Ma, baba se vermeende moordenaar ook op vrye voet

Chantelle Ash en haar babadogtertjie, Tasneem. (Foto: Facebook)

Die 29-jarige Mohammad Nassir, wat verdink word van die grumoorde op Chantelle Ash (20) en haar nege maande oue babadogtertjie, is een van vier mans wat in Limpopo uit polisieselle ontsnap het.

Die polisie in Mahwelereng buite Mokopane (Potgietersrus) het ʼn soektog van stapel gestuur ná die vier verhoorafwagtendes Sondagaand omstreeks 21:00 uit polisieselle ontsnap het, het brigadier Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die polisie is dadelik deur ander gevangenes in kennis gestel oor die ontsnapping. ʼn Soektog is dadelik van stapel gestuur. Die ondersoek oor die omstandighede van die ontsnapping het ook reeds begin.”

Mojapelo sê die verdagtes is in hegtenis geneem vir ernstige en gewelddadige misdade. “Die gemeenskap word dus versoek om hulle nie self aan te keer as hulle inligting bekom oor waar die persone hulself bevind nie. Kontak eerder dadelik die polisie.”

Maroela Media het vroeër berig Ash en haar dogtertjie, Tasneem, se lyke is in Januarie in ʼn kamer van ʼn lodge naby Mokopane aangetref nadat hulle twee dae tevore saam met Nassir daar oornag het. Hul hande was agter hul rûe vasgebind en hulle is vermoedelik verwurg.

Nassier is aangekeer ná ʼn deeglike ondersoek deur die polisie en sy foto wyd op sosialemedianetwerke versprei is.

Die verhoorafwagtendes wat uit aanhouding ontsnap het, is:

▪ Mohammed Nassir (29) van Bangladesj
▪Stanley Chiteya (38) van Zimbabwe wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn sakerooftog wat in November 2020 plaasgevind het
▪Dexter Tinashe (26) van Zimbabwe wat ook in hegtenis geneem is in verband met ʼn sakerooftog wat in November 2020 plaasgevind het
▪Joseph Hlongwane (37) van Suid-Afrika wat in hegtenis geneem is in verband met huisroof en verkragting in September 2021
Die polisie se ondersoek duur voort. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte lt.kol. Sekanka kontak by 082 565 8505.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eerlik ·

Wonder hoe lank dit die polisie sou neem om self uit te vind dat die lot ontsnap het as ander gevangenis hulle nie in kennis gestel het nie!

JM ·

Die Vader Alleen weet, ons word verswelg deur misdaad! Moorde, verkragtings, rooftogte, leuens, diefstal m, ontsnappings en so gaan dit aan. Goeie nuus is so raar dat ons dit nie kan glo nie. Geen wonder nie dat soveel mense moedeloos en depressief is!

Frank ·

Sou dink die SAP neem so bietjie beter kwaliteit fotos indien jy in hegtenis geneem word…. Kyk Dexter s’n!

Niklaas ·

SAP kameras kan nie gevind word nie. Selfoon fotos sal help

Strandloper ·

Hoe ontsnap mens uit n poliesie sel??? Net as iemand dit oop sluit !

Cherokee ·

Australië was toeka se jare ‘n tronk. Dit kan maar Suid Afrika se status word.

Peach ·

Gaan soek hulle in Zimbabwe want, twee is van daar. Suid Afrika het ‘n paradys vir misdadigers van orals geword.

Hasie ·

Hoe ontsnap mens uit aanhouding …en die polisie nie eers bewus daarvan nie ? Hul was sekker op tee se tee se lunch se teetyd.!?

Swerwer ·

Dit bly net altyd vir my ‘n vraag hoe kan gevangenis in ‘n sel ontsnap. Dit sal nooit stop voor daar nie weer behoorlik beheer geneem word deur Bevoegde persone nie.

Niklaas ·

En daai Nazir knaap is veilig in Bangladesj . Stanley en Dexter is in Zimbawe en het sommer vir Joseph saamgeneem. Volgende maand is hul weer hier. Lekker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.