Ma (18) vas wat baba glo in straat agterlaat

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Die 18-jarige ma van ʼn baba wat sowat ʼn maand gelede alleen in ʼn straat agtergelaat is, het na vore gekom en is in hegtenis geneem.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is Donderdag vasgetrek sowat ʼn maand nadat sy glo die babaseuntjie alleen in die straat in die Caleb Motshabi-nedersetting in Bloemfontein gelaat het.

“Volgens polisierekords is die baba op 28 September deur ʼn paartjie wat huis toe gestap het van ʼn kuierplek af aangetref toe hulle ʼn baba hoor huil het. Hulle het ondersoek ingestel en op die baba afgekom,” het Hlubi gesê.

ʼn Saak van kinderverwaarlosing is aanhangig gemaak by die Kagisanong-polisiekantoor.

“Ná drie weke het die ma opgedaag by die Mangaung-polisiestasie en vir haar seuntjie kom vra. Sy het beweer sy het nie die kind alleen gelaat nie, maar hom vir ʼn ander kind [wat sy ken] gegee om na die baba se pa se familie te neem,” het Hlubi gesê.

Die baba is in ʼn plek van veiligheid geplaas.

Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sandy B ·

Jou verantwoordelikheidsin is voortreflik. Wil seker weer ner SASSA geld hê- min gepla oor die lewende wese wat sy in die lewe gebring het. Absoluut pateties!!!!

Piet ·

Nee jy is verseker verkeerd want as die kos skaars is los n dier sy kinders net daar. So wat se dit vir jou?

M ·

Wat van: Pa gooi ma en kind weg. Man verwaarloos ma van sy kind. Man verkrag vrou en gooi kind weg. Pa skotvry, los ma met baba…
En eintlik moet artikels soos dit lees:
Ouers verwaarloos baba. Ouers gooi kind weg.
Feminisme is vir sommige n vloekwoord, maar gelyke regte vir almal waarna ons moet streef – nie net in daad, maar selfs in taal.

Lizelda ·

Jammer M, maak nie saak wat die omstandighede vd ma was/is nie… Of die pa die ma verkrag, gelos, verwaarloos of mishandel het. Indien jy nie die kind wil he nie i.p.v. langs die pad los kan jy sekerlik die baba bd SAP los of bd baaste kliniek of toe sy swanger was na n kliniek toe gaan waar hulle die kind vd begin af sou vat vir aanneing. Nee, daar is GEEN verskoning vir wat die ma gedoen het nie.

Benniebez ·

Johanna en Ramkat jullr maak fout, in die diereryk gebeur dit dat n ma haar kinders kan verstoot. Skape, beeste, bokke, pandas, hase, swart bere en ook die cockoos (wat ander voëls kul om hulle kleintjies groot te maak)

Blommie ·

Dis nie dat hulle die ma pin point nie. Maar die baba was in die ma se sorg en dis hoekom sy toegesluit is vir kindermishandeling…
Want sy het haar verantwoordelikheid laat vaar om na daai kleintjie te kyk.
As jy nie n babatjie soek nie. Gee jou baba vir iemand wat met liefde sal omsien na jou babatjie. Hou OP ma’s beskerm wat te pateties of rugraatloos is, om hulle kinders te beskerm.

skerpioen ·

Ja altwee ouers is verantwoordelik, maar mammas dra die babas in hul moederskoot en hulle borste is gevul met die gesondste kossies vir n baba…daarom is mammas die versorgers en pappas die voorsieners. As pappa nie voorsien nie, gee dit nogsteeds nie die reg vir mammas om net ‘n kind alleen in die straat te los nie. Daar is iets soos die regte ding doen… wanneer mammas nie meer kan versorg nie moet sy die welsyn laat weet, dan help hulle. O ja… ek het vergeet om te sê EK IS N VROU EN ‘N MA.

Cornelia ·

Die samelewing is ‘n trotse bewys van gemeenskaplike betrok kenheid. En om alles te kroon is hierdie mamma self nog ‘n brose jongmens! Met die maat waarmee julle meet, sal julle gemeet word. Wil julle meer te wete hoor oor hoe my volkie kan spog met ‘n wêreldrekord van kindermishandeling? Waar was die stoere kampvegters van moederinstinkte toe! Swyg liewer soos toeka. Moenie sensasie soek vanaf ‘n hoë podium waarvan julle nie nodig het om in hierdie moeder se milieu ‘n dag lank te vertoef nie! Méér as net ‘n moeder!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.