Ma, 3-jarige sterf in botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Vrou en haar driejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend in ʼn botsing op die R44, naby Wellington in die Wes-Kaap, dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 02:00 na die toneel van ʼn botsing ontbied waar twee motors reg van voor gebots het.

“Nog ʼn ambulansdiens was reeds op die toneel en het die vrou begin behandel, maar sy is op die toneel dood verklaar. Die oorledene se twee kinders, twee seuntjies wat glo albei drie jaar oud is, is ook op die toneel gevind. Die een seuntjie het kritieke beserings opgedoen, terwyl die ander een lig beseer is.”

Volgens Meiring is die seuntjies na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, waar die een seuntjie aan sy beserings beswyk het. “Die pa van die seuntjies wat saam met sy gesin in die motor was en twee ander pasiënte, wat in die ander motor was, het minder ernstige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verder behandeling.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Charlotte ·

So hartseer….in n oogwink is n klei seuntjie wees agtergelaat…..my innige meegevoel…..hoop daar sal n pa of familie wees vir daardie kindjie!!!!

lynette ·

Charlotte, lees die tweede laaste paragraaf mooi Dan sal jy sien dat pa ook in botsing beseer is en behandel is.

Karla ·

Hoe gebeur dit, dat pa en ma, in 2 veskillende motors reg van voor bots? Ai is bitter hartseer!

REGINA ·

Lees die berig mooi, die een seuntjie EN sy pa het oorleef, hy is nie wees gelaat nie.

REGINA ·

Ek vermoed die berig is nie baie duidelik uiteengesit nie. Ek reken die pa was wel saam met sy vrou en twee seuntjies in een kar, en dat daar twee persone in die ander kar was. Maroela, die berig is verwarrend geskryf, julle laat dit klink of die pa saam met die twee ander persone in hul kar was, maar ek reken die pa was BY SY VROU en seuntjies in HUL EIE kar? Baie tragies wat gebeur get.

Karla ·

Dankie Regina ja nee dit klink vir my meer na sense as maroela se stellings!

Marius ·

Ja, berig is verwarrend.. Hoekom sê julle “die pa”? Of is dit die oorlede kindjie se pa?

Nico Strydom ·

Dagsê
Die berig is gewysig. Ons vra om verskoning indien dit verwarrend voorgekom het.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

mariaan ·

O dis baie tragies…ek wonder net wat maak mens daai tyd vd oggend met 2 klein kiddies op die pad???

Se maar net ·

Hi Marian dalk op pad met verlof of vir n naweek weg breek. Het jy nog nooit so vroeg ge ry om by n bestemming te kom sonder dat jy hoef te jaag nie. Die kinders slaap dan ook gewoondelik en die pad is normaalweg baie stiller. Meegevoel aan die famielie .

antoinette ·

Lees mooi die pa wat saam met sy seuntjies in die kar was en die 2 ander beseerdes was in die ander kar gewees.Niks fout met die nuus berig nie.

REGINA ·

Antoinette, dis duidelik jy het die berig eers gelees NADAT Maroela dit gewysig het, dit is nou meer duidelik beskryf dat die pa wel in dieselfde kar as sy vrou en kinders was. Voorheen het dit geklink of hy in die ANDER kar was! Dis toe reggestel deur Maroela. Vreeslike tragiese gebeure! Ek het al jare tevore besef mens moenie na sononder of voor ligdag reis nie, alles is net soveel meer van n risiko in die donker, maar alle mense dink nie eenders nie.

Tiger ·

Ai dis tragies!Ons innige meegevoel met die pa en seuntjie wat familie aan die dood moes afstaan.Ons het tot so 20 jaar gelede nog in die middel van die nag gery as ons met verlof gaan.Nou ry ons GLAD NIE na sononder of voor dagbreek nie.Dis lewens gevaarlik.’n Eenvoudige ding soos ‘n pap band waarvoor jy stilhou kan jou en jou familie se lewens kos deesdae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.