise/krag/water/toilette en wil vir niks betaal nie. Bakhand….

Felix ·

En as ek reg het is daar so 1138 polisiestasies in die land.

jaco ·

ek was al in meer as 1 wit plakkerskamp om saam met my kerk en Solidariteit te help met opheffingswerk. wat my opgeval het, is die baie drankbottels in amper elke plakkershuisie en dat amper ALMAL wat in daardie huisies bly, rokers is. Net vreemd dat hulle swaarkry, maar sodra daar bietjie geld inkom, word daardie onnodige goed EERSTE gekoop. spreek jy hulle daaroor aan, is jy verkeerd en hulle is reg.
Ek gee toe regstellende aksie en BEE speel n rol dat van ons wit mense in plakkerskampe beland, maar dis nie al rede nie.
baie het daar beland omdat hulle bloot nie reg en oordeelkundig met geld kan werk nie
baie het ook hulle werk verloor omdat hulle dwelmprobleme tot afdankings gelei het. Dit het niks met ras te doen nie.
ek het van hulle werk gegee. nou nie permanente werk nie, maar los werk in en om my huis. enigiets is seker beter as niks. maar ek het aanmekaar my kop gestamp: R350 per dag PLUS kos PLUS gaan haal en weer gaan aflaai in die plakkerskamp was blykbaar nie goed genoeg nie. My grinder, my elektriese boor, kos in my yskas, handdoeke op my wasgoedlyn het alles verdwyn.

Tertia ·

Tillatjie, weet jy watter absurditeit jy kwytraak? Hoe kan mense in 2019 nog aan sulke onmenslike dinge dink en andere toevoeg? Leef jy vir een oomblik in die skoene van diegene op wie gedwonge voorbehoeding, soos jy voorstel, toegepas moet word? Probleem is dalk eerder by óf afwesige pa’s óf pa’s wat nie die naam pa werd is nie. Dit is ‘n maatskaplike probleem wat ver, ver weier strek as wat jou beskouing blyk uit jou opmerking.

KaterinaKat ·

@Tertia – Een van die heel grootste problene in hierdie land is oorbevolking. Dis nie n slegte idee om voorbehoeding voor te stel nie. Hoe lank kan die poel belastingbetalers aanhou om al die Sassa uitbetalings te subsideer, dink jy?

BEULAH ·

Die i/s plakkers se inwoners kan self hul huise plekke begin bou met govt geld en skole kerke a klein mall en klein huise self begin bou .. dan het hul werk en word betaal terwyl hul bou.. daar waar hul bly .. vandat die kinder grants begin het het hul meer kinders gemaak om die incentive te kry en het nie nodig in die villages om te werk nie .. hul eie woorde aan ons .. sodoende die foreigners wat in huise begin werk het…

Anoniem ·

@Sarie, sover my kennis strek was daar voor 1994 nie plakkerskampe nie . Daar was wel minder gegoede woonbuurtes. Dit is ‘n ding wat na 1994 soos paddastoele opgeskiet het.

Ruby ·

Sassa hulp moet beperk word tot 2 kinders. Indien jy meer kinders kry, sorg self vir hulle.

Daar is gratis produkte by jou naaste kliniek.

Vrouens wat met die kleintjies so by die verkeersligte sit en bedel, moet sumier verwyder word, dit is kinderverwaarlosing, baie word ook gehuur vir die dag.

SoosDitIs ·

@Ruby, daar stem ek saam. Die vrouens by die robotte irriteer my grensloos. Hulle sit op hulle vlakkant en die kindertjies word verwag om tussen die karre in te beweeg.

Dink die ding wat my die ergste vang, is hier is 2 spesifieke vrouens hier naby my werk, en hulle sit en speel op hulle selffone (wat WAY beter as myne lyk!!!) terwyl die arme kinders moet warm suur melk drink.
So waar kry hulle krag om die ding te laai en waar kry hulle die geld om daai Whatsapp / SMSe aan die gang te hou? Oh nee.

SoosDitIs ·

@Tilla,

ek stem saam. Die hoeveelheid meisies wat swanger raak in die Hoerskool is skrikwekkend (om nie te praat van Laerskool dogtertjies nie).
Ek dink ook voorbehoedmiddels moet compulsory wees tot en met die ouderdom van 20. Dit sal keer dat jong kinders se lewens verwoes word deur onbeplande swangerskappe. Die kleintjies wat uit hierdie swangerskappe gebore word se lewens is nie te wonderlik nie en suffer ook saam met die jong ouers.

@Tertia, jy hoef nie saam te stem nie – jy is 100% geregtig op jou opinie.
Dink net gou hieraan: Hoeveel berigte het jy die afgelope jaar gelees van pasgebore babatjies wat op ashope en in asblikke dood gekry is?
Hoeveel berigte het jy gelees van ouers wat die klein bloeitjies mishandel en doodslaan? Tilla se idee sal die gemors ook oplos. En keer vir oorbevolking en ook dat meer en meer mense op die straat opeindig.

Dries Moolman ·

Ongelukkig sal die aantal en grootte van plakkerskampe bly toeneem, want die regering vind dit nie nodig om mense te onderrig oor die noodsaaklikheid van gesinsbeplanning nie.

@Dries ·

Ongelukkig is jy reg, daar is net te veel mense wat in haglike omstandighede woon maar onbeheersd kinders kry. Kon dit nog nooit verstaan, sal ook nooit.

Sarel ·

Tilla…..indien jy ‘n 13 jarige dogter het sal jy dit wat jy voorstel vir haar laat kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.