Die twee is verlede jaar in hegtenis geneem nadat die vrou glo haar dogter, toe 11 jaar oud, aan die boer verskaf het vir seksuele doeleindes. Die vrou het glo ook haar dogter gedwing om nog twee meisies vir die boer te “werf”.
Tsepo Ndwalaza, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê die man en vrou staan tereg op 28 aanklagte, waaronder seksuele uitbuiting van kinders en mensehandel met seksuele doeleindes.
“As deel van die pleitooreenkoms het die beskuldigdes versoek dat van die aanklagte teen hulle laat vaar word, maar die staatsaanklaer was nie gelukkig daarmee nie,” het Ndwalaza gesê. ʼn Pleitooreenkoms is wel bereik sonder dat enige aanklagte laat vaar is.
Die beskuldigdes verskyn Donderdag weer in die hof wanneer hulle na verwagting gevonnis sal word.
Pleitooreenkoms se gat. Hoe siek moet jy wees om sulke dinge aan jou kinders te doen????
Daardie arme kind/ers se lewens is verwoes. Doodstraf !!!
Ek stem!! Doodstraf ook vir die barbare wat hulle “gebruik” het!!!
‘n Klag moet teen die staat gele word. Wettelose land, met wettelose gevolge!
Hoekom het die ma nie vir die boer nannas gegee nie, of is ooivleis te taai en besluit op haar dogter wat sagte lamsvleis het. Bêre die 2 lank in aparte selle en laat die inmates met hul enjins werk.
Seker in die naam van nasie bou…ek hoop nie dis ook die regering se skuld nie en ek hoop solidarity gaan die saak nie so los nie. Dis immers ‘n Boer.
Wonder watse boer? Kan net dink!
Hulle sal seker weer nie die slegte ma se naam bekend maak nie, maar hoekom nie die boer nie?
Die boer is 60jarige William Martin Tindle Knoetze van Stutterheidm en die vrou 35jarige Nosiphiwo Jeremiah, wat sy huishulp was.
http://www.sapsjournalonline.gov.za/dynamic/journal_dynamic.aspx?…414...
Die pleitooreenkoms beteken daar is reeds ooreengekom op watter vonnis opgelê gaan word. Die beskuldigdes se straf gaan dus geen verrassing vir hulle wees nie. As die man met die elfjarige meisie seks gehad het is dit verkragting en is lewenslange gevangenisstraf gewoonlik sy voorland. Die pleitooreenkoms het waarskynlik dit omseil.
Ja ek stem ook saam die doodstraf is al wat vir hulle sal goed wees waat se ma doen soo iets aan n kluin kind
En hoekom sien mens nerens ‘n foto van die boer nie, ek verstaan hulle wys nie die ma om die kinders se identiteit te beskerm nie?