Ma (24) vas ná sy baba lewend begrawe

Argieffoto

ʼn 24-jarige ma van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is vandeesweek in hegtenis geneem nadat sy haar drie dae oue baba gedeeltelik begrawe het.

Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, sê die baba is vroeër vandeesweek deur lede van die publiek gevind.

Beetge sê die baba, wat steeds tekens van lewe getoon het, is na die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth geneem waar sy aansterk en goeie vordering maak.

Hy sê lede van die Kwadwesi-polisiestasie, wat gehelp het om die baba te red, het haar “Sindiswa” genoem wat Xhosa is vir “gered”.

Lt.kol. Singapphi Sijako, Kwadwesi-stasiebevelvoerder, sê hy is oorweldig deur oproepe van die publiek om skenkings aan die baba te maak of bloot navraag oor haar vordering te doen.

“Ons wil graag lede van ons gemeenskap bedank wat hulle harte vir dié jong vegtertjie oopgemaak het. Ons moet ook spesiaal dankie sê vir diegene wat gehelp het met die soeke na die ma van die kind,” het hy gesê.

Skenkings vir die klein Sindiswa kan by die Kwadwesi-polisiekantoor afgelaai word waarna dit aan maatskaplike werkers oorhandig sal word.

Die ma word onder meer aangekla van poging tot moord en sal Maandag in die New Brighton-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

André ·

Sjoe,ek kan nie glo ‘n ma haat haar eie vlees en bloed so nie. Ek het gedink ‘n ma sal enigiets vir haar kind doen, omrede sy hom/haar so lief het. Skokkend!

Lee ·

DAN VAT JY BABBA NA NAASTE POLISIE STASIE OF HOSPITAAL EN LOS BABBA DAAR!!!!!! ? Nie begrawe of dump nie want dis wreed, maak nie saak wat jou omstandighede is nie!!!!!!!!!!!!!

Johan ·

Ek weet nie so mooi of ek sommer enige skenkings by ‘n polisiestasie sal los nie

Antjie ·

Ja nee, mag dalk nie hul weg na die arme baba vind nie. Wie sal tog nou weet wat is afgegee en wat is ontvang?

Sê maar net! ·

Die vrou ly aan erge depressie. Dis net soos waneer iemand sy eie lewe neem hul dink dis die enigste uiweg en oplossing. Ja sy moet boet vir wat sy aan die babatjie gedoen het. Die wat nie depressie ken nie sal nie weet wat in daardie persoon se kop aangaan voor die daat gepleeg is nie.

Juanita ·

Is dit regtig net poging tot moord as sy die kind daar gelos het om dood te gaan….? Ek dink nie net dit was n poging omrede iemand tot sy redding gekom het nie.

Daar is soveel mense wat nie kan kinders kry nie.

Ricky ·

Juanita, ek dink dis poging tot moord omdat die baba leef. Dit sou moord wees as sy daarin geslaag het om baba dood te maak. *Darem vreeeeeslik hartseer.*

Liezl ·

Ja dis verskriklik Juanita, ons smag na n ou babatjie en dan kan ek nie dit verstaan nie!!! Het al finansieel en emosioneel als probeer. Nou vertrou ons maar en glo vir n lyfie

Johanna Botha ·

Ek kannie glo wat ek hier lees nie …dis vreeslik !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.