“As ʼn goeie korporatiewe burger wat die oppergesag van die reg respekteer, sal M-Net mnr. Cliff heraanstel as Idols-beoordelaar soos beveel deur die Suid-Gautengse hooggeregshof,” het Nondumiso Mabece, woordvoerder van M-Net, gesê. “Ons glo ons het die regte ding gedoen deur mnr. Cliff van die program te verwyder. Ons bly daartoe verbind om ons platforms te gebruik om by te dra tot ʼn verenigde Suid-Afrika.”
Regter Caroline Nicholls het Vrydag beslis ʼn kontrak bestaan tussen M-Net en Cliff en dat die betaalkanaal hom op ʼn tydelike basis weer moet aanstel. M-Net het in die hof aangevoer hulle het nie ʼn kontrak met Cliff nie, aangesien niks nog gefinaliseer is nie.
Wim Trengrove, SC, M-Net se regsverteenwoordiger, het aangevoer hoewel M-Net nie glo dat Cliff ʼn rassis is nie, het sy twiet ʼn massiewe reaksie ontlok en die indruk geskep dat hy ʼn rassis is. Volgens Trengrove het Cliff “die gesig van rassisme” geword.
Dali Mpofu, regsverteenwoordiger vir Cliff, het aangevoer ʼn kontrak het wel tussen M-Net en sy kliënt bestaan en M-Net het teen Cliff gediskrimineer omdat hy wit is.
Cliff sal na verwagting Saterdag ʼn mediakonferensie hou.
Lees alle vorige berigte oor Gareth Cliff op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
MNET you keep telling yourself that you did the right thing to fire him. Miskien sal julle fabelagtige storietjie uiteindelik julle gewetens sus
Mnet het homself aan rasisme skuldig gemaak deur Cliff te ontslaan. Hy is net ontslaan agv van sy velkleur, daar was niks rasisties aan wat hy gese het nie. mnet het dit as n goedkoop verskoning gebruik om van die laaste blanke ontslae te raak. Ek is lankal nie meer n mnet aanhanger nie. almal n spil rasiste
Dit is dieselfde M-net wat nou die dag wittes geweier het vir ‘n internskap posisie. eers nadat daar druk op hulle gesit is , het hulle die reels verander om wittes toe te laat. Hoekom ondersteun blankes nog M-net?. Hulle is duidelik gekant teen wittes en uiters rasisties.
Lank reeds MOEG vir hul herhaling en keuses van programme vaarwel mnet
Op die kort termyn gewen maar besils nie die lang termyn. Hy sal volgende jaar ‘n ander job moet soek. Gaan hy weer aanvoer MNET het hok permanent aangestel?