’n Ma en haar 18 maande oue babaseuntjie is Donderdagoggend in die hospitaal opgeneem nadat hulle deur drie aanvallers in hul huis in Scottsville in KwaZulu-Natal oorval en aangerand is.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is nooddienste omstreeks 09:00 na die woning ontbied nadat die vrou en haar kind reeds in die vroeë oggendure aangerand is.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou en haar baba is deur onbekende verdagtes in die huis aangehou. Die ma is ook in die voorval vasgebind waarna die verdagtes met huishoudelike toestelle op die vlug geslaan het.
Die vrou, vermoedelik in haar 30’s, en haar kind het onderskeidelik ligte tot matige beserings in die voorval opgedoen en is per ambulans na ’n hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling, het Meiring gesê.
Dit is nie in dié stadium duidelik hoe die aanvallers toegang tot die huis verkry het nie.
Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Sjoe dis baie scary..hier in ons buurt.
Joh!! Hoe rand jy ñ 18maande oue baba aan?? Die kriminele het geen gevoel nie! Mag mamma en baba ten volle herstel!
Waarom word daar gesé dat dit net huisroof was. Wat van aanranding al is die ma en baba lig beseer. Is huisware dan belangriker as mense lewens???
Huisroof………….. Hmmmmm