M.T. Steyn-standbeeld dalk van UV-kampus verwyder

universiteit van die vrystaat kovsies

Universiteit van die Vrystaat. Foto: UV, Facebook

AfriForum Jeug se Kovsies-tak en AfriForum het vandeesweek ’n voorlegging ingedien wat die bedekking en verwydering van die M.T. Steyn-standbeeld op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) teenstaan.

Dít volg nadat die UV-bestuur belanghebbendes vyf dae gegee het om insae te lewer met betrekking tot die verwydering van die standbeeld van dié oudpresident van die voormalige Oranje-Vrystaat. Die voorgestelde plan om die standbeeld te verwyder is deel van die UV-studenteraad se transformasiebeleid.

“Ons glo in kulturele vryheid, wat wedersydse erkenning en respek vir mekaar se erfenis, taal en kultuur behels. AfriForum Jeug wil hê daar moet ’n kultuur van inklusiwiteit op kampus heers, maar as een groep se erfenis nie welkom is nie, hoe moet alle studente welkom voel?” het Chantelle du Preez, voorsitter van AfriForum Jeug se Kovsies-tak, gevra.

AfriForum Jeug en AfriForum het veral hul ongelukkigheid uitgespreek met die proses om die standbeeld te verwyder.

“Die kampusbestuur gebruik die sogenaamde proses as rookskerm om belanghebbendes te paai, terwyl hulle reeds besluit het om van die standbeeld ontslae te raak,” meen Ohann Fourie, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir kampusstrukture.

Du Preez sê verder dat AfriForum Jeug beplan om ’n veldtog van stapel te stuur om die verwydering van die standbeeld teen te staan. “Ons wil studente inlig oor wie M.T. Steyn werklik was. Weens Asive Dlanjwa, president van die studenteraad, se uitlatings, is studente onder die indruk dat M.T. Steyn apartheid begin het, wat nie die geval is nie – M.T. Steyn is reeds in 1916 oorlede, ’n geruime tyd voor apartheid ingestel is.”

Du Preez het gesê Steyn se standbeeld is nie net belangrik vir die Afrikanerkultuur nie, maar ook vir die Suid-Afrikaanse erfenis in geheel. “Ons gaan dus alle belanghebbendes betrek om seker te maak dat ons erfenis ook vir komende generasies beskerm word.”

Intussen het Lacea Loader, woordvoerder van die UV, in ʼn verklaring gesê monumente soos standbeelde speel ʼn belangrike simboliese rol in mense se lewe, elke monument word gebou om spesifieke redes en is bedoel om spesifieke belange of ʼn spesifieke doel te dien.

“Monumente word opgerig as deel van visuele kultuur wat ons konstant herinner aan iets of iemand belangrik. Die simboliese waarde van monumente kan egter verander. Sulke waardes kan belangrikheid bykry of verloor na gelang van die wisselende sosio-politiese bedelings en gesindhede,” het Loader gesê.

Volgens Loader het die studenteraad op 8 Maart met die rektor en prof. Francis Petersen, visekanselier, vergader en die belangrikheid van die hersiening van dié standbeeld voor die hoofgebou op die Bloemfontein-kampus is bespreek.

“Prof. Petersen het die dringendheid van die saak erken en ʼn taakspan aangestel. Die taakspan het besluit om ʼn voorlegging aan die provinsiale erfenishulpbronowerheid te doen vir ʼn permit om die standbeeld te bedek totdat die proses afgehandel is. Die taakspan meen die toedraai van die standbeeld simboliseer die ernstigheid en dringendheid van die hersieningsproses.”

Die taakspan het laat hoor hulle wil met alle relevante belanghebbendes skakel en hulle versoek om voorleggings te doen om aan te dui of hulle saamstem al dan nie met die bedekking van die standbeeld. Dié voorleggings sal ingesluit word in die aansoek vir die permit.

Ná ʼn besluit geneem is deur die permitkomitee sal daar 14 dae wees waar die publiek teen die besluit kan appelleer.

Belanghebbendes het tot 16:30 vandag tyd om geskrewe voorleggings in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jan ·

Soms kan ek nie glo wat ek lees nie, terwyl alles so agteruit gaan…..word daar oor ‘n standbeeld vergader asof dit belangrik is…hoe belaglik.

oudstudent ·

Gelukkig het ek my steun alreeds onttrek na hul oorlog teen Afrikaans. Die laaste strooi was toe hulle ons kultuurerfenis boeke vir verpulping gestuur het. Hierdie eens trotse universiteit raak nou ‘n klein agterlike community college wie se pepiere minder waarde as ‘n N1 sertifikaat beteken.

Michael ·

kan die standbeelde praat se hulle goed wat sekere mense pla. Liewe vader Jan ek stem saam jou hos belaglik!!!!

Wessel ·

En so verander als,. Nou is President M. T Steyn kamstig die vader van apartheid. Bid jou aan. Mens kan nie glo die jeug is so oningelig nie! Die aanslae teen ons standbeelde sal voortduur. Ek dink dis beter om hom te verskuif na sy geboorteplek naby Winburg by die monument. Hy was my oupagrootjie se broer gewees.

Nettie ·

Ek dink alle standbeelde wat vir die blanke, Afrikaanssprekende Suid-Afrikanervolk van geskiedkundige- en kulturele belang is, moet maar eerder verwyder word en geplaas word op ‘n stuk grond, wat deur blanke, Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners gekoop is, waar mense wat in die geskiedenis en kultuur van die blanker Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner belangstel, dit na vrye wil en genieting kan gaan bekyk en waardeer. Laat die swart massas maar aangaan – eendag, dalk nie in die so-verre toekoms nie – gaan hulle hul dinges sien en besef, soos Zimbabwe amper te laat besef het, dat hulle nie sonder die blanke KÁN nie, al wíl hulle ook!

Oningelig ·

Wessel, die jeug is nie oningelig (soos almal dink nie). Hierdie is nou net weer ‘n voorbeeld van ‘n georkestreerde aanval. As jy ‘n hond wil slaan, sal jy altyd ‘n stok soek…

André ·

Indien die bestuur dan nou glo in “inklusiwiteit” en die erkenning van almal se taal en kultuur, WAAROM moet een groep se erfenis dan verwyder word??! Indien ‘n standbeeld (wie meeste van die wat beswaar maak nie eens weet wie hy was nie) jou soveel aanstoot gee, het jy verseker iewers ‘n skroef los.

Inklusiwiteit ·

André, die vraag is: HOEKOM, na hoeveel jaar van ‘n demokratiese SA, het dit nou eweskielik op die universiteit se radar gekom om ALMAL erkenning te gee vir hul taal en kultuur. Verstaan ek dan die woord ALMAL verkeerd, of word dit net op sekere mense toegepas.

Maria ·

Los die standbeeld net daar…magtig geld en tyd mors om te redeneer oor n stanbeeld… jul is by die universiteit om te leer…wat n voorreg wat ek self sou wou gehad het…dit is nie jou reg om verder te kan gaan leer nie n verdomde voorreg…as jy wil redekabel oor n standbeeld en hoe een volk nie n ander volk die son oor hul wil toe laat om te skyn nie ek sal dan in jou plek gaan leer , want my enkelouer ma was te arm en kon ons nie stuur vir verdere studies nie

Casper Labuschagne ·

Dit gaan eenvoudig daaroor dat ‘n nuwe geslag nou vergelding vereis teenoor die wit minderheid.

Kwalik ·

Dit is te verstane dat sekere groepe in die land sukkel om aan te beweeg (van beide kante af). Nietemin, die manier waarop hierdie goed “reggestel” word, kan ek ongelukkig nie mee saamstem nie.

LOBBIE ·

ja bollie mens kan hulle kwalik neem . nie alle standbeelde het enigiets met APARTHEID te doen gehad nie .. hoe word skrywers en digters en akademici se standbeelde ook nou aangeval.. en MT STEYN het niks met apartheid te doen gehad nie, hy het gesterf VOORDAT apartheid ingestel is . so HOE kan hy apartheid verteenworodig ?? JA EK KAN HULLE KWALIK NEEM . want dit word vervang met ANC HEROES wat my ook nie verteenwoordig nie … meestal moordenaars.

HPV ·

MT Seyn se nagedagtenis verdien in elk geval beter as om by so ‘n instansie uitgestal te word. Skuif dit asseblief, dit behoort nie ‘n sekonde langer daar te staan nie.

ONTTREK ·

Al die OU standbeelde word met nuwe (vreemde) se standbeelde vervang. SO VREEMD dat die ou bedeling se standbeelde ‘rassisties’ was en aan ‘apartheid’ herinner terwyl deesdae se standbeelde van mense wat OOK NIE almal in SA verteenwoordig nie en NIE alle partye verteenwoordig nie, en soms met DUISTERE VERLEDES sit aanvaarbaar is .. en in ons kele afgedruk word .. doen dan weg met ALLE STANDBEELDE ..

White Rhino ·

Hulle gaan seker die ‘koningin” winnie daar opsit.

marous ·

Daar word juis konfrontasie gesoek met hierdie tipe dinge . Laat Afriforum die standbeeld asook alle literatuur van welke aard wat enigsins ‘n Afrikaanse agtergrond het self verwyder. Dit sluit tot die meubels in wat met Afrikaanse geld betaal is. Skenk dit vir ‘n Universiteit in Vlaandere of Belgie en laat dit behoue bly.

Koos ·

Daar is beter planne!
Vra mooi dan sal FW de Klerk, Roelf Meyer en nog vele ander uitstekende onderhandelaars, dadelik kom help om die standbeeld se posisie te beskerm.
Bewyse van hul suksesse is oral in die land te sien.
Moet asb nie daarmee uitstel nie.

Vrystaat ·

Smaak my hierdie universiteit is definitief nie die universiteit van die VRYstaat nie. Sekere groepe het geen sê meer oor hul kultuur nie.

Johan. H. ·

Ek verwag nie baie van die bestuur nie,, So dof soos hulle vorige pres, en al die skelms wat nou uit die boks val. Nerens skok niks meer my in die land nie,, Pres D. Trump sien sommer vooruit nou wil die lot hom nog reg bewys,, Shame!!

Jan ·

Kan die standbeeld asiel kry in Australie? Daar sal dit veilig wees! Suid-Afrika is nou ‘n hool. (Trump)

Oom Kalahari ·

So word elke standbeeld van die blanke Afrikaner verwyder en word dit almal kwansuis met Apartheid gekoppel. En dan die ou Swanesang van in belang van transformasie dan kom ‘terroriste beeld op. Dalk is die standbeeld plek gereserveer vir die nuwe Ikoon, Godin en Mama van die land wat ontslape is. Daar moet darem nog paar strate in dorpe volg, museums, dorps naam, Skole/Kolleges/Universiteite, Winkel Sentrums ens. So ook Dunlop tyres.

Eddie de Jager ·

Pres. Steyn kan nie in dieselfde lug gesien word as byvoorbeeld Rhodes wie se beeld voor die UCT verwyder is nie. Nie alle ou standbeelde is vir dieselfde rede opgerig nie. As die UVS maar net weet wat Pres. M.T. Steyn vir onderwys gedoen het na die Tweede Vryheidsoorlog ( Anglo Boereoorlog ) sal hulle besef dat hy alles behalwe ‘n negatiewe beeld uit straat. As die huidige establishment maar net ‘n kwart doen wat hy gedoen het sal dit meer bydrae as om dié standbeeld te verwyder. Die redes vir die verwydering is blatante politieke propaganda.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.