ʼn 24-jarige ma van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is vandeesweek in hegtenis geneem nadat sy haar drie dae oue baba gedeeltelik begrawe het.
Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, sê die baba is vroeër vandeesweek deur lede van die publiek gevind.
Beetge sê die baba, wat steeds tekens van lewe getoon het, is na die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth geneem waar sy aansterk en goeie vordering maak.
Hy sê lede van die Kwadwesi-polisiestasie, wat gehelp het om die baba te red, het haar “Sindiswa” genoem wat Xhosa is vir “gered”.
Lt.kol. Singapphi Sijako, Kwadwesi-stasiebevelvoerder, sê hy is oorweldig deur oproepe van die publiek om skenkings aan die baba te maak of bloot navraag oor haar vordering te doen.
“Ons wil graag lede van ons gemeenskap bedank wat hulle harte vir dié jong vegtertjie oopgemaak het. Ons moet ook spesiaal dankie sê vir diegene wat gehelp het met die soeke na die ma van die kind,” het hy gesê.
Skenkings vir die klein Sindiswa kan by die Kwadwesi-polisiekantoor afgelaai word waarna dit aan maatskaplike werkers oorhandig sal word.
Die ma word onder meer aangekla van poging tot moord en sal Maandag in die New Brighton-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Sjoe,ek kan nie glo ‘n ma haat haar eie vlees en bloed so nie. Ek het gedink ‘n ma sal enigiets vir haar kind doen, omrede sy hom/haar so lief het. Skokkend!
Ek stem saam Hennie.
DAN VAT JY BABBA NA NAASTE POLISIE STASIE OF HOSPITAAL EN LOS BABBA DAAR!!!!!! ? Nie begrawe of dump nie want dis wreed, maak nie saak wat jou omstandighede is nie!!!!!!!!!!!!!
Elke dag iets erger…
Ek weet nie so mooi of ek sommer enige skenkings by ‘n polisiestasie sal los nie