M-Net diskrimineer teen wittes – Solidariteit

M-Net

M-Net

Die vakbond Solidariteit het die betaalkanaal M-Net vandag daarvan beskuldig dat hy onbillik teen wit mense diskrimineer. Dit volg nadat M-Net in ʼn onlangse advertensie aangedui het dat slegs swart, Indiër en bruin kandidate vir ʼn betaalde internskapprogram by sy Magic in Motion Academy mag aansoek doen. Luidens die advertensie kan tot soveel as 20 individue in die program geakkommodeer word.

Volgens Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, voldoen die advertensie nie aan die bepalings van die Wet op Diensbillikheid nie. “Die genoemde advertensie is niks anders as ’n absolute uitsluiting van wit mense nie en kom op ʼn kwotastselsel neer,” het Groenewald verduidelik. “Kwotastelsels word deur die genoemde wetgewing verbied. Die howe, insluitend die konstitusionele hof, het boonop reeds bevind dat die gebruik van ʼn kwotastelsel en die absolute uitsluiting van persone op grond van hul velkleur onregmatig is.”

Volgens hom het Solidariteit verskeie klagtes van wit kandidate ontvang wat aan die vereistes vir die internskap voldoen, maar wat weens hul velkleur nie vir die program mag aansoek doen nie.

“Solidariteit het M-Net in ’n skrywe vermaan om die advertensie sodanig te wysig dat wit mense ook vir die genoemde posisies mag aansoek doen. Indien M-Net nie aan ons versoek gehoor gee nie, sal ons ʼn amptelike klag by die Menseregtekommissie indien,” het Groenewald gesê.

Die vakbond het voorts ʼn beroep op die publiek gedoen om hul stem teen M-Net se rassistiese optrede te laat hoor deur ʼn petisie by www.solidariteit.co.za te onderteken. Solidariteit sal die petisiebrief aan M-Net se bestuur oorhandig.

Gaylyn Wingate-Pearse, woordvoerder vir M-Net, het intussen aan Maroela Media bevestig dat hulle die skrywe van Solidariteit ontvang het. “Ons bestudeer die inhoud van die brief en die meriete van die bewerings. Ons aanvanklike siening is dat dit moontlik gebaseer is op ‘n misverstand,” het Wingate-Pearse gesê. “Ons bestudeer en verifieer egter die brief in sy geheel en sal dan reageer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

carel ·

Miskien moet ons witmense maar ophou om hulle te ondersteun??

RSA ·

Ons is in elkgeval die ouens wat die meeste moet opdok om ons sport te kan kyk,
terwyl al die sokker op die gratis kanale uitgesaai word.

Hulle sal dit beslis voel as ons hulle nie meer ondersteun nie

Gideon Jones ·

My geld is goed genoeg, maar nie my etnisiteit nie. Ek is bitter naby om my DSTV subskripsie op te kanselleer. Die oorgrote meerderheid kanale kyk ek nie, alhoewel ek daarvoor moet betaal. Ek vermoed kykers soos ek subsideer ‘n groot klomp gemors waarna ander kyk.

Tiny du Preez ·

Dis nie asof mens veel mis om dit nie te hê nie.. Ek het reeds meer as ‘n jaar terug al die plug getrek op herhaal tv en hulle irriterende oor en oor promo’s…

Trots Afrikaans ·

Wel, as hulle nie hulle beleid verander nie is ek bereid om daad by woord te sit. Jy gaan nie my geld vat terwyl jy my kind se kos uit sy mond uit vat nie…..

Ek gaan sit solank my duimdruk op Sol se lys.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ja ek ondersteen die veldtog om MNET TE BIOKOT SE NET WANNEER

Jan maak n Plan ·

dit is nie die eerste keer dat M-Net so iets aanvang nie. ‘n Paar jaar gelede het M-Net aandele aangebied om gekoop te word. Eksklosief vir almal – behalwe as jy wit is. My arbeiders het ‘n hele paar rand se aandele gekoop wat nogal geld ingebring het.

Karen ·

Sit dit af! Kom goed reg sonder M-Net. Kyk wat jy wil kyk deur die internet

Kenpachi ·

As jy hard genoeg soek kan jy al jou sport verniet op die internet kyk. Daar is GEEN rede om DSTV of MNet te he nie.

david ras ·

Wanneer ‘n 90% meerderheid van ‘n land se bevolking hulself bevoordeel ten koste van die Polities-magtelose 10% minderheid, is dit onvermydelik dat dit in MINDERHEIDS ONDERDRUKKING sal ontaard.
Minderheidsonderdrukking in strydig met die VN se handves oor menseregte.
Miskien moet Soliforum liewers hulle geveg teen hierdie stelsel by die VN Koppel aan oortreding van die VN se handves i.p.v ‘n alewige gekla oor “onregverdige” regstellende aksie.
Regstellende aksie in SA kan nooit, a.g.v die bevolkings samestelling “regverdig” toegepas word nie.
Diegene wat alewig morele en ander regverdiging vir die stelsel moet hulself liewers afvra hoeveel “swart belasting geld ” het help betaal vir elke munispaliteit, Eskom. SABC en diesulkes wat nou geheel en al aan die swart bevolking “behoort”, as mens na hulle moet luister.

AmY ·

Dis tyd dat ons op hou om gepla te wees oor sepies en sport en dstv wys wat hulle met hulle BEE kan doen. Hulle sal gou sien jy kan nie die hand byt wat jou voed nie.

Weet net ·

Ek wou vandag n ou PVR wat nog werk laat aansluit hul weier volstrek en se jy moet n explorer aanskaf huseles

AmY ·

Het toe besluit om ons DSTV af te sit. Vanaand speel ons Scrabble en Monopoly.

Hanno ·

Dit sal nogal baie help as meer mense ASTV op OVHD ondersteun. Deesdae hoef jy nie eers jou skottel te draai nie.

Johan ·

Ek stem saam ons betaal te veel vir dstv en kry baie min voordele en nou mag jy nie aandele besit by hul nie maar hoelank betaal ons al vir dstv al die jare so het ons mos al baie aandele en as dit nie vir ons mense was nie dan sal dstv nie nou daar gewees het nie hul het begin destyds met 175-00 per maand en gaan Elke jaar op en op hul moet bietjie terugkom aarde toe

Clint ·

Die Rugby ondersteuners moet die meeste opdok om hulle sport te kan kyk, waar die sokker kanale op een van die goedkoper opsies beskikbaar is, is dit nie ook diskriminasie nie?

Jan ·

Het al ‘n jaar nie DSTV nie. Kyk ASTV op die OVHD sisteem – koop net dekodeerder en laat dit aanskakel. Gratis.

Paplepel ·

Ek is reeds al 2 jaar op Starsat (R199) en OVHD (R0) en daar is meer as genoeg om te kyk as ek los tyd het. DSTV het niks wat my trek meer nie.

Riaan Joubert ·

Dankie tog ek het reeds 5 jaar gelede my dstv gekanseleer het net die ps 3 en xbox luister rose stad waar jy wil wees so gin tv nie

THEA SWART ·

dit het ‘n moet item in omtrent elke huishouding geword as jy mos nie DSTV het nie is jy mos eintlik ‘n dhu , die meeste mense wat dreig om af te sit sal dit 10 teen een nie doen nie want wat kyk klein Klaas as ek besig is en nie wil aandag aan my kind te wil/kan gee nie – dit het ‘n gemak sone vir baie mense geskep en omtrent 95% kan nie sonder dit nie – dis verslawend
probeer gerus en ek daag julle almal uit wat so groot bek is om af te sit en vertel my oor ‘n maand of 2 hoe voel julle dan – ek het nie eers ‘n tv nie stel ook nie belang in een nie en my lewe is so rustig en baie lekkerder

Winston ·

Ai Maroela ai ai ai man. Ek het niks lelik gese nie. Ek wou net n aksie begin waar ons op een slag twintig duisend dekodeerders kanselleer. Dis maar al.

Paul ·

Kom ons loods n veldtog om n petisie te laat onderteken. Of hulle laat vaar hierdie drakoniese besluit of ons kanselleer ons subskripsie. Gee my n aanduiding wie daartoe bereid is

Oom Piet ·

Die woordvoerder van m-net weet nie eers van die advertensie nie? Boonop eers die inhoud van klag bestudeer? Geen woord dat so iets onaanvaarbaar sou wees nie, as staande beleid nie! M-net se onderrok hang uit vir almal om te sien. Mooi so Soliariteit, hulle moet eers ‘n ondersoek doen, dan ‘n konferensie hou, om ‘n dood eenvoudige ou vragie te beantwoord. Die sirkus word net groter. Sies m-net.

Rika G ·

Stem saam en programme word oor en oor gewys. Geen nuwe flieks altyd die ou goed van 20 jaar gelede. Word wakker Dstv.

Koos ·

Eks seker ‘n getransformeerde bok span sal my speen vanaf DSTV.

Anoniem ·

Koop net OVHD dekodeerder vir R399 by Game en installer self volgens aanysings. Geen maandelikse subskripsie dus al die kanale is gratis. Jy gebruik die Dstv skottel vir OHVD. Maklik en koebaai vir Mnet.

Rietrot ·

Rugby kykers kan dan weer leer hoe ñ gras snyer werk en van hul pense onslae te raak.

Flippie ·

Stem. Rugby word in elk geval ook getransformeer. Dus as jy dit ondersteun, ondersteun jy jou eie ondergang.

Vraag: Wat is lekkerder as rugby en braai?
Antwoord: Braai sonder die rugby.

MARIANA ·

kan jy rugby en e-nuus daarop kyk? Gee bietjie meer inligting aan ons on-ingeligtes!

Paplepel ·

SABC 1,2,3, e-TV, ASTV en nog omtrent 13 ander kanale. Alles gratis. LM radio, Bok Radio op die radio kanale en gelukkig geen rugby nie. Gaan besoek OVHD.co.za vir nog inligting.

Henk ·

So, nou gaan Koos Bekker en Kie die advertensie laat verander en blankes insluit. NET om geen blanke te keur nie.
En ons as blankes sal die dwase bly wat bereid is om R800-00 per maand te betaal NET sodat ons toegang het tot programme wat ons die afgelope 10 jaar al reeds verskeie kere gesien het. NET sodat ons rugby en krieket kan kyk, terwyl die ander kleuriges toegang tot hulle sport sokker het teen R150-00 per maand op Mnet en Supersport kanale.

Priscilla ·

Kyk al lankal nie meer M-net nie. Showmax beslis goedkoper ook……

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ek het ook afgeskakel ek kan sonder carteblanch lewe

vermeende ·

Hel ek het nie eers ‘n TV nie. Ons eet by die eetkamer tafel, gesels en kuier met die gesin. Help die kinders met huiswerk. Ons doen alles wat ‘n gesin behoort te doen.
As ek kan raad gee, verkoop jou TV dan gaan jy jou kinders eers regtig leer ken.

J ·

TV is in elk geval n sterwende medium wereld wyd agv die internet. My DSTV is al vir maande af aangesien ek letterlik nooit n enkele fliek of program daarop gekyk het nie. Die internet is die toekoms; Netflix, Hulu,Youtube ens. Subskripsie TV is op sy einde. Gaan kanseleer jou DSTV en kry vir jou n ‘uncapped’ internet konneksie. Dis goedkoper en jy kan kyk wat jy wil,waneer JY wil. Al die nuwe smart TV’s van vandag het al klaar ingeboude WiFi. Hoekom wil jy nog sukkel met die rassiste?

Tdw ·

Ek het nou na die ovhd gekyk maar die kanale is pateties. Dis definitief nie die antwoord vir die Afrikaans sprekendes nie. Dalk as jy een van die ander 11 tale gepraat het

CF ·

Kan enige iemand my asb se,watse kanaale het OVHD dekodeerder. ?

Eish! ·

Wat help dit solidariteit? Mnet besluit hul stel dit reg, MAAAAAAAR aanvaar die aansoeke en gooi dit net in file 13. Dalk moet daar eerder gepoog word dat ‘n sekere hoeveelheid blankes aangestel moet word. Maar ag tog……….dankie tog ek het nie Mnet en sal dit na dese ooknie kry nie.

Louw ·

My kind se aansoek het ook in file 13 beland, het nie eens n antw van Dstv gekry nie, net gesien e-pos is gelees. Eks ook nie mees lus om tv lisensie te betaal nie, dit gaan in elk geval na die geskorste sauk lede se sakke. Gee bietjie meer inligting oor die ander opsies vir DSTV asb.

REGINA ·

Ek is gelukkig in die BEVOORREGTE posisie dat ek NOG NOOIT in my hele lewe M Net of DSTV of enige “Skottelgoed” besit het of ooit by ander daarna gekyk het nie! So ek hoef NiKS af te sit wat ek nog nooit besit het nie!

RITA ·

Ek het verlede jaar my m-net opgegee. Kyk bietjie na die advertensies op dstv. Baie baie min of geen witmense in nie. Laat mens dink ne? Dankie solidariteit dat julle so op en wakker is.

Poppie ·

Volgens my is daar ‘n verskil tussen MNet en DSTV. Mnet is slegs een kanaal. Beteken dit die mense wat DSTV kanselleer, ook Afrikaanse kanale soos Kyknet opgee? Of is die hele DSTV nou anti-Wit????

Z bc ·

Goed en wel ek sit nou my DSTV af, maar wat maak ek dan met my HD PVR en die skottel ens? Kan ek dit dan vir iets ander gebruik? Wat is dié OVHD en ASTV? Kan dit ook met die HD PVR werk?

pop1 ·

Ek het n jaar terug myne gekanseleer oor dit te duur geraak het. En ek het een fliek gevat ek gekyk hoeveel keer word hy herhaal. dit spring van kanaal na kanaal na dit 10 keer op verskillende tye op n kanaal was. altesaam 70 keer was daai fliek op die tv. Dis regtig n vermorsing van tyd en geld.

auba ·

Vir my as n bruin suid afrikaner ken ek niks anders as diskrimininasie nie! Eers deur die wit regering en nou deur die swart regering. My hart bloei vir die boere wat so vermoor word. Op die Kaap se vlakte is daar gemiddeld so wat tien moorde per week. Wat doen onse president lag soos n nar op tv.

Francie van Rensburg ·

Dit is verontrustend hoe die tempo waarin witmense uitgesluit word toeneem. Absa het onder politieke druk geswig en borgskap aan die Springbokke opgeskort. Ek dink dis tyd dat mense met Absa bankrekenings hulle verbintenis heroorweeg. Ek was in korrespondensie met Takelot (Voorheen Kalahari) waar ek gereeld boeke en musiek by hulle gekry het. Nie net het hulle diens aansienlik verswak nie, hulle doen slegs besigheid in Engels – hulle nuwe beleid. Dis vir my onaanvaarbaar dat ons witmense en Afrikaanssprekendes dit so gelate aanvaar. Dankie Solidariteit!

Izzy ·

Sal verseker nie my subskribsie hernieu nie.Luister eerder radio (daar is nog stasies wat alle nuus uitsaai) of koop koerant (aanlyn of ‘n fisiese koerant).

hartseer en moeg gestry... ·

Hartseer en moeg dis wat ek is. Manlief oorlede. Verander al di banking details. Gan ni n probleem wees ni volgende debit niks afgetrek ni..ek mut self betaling dun. Sal ni weer gebeur ni …dstv sit my af…debitorder mut net afgaan

Maar nee ontaard in telefoon gesprekke niemand kan jou help ni want jy praat elke keer met ander pesoon stuur emails en niemand sal se sorry maar kom ons sort uit
Ek maak dit toe maklik vi hul en se ek kanselleer dstv
Probeer my ni eers oorreef om te bly ni se net di mense wat di dstv ingestalleer het gan ni cancel ni ek mut dit maar net betaal
Niks met dstv te dun ni nou mut ek onair R149 betaal vi 24 mnde vi niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.