Ma, 3 kinders dood in huis aangetref

Argieffoto

’n Huiswerker het Maandagoggend ’n nare ontdekking gedoen toe sy by die werk opdaag.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in ʼn woonhuis in Cancerstraat in Witbank plaasgevind.

“’n Ma in haar 20’s is omstreeks 08:15 op die vloer van die slaapkamer en drie kinders, ’n seuntjie (5), ’n dogtertjie (9) en ’n sewe maande oue babaseuntjie, is in hul beddens dood aangetref,” het Meiring gesê.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin se huiswerker het by die huis opgedaag en gesien die huis is gesluit.

“Sy het toe na ʼn familielid gegaan wat glo ʼn sleutel vir die huis gehad het en toe die op die lyke afgekom,” het Sedibe verduidelik.

Meiring het gesê dit was duidelik dat die vrou en die drie kinders al ʼn geruime tyd dood was.

Sedibe het gesê die polisie kan nie in dié stadium bevestig wanneer die ma en kinders dood is nie. “Dit is definitief oornag of langer.”

Volgens Sedibe word vier geregtelike doodsondersoeke gedoen. “Die nadoodse ondersoeke sal bepaal wat die oorsaak van dood was,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Penelope ·

Dis verskriklik hartseer. Ek hoop dat die oorsaak van die gebeure gou uitgevind sal word. Baie sterkte aan die familie van die oorledenes.

LB ·

Ek vra myself elke dag waarom lees ek steeds die nuus… dit is asof alles en almal gek geword het en die effek daarvan kan ‘n mens aan jou lyf voel. Spanning en kommer oor almal vir wie jy omgee. Net een berig waar ‘n gesin saam dood aangetref word is al erg maar soveel berigte kom ooreen. nog ‘n moord, nog ‘n vreemde sterfte, nog mense wat doodgebrand word… wat nog en wanneer gaan alles weer normaal en kalm voel?

Ek stem ·

Jy is 100% reg. Ek het myself ook herhaalde maal afgevra hoekom lees ek nog die media. Dit is net moord en doodslag. Diefstal, korrupsie noem maar op die lys is lank. Ek weet nie van die ander lesers nie, maar al die negatiewe skrywe kom lê beslis op ‘n mens sê gemoed. Maar as ek my weer kan kry dan lees ek dit weer. Dit raak half verslawend ?

VanAfrika ·

So jonk en so baie kinders al, al klaar baie stress, was dit dalk n geval van moord en selfmoord

SkarrelKind ·

Dis tragies, foeitog. Mens kan nie op die stadium se wat die omstandighede is nie. Hulle kon ook iets geeet het, of iets soos ‘n gaslekkasie, ens. Gemene spel is nie bevestig nie. Ek hoop hulle vind gou uit en sterkte aan almal.

adriana ·

Waar is die man en pa van die kinders?
Daar word niks oor hom gese nie?
Woon hy nie daar nie?

Witbanker ·

Beste MM

In ons plaaslike koerant het hulle die vrou en kinders geïdentifiseer. Die ma is 31.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.