M1 tydelik gesluit vir reinigingseremonie

Foto: Netcare 911

Die brug kort nadat dit ineengestort het. Foto: Netcare 911

ʼn Gedeelte van die M1-snelweg naby die Grayston-afrit waar ʼn voetgangerbrug, wat nog in aanbou was, verlede maand ineengestort het, sal Vrydag vir ʼn kort rukkie gesluit wees vir ʼn reinigingseremonie.

Twee mense is dood en meer as 20 beseer toe die brug op 14 Oktober ineengestort het. Murray & Roberts was besig met die bou van die ‘Great Walk-brug’ toe dit ineengestort het.

Die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap het Donderdag gesê die departement van arbeid het hulle toestemming gegee om die konstruksie van die brug te hervat. “Voor die konstruksie kan voortgaan, is ʼn reiniging van die toneel gereël in samewerking met die Johannesburgse metropolisie (JMPD) se kapelaansdienste en plaaslike geloofsleiers,” het die agentskap gesê.

“Motoriste word in kennis gestel dat die M1-snelweg in ʼn noordelike en suidelike rigting van 10:00 tot 10:15 gesluit sal word sodat ʼn wydings- en reinigingseremonie by die ongelukstoneel kan plaasvind.”

Die JMPD sal die verkeer herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Maureen ·

Wag. Wat? Watse “reinigings seremonie”? Dan moet hulle elke pad, spoor weg en al die vervoer roetes “reinig” waar duisende mense alreeds gesterf het.

mira ·

Ek stem saam! Hierdie is nou weer ń nuwe een! My maggies wat van elke boer wat vermoor word. Elke ander ongeluk op ons paaie? Nee kyk nou het ek alles gehoor! Een of ander sangoma wat familie van iemand in die parlement is het gesien hier is nou weer ń gulde kans om geld te maak. Want ek kan jou belowe hierdie reinigingseremonie kom nie verniet nie.

Johan ·

Ek kan my net weer voorstel dis weer ‘n toordokter ritueel oproep van voorvaders (bose geeste). Mense hou op om die duiwel te aanbid met die tipe van dinge julle is besig om Jehova God se toorn te laat ontvlam . Keer terug na die Woord van God .

Piet Snot ·

Ek’s bevrees ek kan hier my kommentaar van elders herhaal:
Ons laat sulke dinge toe. Dan vra ons waarom reën dit nie?

Karel Kat ·

Seker n bees of twee kop afsny op die plek om hulle stupid geeste tevrede te stel .. Ongelooflik die twak wat hulle in glo

Elinette ·

Karel Kat, die moet maar seker lees …e…. bees KEEL afsny en nie KOP nie. Maar in elk geval: my reaksie was min of meer dieselfde: “WAT???!!?” ‘n Reinigingseremonie!!!! Twee mense het gesterf toe die tydelike “walkway”-struktuur meegegee het. En hoeveel Boere en Polisiemanne en -vroue is al vanjaar alleen vermoor? Hoeveel mense het in net vanjaar op die paaie gesterf? Kyk hier, nè, dié ding van klou aan hul tradisies, beeste slag, die seuns bos toe stuur vir inisiasie, die rietdans, geloof in die voorvaders en sangomas, maar ook aan die anderkant om ver-Westerd te wees, dit sal ek nooit, ooit, ooit verstaan nie. Eish, ja, met eish!

Charl Coetzee ·

En in Kaapstad word ‘n man wat bid op die bus geskors ….

Eliza-beth ·

Charl NET so – ek dink mense wat op fb is moet hieroor kla!

JWK ·

Kom ons probeer weer Maroela. Hoe kan Metro se Kapelaansdienste asook geloofsleiers by hierdie snert betrokke raak?

Peet Schabort ·

Geloofsvryheid JWK. Die verdraagsaamheid van andere se geloof. As ek die sekelmaan aanbid en sekere afleidings maak oor uit hoe die maan sit, dan moet dit verdra word.
Lekker land die van ons . . .

MM ·

Lekker bang daai mense kom hulle spook terwyl hulle besig is om te bou.

Illa ·

Dis eintlik lagwekkend. Ek het nou net gelees dat ‘n busbestuurder geskors is omdat hy vir sy passasiers gebid het. Nou lees ek ‘n hele hoofweg word gesluit vir gebed! Wow, Suid-Afrika – die land van uiterste tweestrydighede! Ons moet aanvaar, hierdie land is ‘n grap – ‘n verwronge grap, maar steeds ‘n grap. As my hart nie so seer was oor al die moorde en trauma wat ons burgers daagliks beleef nie, kon ek heel moontlik elke oggend uit my maag gelag het met die gedagte dat ek nog ‘n dag in hierdie bisarre stukkie van Afrika kan spandeer.

GES ·

Dit is baie interessant. As dit gaan oor die aanbidding van die voorvaders en rituele wat daarmee gepaard gaan mag dit op almal afgedwing word. Dit is dubbel standaarde uit die boek uit.

Rina Coetzer ·

Kan so ‘n reinigings seremonie nie ook maar gehou word vir die diknekke in ons regering nie?

maggie ·

‘n Busbestuurder van myciti word geskors en ‘n reinigingseremonie word gehou by die plek waar die brug inmekaar geval het? die kapelaan wat die seremonie lei het darem seker gemaak dat almal daar sy geloofsoortuiginge deel, of in watter denominasie is dit gehou? dit verstaan ek nie so lekker nie

Theresa ·

“For each his own”. Maar dan moet Mnr die Biddende Busbestuurder TERUG in sy pos!!

Dubbele standaarde ·

Die bus bestuurder mag nie bid nie, dan word hy gefire, maar die HELE highway word toegemaak vir ‘n ander geloofsoortuiging wat MOET plaasvind. Dis mos nou dubbele standaarde hierdie. Wat het hulle gesê, demokratiese land met baie mense met verskillende geloofsoortuigings – so hoekom moet hulle dan die snelweg vir ALMAL sluit om hul geloofsoortuiging uit te leef, maar iemand anders mag nie in die openbaar bid nie.

Eddie ·

Kom ek begin om te se wat n klomp narre hier teenwoordig is met die ding. Regtig!!!!!!!!! Ek kan nie glo dat hulle dit toelaat nie. As die Christen bid bid hy tot n lewende God. Nie die voorvaders wat hulle beskerm nie. Ai hierdie klomp is n joke. Sal maar nie weer daar ry nie weet nie hoe toor hulle die volgende brug nie.

Rooiman ·

Hulle moes vreeslik baie Handy Andy gebruik het vir daai stuk pad. Oi.

Zena ·

Rerig??!!! n reinigingseremonie op die M1??!! Wat van al die gewone burgers van SA wat n klein seremonie wil hou by die pad waar hul geliefdes gesterf het en n kruis opsit en dan word hul sodanig aangekla want volgens die regering is dit onwettig? Nou hoe verklaar jy dit? Ek kan dit eenvoudig net nie glo nie! Moet ek lag of n aar bars! iesh, ja ne!!!!!

Peet Schabort ·

Wanneer die projek(te) in die aanvangstadium is dan word daar gebid en dolos gegooi?
So nooit as te nimmer !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.