Ma, baba deur vragmotor getref

Argieffoto

Argieffoto

’n Drie weke oue babaseuntjie en sy ma is Maandag in Durban deur ’n vragmotor raakgery.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die kritiek beseerde seun het in die pad gelê ná die ongeluk op die hoek van Bluff- en Edwin Swalesweg. “Die ma het in pyn langs haar kind gelê,” het hy gesê.

Die seun is deur paramedici op die toneel gestabiliseer en na die Nkosi Albert Luthuli-hospitaal geneem. Sy ma is ook na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.