M-Net-internskap ‘nou oop vir almal’

M-Net

M-Net

Die vakbond Solidariteit het gesê M-Net het voor volgehoue druk geswig en sy “diskriminerende internskapsadvertensie” oopgestel vir kandidate van alle rassegroepe.

“In ’n skrywe wat ons vandag van M-Net se prokureurs ontvang het, word aangedui dat die internskap nou oop is vir alle rassegroepe,” het Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, gesê.

M-Net het reeds die advertensies dienooreenkomstig gewysig.

“Ons moedig alle wit kandidate aan wat voldoen aan die vereistes van die internskap om aansoek te doen. Sou dit wees dat M-Net geen wit kandidate in die program opneem nie, was hierdie wysiging net lippediens en sal ons voortgaan om die klag by die Menseregtekommissie te lê.”

Groenewald het gesê Solidariteit sal ook voortaan as waghond vir soortgelyke gevalle optree en indien daar nie aan die vereistes van die wet voldoen word nie, die vakbond nie sal huiwer om die howe te nader nie.

Solidariteit het M-Net verlede Dinsdag daarvan beskuldig dat hy onbillik teen wit mense diskrimineer. Dit het gevolg nadat M-Net in ʼn onlangse advertensie aangedui het dat slegs swart, Indiër en bruin kandidate vir ʼn betaalde internskapprogram by sy Magic in Motion Academy mag aansoek doen. Luidens die advertensie kan tot soveel as 20 individue in die program geakkommodeer word. Lees meer hier.

Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van M-Net, het daarop gereageer deur te sê die Magic in Motion Academy-internskapprogram is ʼn korporatiewe maatskaplike investeringsprogram. Lees meer hier.

Maroela Media het M-Net om kommentaar genader oor die jongste verwikkelinge en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ruby ·

M-Net, julle het klaar julle ware kleure gewys, julle kan nou jan-pierewiet fluit vir al wat ek omgee.

Julle moes eers gedreig word voordat julle ‘n ander deuntjie begin sing het, swak!!

Ek gaan hierdie een onthou.

dionosaur ·

Soos hulle sê, die proof is in die pudding! Ons sal maar sien

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Baie dankie Solidariteit dis lekker om deel van julle te wees

Eddie ·

Ja what ever. Hulle het mos nou klaar gese aan wie dit gegee gaan word. Dit gaan nie eers die moeite werd wees om as jy wit is aansoek te doen nie. Jy gaan in elk geval nie gekies word nie. Hulle se maar net so om almal se monde toe te hou.

Sarie ·

Dit laat my dink aan iets soortgelyks by SAL etlike jare gelede. In dààrdie geval was dit nèt lippetaal…

Marius ·

Ek verstaan nie hoekom julle hierdie spesifieke advertensie uitgesonder het nie?
Daar is duisende sulke rassistiese advertensies waar slegs swart mense gesoek word!!

Lucy ·

Dis net n rookskerm om mense te paai. Die wit aansoeke sal in die asblik gegooi word en dan se die aansoek was onsuksesvol

Netso! ·

Se ek ook. File 13 hier kom ons.
My seining en leefstyl gaan net eenvoudig so: As ek dit iewers sien of hoor, dan ondersteun ek netnie die spesifieke plek nie. Geen Mnet, Geen Woolworths ens. Woolworths het in Bethlehem oopgemaak………….seker 4maande of 6maande terug. Ek weet nie eens hoe lyk hy binne nie. As ek sien by ‘n spesifieke plek is net swart werkers, dan stap ek na die volgende. Ek is baie aanpasbaar. Kan sonder baie dinge in die lewe gaan.

pop ·

Jippy -doo- dah -day. En woeps hier gaan wit kandidate dit kry.

Antonie willem van den berg ·

En wat keer m net on net swart mense aantestel?

GES ·

Hulle sal maar met ‘n valkoog dopgehou moet word. Dit is nie mense wat oorloop van integriteit nie.

Izzy ·

Dankie solidariteit dat julle opstaan en veg vir minderheids groepe. Dit sal miskien nie MNET of enige ander instelling stop nie, maar nou weet hulle dat Solidariteit hulle dophou en nie sal huiwer om op te tree nie.

Paul ·

Hier sal dadels van kom. Enigste raad is om jul Dstv te laat afsit.Die meeste van die mense wat hier so wolf wolf skree het nie die moed om dit te doen nie.

Riana ·

Ja, Ja, Ja. Piet, Koos ens, stuur maar julle aansoeke in. Jammer vir julle, julle gaan dit nie kry nie. Net ‘n manier van M-Net om die druk van hulle af te kry en toe stem hulle sommer gou in dat dit nou oop is vir almal. Kan net lag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.