Ma, baba in huis oorval, aangerand

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

’n Ma en haar 18 maande oue babaseuntjie is Donderdagoggend in die hospitaal opgeneem nadat hulle deur drie aanvallers in hul huis in Scottsville in KwaZulu-Natal oorval en aangerand is.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is nooddienste omstreeks 09:00 na die woning ontbied nadat die vrou en haar kind reeds in die vroeë oggendure aangerand is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou en haar baba is deur onbekende verdagtes in die huis aangehou. Die ma is ook in die voorval vasgebind waarna die verdagtes met huishoudelike toestelle op die vlug geslaan het.

Die vrou, vermoedelik in haar 30’s, en haar kind het onderskeidelik ligte tot matige beserings in die voorval opgedoen en is per ambulans na ’n hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling, het Meiring gesê.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoe die aanvallers toegang tot die huis verkry het nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

LD ·

Joh!! Hoe rand jy ñ 18maande oue baba aan?? Die kriminele het geen gevoel nie! Mag mamma en baba ten volle herstel!

Cheryl ·

Wil ek ook graag weet – geen gevoel vir niks of niemand nie, nie eers ‘n ou weerlose babatjie nie-Sterkte hoop julle herstel gou

Rohan ·

@LD, natuurlik word daar nie ‘n duit omgegee oor die arme babatjie nie. Hy/sy is die verkeerde kleur. Eintlik, is geen mens meer veilig in die land nie. Onthou Andile se uitspraak oor die kinders, diere en oumense wat as kompos gebruik sal word….

stella ·

Waarom word daar gesé dat dit net huisroof was. Wat van aanranding al is die ma en baba lig beseer. Is huisware dan belangriker as mense lewens???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.