Ma, baba beseer toe woonplek vlam vat

Die woning waarin die ma en baba was. Foto: Rescue Care

ʼn 17-maande oue babaseun en sy ma, vermoedelik in haar vroeë 30’s, het ernstige beserings opgedoen toe ʼn brand Saterdag in hul woonplek suid van Durban uitgebreek het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die voorval het omstreeks 09:00 by ʼn woonplek in Burmaweg in Queensburgh plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel was die Durban-brandweer besig om die brand te bestry. Brandweermanne het die kind reeds uit die brandende gebou gered. Die ma het van die woonstel gespring in ʼn poging om van die vlamme weg te kom,” het Jamieson gesê.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die ma en haar baba het brandwonde opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na die RK Khan-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word ondersoek.

Die woning waarin die ma en baba was. Foto: Rescue Care

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.