M-Net sê oor ‘diskriminasie teen wittes’

M-Net

M-Net

Die betaalkanaal M-Net het Donderdag gereageer op die beskuldig van die vakbond Solidariteit dat hy teen wit mense diskrimineer.

Solidariteit het M-Net daarvan beskuldig dat hy in ʼn onlangse advertensie aangedui het dat slegs swart, Indiër en bruin kandidate vir ʼn betaalde internskapprogram by sy Magic in Motion Academy mag aansoek doen en dat dit “niks anders is as ’n absolute uitsluiting van wit mense en op ʼn kwotastselsel neerkom”.

Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van M-Net, het gesê die Magic in Motion Academy-internskapprogram is ʼn korporatiewe maatskaplike investeringsprogram. “Die internskapprogram gee potensiële kandidate van die aangewese groep die geleentheid om hul vaardighede te verseker ten einde op ʼn gelyke speelveld in die elektroniese media omgewing te kompeteer.”

Volgens Phahle het die program tot gevolg dat interns op gelyke voet met kandidate van die nie-aangewese groep kan kompeteer wanneer werkgeleenthede opduik. “Die doel van die program is om die poel van potensiële aansoekers te verhoog vir vakatures. In die verlede, wanneer ons werkgeleenthede in hierdie kategorie gehad het, was die poel om uit te kies beperk tot die nie-aangewese groepe. Hierdie program stel ons dus in staat om nie noodwendig die poel te verklein en enige potensiële aansoeke uit te sluit soos beweer word nie, maar om die poel waaruit ons kan kies te vergroot.”

Phahle het gesê daar word nie werkgeleenthede verseker vir diegene wat die internskapprogram voltooi nie. “Die wet vereis dat ons struikelblokke wat in die pad staan van werkers verwyder en deur middel van hierdie program verskaf ons aan die interns die kans op gelyke werkgeleenthede. Ons waardeer en respekteer die kommer wat in die brief van Solidariteit uitgespreek is en het aan hulle die geleentheid gebied om hierdie saak te bespreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Trots Afrikaans ·

Klink vir my so biethie na ‘n Woolworths antwoord…

Andre ·

Jou dade spreek gewoonlik harder as jou woorde. M-Net moet dit maar net in gedagte hou.

Cecilia ·

Wonder maar net wie, uit AL die groepe, betaal die gereeldste?

ek ·

Hy verwys na woolworths omdat hulle dieselfde gedoen het.. geen wit mens mag daar aansoek gedoen het vir werk nie… gaan soek dit op.

Loeis ·

En SAL met hulle kadet program, so jaar jaar gelede. Met jou aansoek moes jy jou rasgroep kies, en as jy “White” gekies het, het jy dadelik ‘n boodskap gekry dat jou aansoek onsuksesvol was.

SAL is gekonfronteer en het dadelik verskoning gemaak en aangevoer dat dit ‘n fout was, en dat die fout dadelik reggestel is. In enige ander land as Suid-Adrika kon mens daai verskoning amper geglo het.

Dit kos ‘n eenvoudige JavaScript stelling om daardie funksionaliteit te gee, maar iemand moes daardie geskryf het. Fout? Dis belaglik.

Ada ·

Hulle kan met woorde speel soos hulle wil dit bly diskriminasie!

Riaan Joubert ·

Die tyd is nou om DSTV en Mnet.die skoen te gee wasr hulle dit kort ons het genoeg gehad selfde met winkels ons buig te maklik glo ek as jy my taal kan praat kan.jy my geld kry anders vat jou besigheid elders

JA ·

Ek stem saam. Dit was n ruk terug in die koerant dat Mr. Price personeel glad nie Afrikaans met kliente mag praat nie.

Paul ·

So, met ander woorde, ek is nou ‘n lid van die “nie-aangewese groep”.

Izzy ·

Solidariteit sal nie sommer beskuldigings van rassisme maak teenoor MNET, as hulle nie seker is van hulle feite nie. Hoe dom dink MNET is die publiek???

Karien ·

Dis ‘n pot nonsens. Dis nie net die internships nie. My seun het sy graad in Movie/TV Directing en producing en scriptwriting en al daardie poste wat geadverteer word is ook blankes uitgesluit!

Deon ·

Wonder maar net wie betaal die meeste subskripsies aan MultiChoice/M-Net. Privaat en besigheids terme? Die springbokke en proteas vaar nou so goor dat kanale 201 en 202 eintlik maar die “cartoon” kanaal kan word. Die sogenaamde movie magic kanale wys dieselfde goed 20 keer in 1 maand? Hulle(MultiChoice) besef dat hulle die monopolie het in SA. Mens moet eintlik jou DSTV vir ‘n maand of 4 afsit sodat MNet se ander rasse kykers wat baat vind by hulle interne skap dan maar die verlies opmaak.

Sonet ·

Ons gesin het nou die groot stap geneem, ons het M-web “uncapped” gekry (R199 per maand) en aangesluit gebruik nou Showmax (R99 per maand). Ons kyk wat ons wil kyk en dit kos ons ‘n fraksie van DSTV se premie en raai wat? Ons hoef niks oor en oor te kyk nie. Dink meer mense moet daaraan dink. Net ons geld is goed genoeg! Nee dankie ons het nie DSTV nodig nie!

Gideon ·

Sonet, ek weet nou nie mooi hoe die omskakeling werk nie, moet ek ander skottel en dekodeerder ook kry en wat kan mens kan kyk as jy Mweb het. Dalk vra ek nou ‘n dom vraag, maar kan mens bv Kyknet kyk! Of watse tipe programme wys daar!

Deon M van Heerden ·

Deel jou sentimente en ondersteun die voorstel. MNet/DStv is ‘n mors van geld teen R800.00 per maand. Herhalings op herhalings. Gebruik tans “Catch-up” opsie waar ietwat meer verskeidenheid beskikbaar is. Beste vir my is maar om Dokumentêre programme van Youtube te kry. Voel om te sê – #MNetDStvmustFall !!

Marlin ·

Dstv en M-net is produkte van Naspers. Showmax is ook ‘n Naspers produk. So al kanselleer julle Dstv, ondersteun julle nog steeds Naspers deur na Showmax oor te skakel. Beter opsies sal Apple TV of Netflix (Kom voor einde 2016 offisieel in SA uit) te kry.

Ek ·

Ek wens solidariteit en Afriforum was n party waarvoor mens kon stem.

Rudi ·

Vreiheidsfront is selfde as hulle. Die enigste verskil is dat die mense so bang is dat iemand dink hul is rasisties. Vreiheidsfront was gesien as regs en het amper geen steun. Afriforum en Solariditeit word nie geetikiteer nie. Dit is ‘n “Mindset”

David ·

Ek is dus een van die sogenaamde ” nie-aangewese groep”. Vra dan vir die aangewese groep om julle betaalkanaal te ondersteun. Defnitief nie ek nie!

Anja ·

Ek was nooit daarvan bewus dat blankes met die nodige vaardighede gebore word nie!!! Ek is so bly sy het my daarop atent gemaak, waar kan ek aansoek doen om vakatures M-Net?

Theresa ·

Sowaar! Darem ‘n groot pluimpie vir ons ou klompie! Nie te ver van die waarheid af nie – foei…

Gertjie ·

Bla, bla, bla. Daar dink ons weer ‘n stink storie uit.
Solidariteit lieg nie, nou wie lieg nou?

Esther ·

Dit is nou ‘n klomp bollie saamgepak in mooi Afrikaans. Wonder bo wonder kan mnet nog Afrikaans praat. Kyk op die einde van die M-Net produksies as die Titels rol die name wat daar op kom. Weining wittes. Hier en daar sien jy nog ‘n wit kamera operateur maar andersins is dit net agtergeblewenes. Nee wat M-Net hierdie tjol kan julle op ‘n ander plek gaan praat. Dit is glad nie geloofwaardig nie.

Frans ·

En die aanwyser van die ‘aangewese groep’ is die ANC vermom as MNet.

EWIE ·

Mooi solidariteit!..ek self het al Mnet aangevat oor die storie

Antoon ·

Dis tyd dat MNET en die hele MultiChoice gespuis oordentlike kompetisie kry. Dan sal ons sien wat hul sê as die kykersgetalle (en winste) begin daal.

Manie ·

M Net kan met woorde speel net soos hulle wil. As jy wit mense uitsluit wat is dit anders as Diskriminasie? Gee elkeen ‘n regverdige kans vir opleiding en kies dan volgens jou gesonde oordeel die besye kandidaat.
Nou lyk dit vir my hulle kies uit die poel van aangewese kandidate wat dalk slaag met 45% wat beteken hy is nie van die beste nie maar die beste wat geslaag het
DOM DOM DOM

carel ·

Se die rakker dat mense van kleur nie so slim soos wittes is nie en daarom extra hulp nodig het of verstaan ek verkeerd?
Se die rakker – dat dit ok dat M-net wie n gedeelte van sy inkomste vanaf witmense kry teen witmense kan diskrimeneer?

Wim Kotze ·

Carel , daar slaan jy die spyker op sy kop. Hy weet dit, jy weet dit, en ek ook, maar dit mag nie in soveel woorde gesê word nie.

Tascha ·

O so ek was nie al een wat gewonder het waar die blanke kandidate dan was toe daar tydens ‘n advertensie met die aangewese groep gespog is nie? Was dit nie vir die feit dat ons die helfte van die eienaar in die hoofhuis se premie betaal om ook die voorreg te geniet om alles tot vervelens toe oor en oor te kyk nie sou ek lankal my DVD kas uitgebou het sodat ek maar eerder net die flieks kyk wat EK graag wil sien instede van die strooi wat in mens se kele afgedruk word. Nee, wat MNet julle fool niemand nie ons (nie-aangewese groep) sien reg deur julle rassisties tot op die laaste letter!

Lizzi ·

Ha ha nog n rasse grappie, M Net moet onthou wie hulle betaal kanaal befonds, Wie laaste lag altyd nie lekkerste!

Derick ·

Sooo bly ek het hulle …. toe gestuur. Ek het hulle ondersteun vanaf geboorte, maar begin van de jaar alles gestop. Genoeg is genoeg …

Cathy ·

Daar is lankal besluit die wittes tel nie vir hulle nie. Met enige problem sukkel jy om dit uitgesorteer te kry omdat jy nie die wat veronderstel is om jou te help se taal praat nie. Is enige AFRIKAANSE mense al ooit in jou taal gehelp????????????

DSTV for What!!!!!!! ·

DSTV klaar gestop…………..as jy nie my mense kan ondersteun nie sal ek jou nie ondersteun nie!!!!

Ferdi ·

Baie maklik , wit “M Net ” kykers moet met hulle beursies stem en Multichoice in hulle kanon stuur ?

Machiel ·

Ons weet almal dat hulle die poel wil vergroot met “aangewese groepe” en as dit eers gedoen is sal nie een wit persoon ooit weer in aanmerking geneem word nie. Dit is die BBBEE manier van speelveld gelyk maak. Die speelveld is net gelyk as geen witte oorweeg word nie. En hulle reken ons is rassiste. Gelukkig het ek nie DSTV nie. Ek sal hulle nie ondersteun nie.

Suzette ·

Ek kan nie onthou wanneer laas ek self ‘n program op televisie gekyk het nie, ongeag van kanaal. Daar is honderde kwaliteit films en ander groepe dvd’s wat oor die algemeen goedkoper is, en ek hoef nooit holrug geryde advertensies te probeer oorleef nie.

Loeis ·

Die “Aangewese groep” se kandidate word dus vergroot, is die antwoord. Dit is hulle motivering, goed en wel, maar dit sluit steeds mense uit die “nie aangewese groep”, dws blankes, uit.

Die motivering bevestig dus Solidariteit se stelling.

Goed, nou het ons ‘n antwoord, wat kan daar nou aan gedoen word?

Mens kan seker kennis neem, en begin deur nie van die diens gebruik te maak nie…

dries ·

Kan nie glo, niemand praat goed van Mnet, maar elke maand betaal hulle getrou. Dit help nie om altyd te kla maar jy doen niks , doen iets man!!!

Ben ·

Blah, blah, blah! Praat baie en sê niks. M-Net het nie eers ‘n pensioenaris plan vir afgetrede mense nie, behalwe as ek my huis verkoop en in ‘n oue-tehuis gaan bly. Hulle is so bang iemand in my familie gaan gratis kyktyd hê in my huis. Hulle sterf liewer sewe dode. Sies vir M-Net julle maak miljoene Rande.

Andre ·

So wat die ou eintlik sê is dat witmens so goed is dat ander rasse addisionele opleiding nodig het om op gelyke voet met hulle mee te ding. Wow!

Piet Pompies ·

Hierdie berig bevestig net dat jou maandlikse premie aan DSTV nie net gebruik word vir jou kyk genot maar dat ‘n gedeelte daarvan gaan om sekere etniese groepe opleiding te gee. So die keuse is joune, al wat ek nou weet is dat dit tyd geword het vir nog ‘n uitsaaier wat sy bydrae gebruik tot voordeel van kykers en nie ander ongelykhede. Basta met DSTV

Danie ·

Uit al ons afrikaanse organisasies sowel as ander instansies wat hulle werklik van rassediskriminasie distansieer moet ‘n soortgelykke diens op die been bring. Ek dink ook dat dit goedkoper bestuur kan word en dat meer mense dit sal kan bekostig. Om te sien hoeveel mense bereid is om aan te sluit kan mense stem per sms en eers met ‘n goeie veldtog afskop. KOM ONS BEGIN NOU!!! Daar is nie mededinging nie daarom gaan dit so.

Marisa ·

Mense…ons is “the masters of our own disasters”! Almal kla oor multichoice maar weinig van hulle sal hul dstv laat afsit. Hoekom dink julle gaan dit so “agter die wind” met ons en ja, ek sluit myself hierby in. Gelukkig het ek al vir jare nie meer dstv nie, sal nie daai oor en oor gemors kyk nie. Ek kyk wat ek wil, wanneer ek wil. Ons moet opstaan vir ons regte, ons moet wegbly van besighede wat teen ons diskrimineer en ons moet saamstaan. Ongelukkig is saamstaan nie vir ons bedoel nie want ons is gou om te praat maar doen nooit iets daadwerkliks nie want ons is…bang??? Ek is dankbaar dat ek verstand het om te besluit waar en wat ek wil koop en ek sal nie iemand ondersteun wat teen my diskrimineer nie. Ek is ‘n trotse nie-aangewese verbruiker, hou maar julle simpel internskap vir die aangewese sukkelaars.

ina ·

Het geen DSTV of M-net. Alles gekanselleer 2 jaar terug. Kyk alles via die Internet, Netflix en Hulu. Geen advertensies en kyk wat ek wil, wanneer ek wil.

Johan ·

Kan jy ook nuus kyk soos cnn of sky nuus en travel kanaal
ek kyk nie die ander nie

Jennefer ·

Ek stem Ina, dit raak tyd dat die Afrikaner ophou om soos vrot velle voor die tv te le, en daarby afgekraak word , net sy geld is belangrik! Begin tyd met jou gesin spandeer , mens het nie n tv daarvoor nodig

elna ·

Lankal gehoor van mnet se diskriminasie. Ons almal moet Sonet se voorbeeld volg.

Jan ·

Hulle praat snert. Bring die syfers – hoeveel wit Afrikaners is daar in die “poel”?

Johan Fourie ·

Na die hele storie het ek d s tv gekanseleer is nou al af 2 maande .Gebryk die geld om uit te eet met my gesin koop dvd en ons gesels lekker weet hoe was mekaar se dagie by huis, werk en skool was jaare by d s tv kyk op internet Hulle is ook selfte soos 1,2,3 en e tv hulle kan gaan vlieg daar waar dit saak maak.o ja die skotel maak n lekker braai pan om op n saterdag so n klien brekkie te maak vir die gesin.hHou die spek en worsies mooi op hulle plek!

Charlie ·

As ons almal kanselleer bv Des en Jan sal dit ‘n groot skrik veroorsaak en kyk dan reaksie van Mnet. Volgende = belasting

Gavin ·

DSTV is al vir n jaar af. En raai wat ? Dit was nie die einde van die wereld in teen deel, het ons mekaar weer leer ken, tyd is nou buite en om die huis spandeer.

En die geld wat ons aan DSTV so gee betaal nou ons klien vakansie.

So wie trek nou voordeel uit die besluit. ONS

mariana ·

DIS BELAGLIK OM NOG IN HIERDIE TYD TE DISKRIMMINEER TEEN JONG BLANKES. ALMAL WAT NOU AANSOEK DOEN IS SOGENAAMDE “BORN FREE’S” WAT GEEN VOORDEEL UIT APARTHEID GETREK HET NIE. DIE LAND SE JEUG HET PRESIES DIESELFDE SKOOLOPLEIDING ONDERGAAN VAN GRD 1 – TOT GRD 12. DIS ‘N UITERS SWAK VERSKONING OM REGSTELLENDE AKSIE TOE TE PAS.

Hennie ·

Dit is baie duidelik dat ons aan die korste ent van die tou blytrek, Hulle is al vir jare besig om ons te mislei en net die fooie optestoot vir herhalings, geen beter teriewe vir pensionarise nie. Ek daag hulle uit om inkomste van alle ras groepe vir ons te wys. Sal seker al onder die kluite le voor dit gebeur.
Totsiens DSTV

Eddie ·

Aai Maroela julle cook my custard. Wat het ek nou weer verkeerd gese. Nee man as dit die waarheid is plaas dit. Ek is regtig eerder lus om News 24 te lees waar ek weet mens kan nie kommentaar lewer oor goed wat hulle weet wat waar is nie. Hou op om mense te blok wat julle ondersteun en trots Afrikaans is. Laat ons ons se se!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Susan ·

hulle poste wat hulle adverteer se ook, net swart, indier en kleurlinge mag aansoek doen.. ek het vandag die eerste keer n pos gesien wat se almal mag aansoek doen..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.