Ma beken glo moord op haar dogter

Michelle Koekemoer. Foto: Facebook

Michelle Koekemoer. Foto: Facebook

Die ma van Michelle Koekemoer, die negejarige meisie wat in Junie dood aangetref is in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark, het glo aan die polisie erken sy het haar dogter vermoor.

Sers. Gertrude Makhale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Soniya Koekemoer (34) is Vrydag in hegtenis geneem nadat sy skuld beken het. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon Michelle is verwurg.

Maroela Media het vroeër berig Michelle se liggaam is op 10 Junie in haar bed in haar slaapkamer gevind. Soniya het aanvanklik beweer sy het wakker geword met ʼn tou om haar nek en dadelik na haar dogter se kamer gegaan. Sy het gesê sy het Michelle se liggaam op haar bed aangetref, ook met ʼn tou om haar nek.

Soniya is kort daarna in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes dagga in die woonstel gevind het, maar die aanklag is later weer teruggetrek.

Sy het Maandag in ʼn hof in Vanderbijlpark verskyn op aanklag van moord. Die saak is uitgestel en sy sal in polisie-aanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Ronelle Nortje ·

Hoe op dees aarde in jou verstand as Moeder maak jy jou eie bloed dood,gelukkig het haar gewete haar gepla,maar dis n geskenk vir jou gegee deer ons Hemelse Vader om grt te maak tot Hy hle eendag weer kom haal,nou doen sy dit sommer self,wens jou net die ergste toe,want glo my jou gewete gaan jou pla,op verjaarsdae en kersfees en moedersdag,in die tronk moet hle nie simpatie met jou he nie,sies man

rudi ·

Dagga! En dan sal die dwelm gebruikers jou vertel dit hou nie skade in nie.

treurgrond ·

Treurgrond is net die naam – dit is ‘n Treurgrond waarop ons bly. Liewe Jesus ek vertrou U het vir Michelle Koekemoer in U arms my Jesus. Ek kan net nie dink aan die trauma waardeur Michelle gegaan het nie. Hoe kan ‘n ma net haar kind vermoor hoe Jesus, maar waar sy nou is is sy veilig veilig veilig. Amen

Mielie ·

Afskuwelik…….hoe het Sy dit oor haar hart gekry. So onmenslik. Net een pad vir haar.

Ella ·

Liewe Vader, sit asb net ‘n wag voor my mond oor wat ek van die “MA” dink…

Natasha ·

Dis ondenkbaar dat n moeder haar eie dogter om die lewe bring! Wat gaan aan in die wereld? Is n lewe dan niks meer werd nie?

Gerda Erasmus ·

Kan ‘n ma so ongenaakbaar wees – sy was in jou moederskoot vir 9 maande…… dit is hartseer!

Ansie ·

En dan huil sy en sak inmekaar by begrafnis. Skuldige gewete gewees niks anders nie.

peter ·

Jy is ‘n skande en die naam moeder nie werd nie! Mag jy altyd verag word want selfs nadat jy haar vermoor het, het jy rustig in jou eie bed gaan klim om later op te staan en die ‘ontdekking’ te maak. Liewe hemel, dit gebeur nie eens in die diereryk nie.
Mag vergiffenis van jou ontneem word soos jou prag kind se toekoms!

Lelanie ·

Ag nee!!! Rus sal engel :-( jou mamma was verseker nie lief vir jou nie anders sou sy jou nooit seergemaak het nie!!!

Reinette ·

As sy nog kinders het, behoort die welsyn hul dadelik uit haar sorg te verwyder. As sy nog kinders sou he, moet die welsyn hul ook verwyder.

Die dogtertjie se ma het haar vermoor… ek wonder of sy voorheen mishandel ook is?

valdy ·

N vrou wat hulle ken se die ma het gereeld die kind onodig geklap dis op news 24.

Lida ·

Sy moet onmiddellik gesterliseer word. Sy MAG NOOIT WEER ‘N KIND Hê NIE.

Joann ·

Hoe op dees aarde kan n ma dit doen????? Sy is slegter as n dier,diere doen dit nie. Bere haar diep en laaaaaaank weg.

Columbiana ·

Wat ‘n tragedie. Rus sag jong siel. Mag jou mamma nooit rus vir haar siel kry nie.

Hanneli ·

As sy mishandel was, is sy dalk beter af nou waar niemand haar meer kan seermaak nie. Mens word nooit regtig heel van mishandeling nie, en daar hang ‘n skadu selfs oor jou gelukkige oomblikke. Rus sag kleintjie, jy was pragtig xx

Veritas ·

Weet nie hoe om my self uit te druk sonder ‘n rits vloekwoorde nie. Ek het self al lus gevoel om my twee seuntjies nek om te draai. Die twee is nou al in hul dertigs en hul pa se trots. Om kinders te hê is ‘n voorreg en nie ‘n reg nie. Hoeveel kinderlose egpare sou wat wou gee om die meisietjie te kon hê. Plaas dat die skuim eerder die kind verkoop het aan een van hulle. Die kind sou gelukkig wees, die nuwe ouers in ekstase en die moordenares sou genoeg geld gehad het vir haar dwelms.

Columbiana ·

My kommentaar is duidelik te harsh en is verwyder so kom ons vervang dit dan nou maar met:

Matthew 18:6 – But whoso shall offend one of these little ones which believe in me, it were better for him that a millstone were hanged about his neck, and [that] he were drowned in the depth of the sea.

Peet J ·

Ek kan onthou daar was mos dagga in die huis gevind en dit veroorsaak mos ‘n bedwelmende uiwerking as ‘n mens dit gebruik. Dit is jammer dat sekere van die vroulike geslagte so wreedaardig kan optree, dink maar aan die ongebore babas wat op vuillis hope beland en dit word maar net gelate aanvaar.

Elsie ·

Dit is sulke gevalle wat ek sê die doodstraf moet terug. Sy verdien dit. Wit, swart enige ras maak nie saak nie, hulle moet boet vir wat hulle doen VERAL aan weerlose kinders!!!

aletta ·

Ek stem in so n geval moet die doodstraf terugkom.
Maar dan staan ons ook in die gevaar om die doodstraf te kry as ons , ons self moet verdedig!
Sy moet maar lank gaan sit. Sies in my groot word jare was dagga iets verskriklik!! Nou hoor ek dis niks, bekendes rook dit ook!
Rus sag my liewe kindjie by Liewe Jesus Weg van die wereld se gemors, en jou wrede ma!

Uiltjie ·

Ek voel ook seer, maar ek beset die oordeel, kom my nie toe nie. Ek glo dat God haar na Sy oordeel sal straf, nie soos ons dit wil he nie. En onthou :
Hy ontferm Hom oor wie Hy wil…

Uiltjie ·

Ek voel ook seer, maar ek beset die oordeel, kom my nie toe nie. Ek glo dat God haar na Sy oordeel sal straf, nie soos ons dit wil he nie. En onthou :
Hy ontferm Hom oor wie Hy wil…

Kernoorsaak ·

Die kernoorsaak van baie misdaad en moorde in die land is omdat ons samelewing te sleg geword het om misdadigers op hul plek te sit en te veel te vergewe. Ons sien nie eers meer dwelms as te veel van n probleem nie en aanvaar die handelaars in ons midde. Sulke mense moet nie aanvaar word nie maar ten sterkste uit ons samelewing verdryf word, dit is al wanneer ons weer in vrede sal leef. Ons moet nie meer sag wees teenoor mense wat verkeerde dinge doen nie.

MY OPINIE ·

Hoe kan jy as ma jou eie kind verwurg dan by die oop graffie staan en maak asof jy die slagoffer is.Hoe het jy daai kleine lyfie bekyk en gesien hoe die beweging min raak stil raak terwyl jy jou eie bloed een waaraan jy lewe geskenk het se lewe neem. SIES!!!!!! Ek voel klaar soos n hond as ek met my 3 kindertjies baklei (die oudste is al in die hoërskool). Ek huil saam as een van hulle siek is of seer kry of n teleurstelling beleef. Jy Sleg mens wat nie n ma kan genoem word nie neem so n mensie se lewe. SIES jy moet hang in die publiek daar waar mense kan sien hoe lyk n kinder moordenaar.

sj ·

Net die saterdag na die kind se begrafnis sien en lees ek in die koerant van die ma wat vlou geword het en gehuil het. Ai mens kan sien hoe goed party mense kan rol speel. Sies vir haar dat sy haar eie kind so dood maak en net maak asof sy hartseer is oor die situasie eka glo sy voel skuldig ma eka meen sy kon haar woede of pyn op its ander uithaal nie om haar kind wat sy vir 9 maande gedra het nie en nog voor gese het sys lief vir haar nie. Dis haar eie bloed wat sy so dood maak sy behoort nie in die samelewing nie.

Ockert Meyer ·

Baie hartseer keer dit nie goed nie __ het iemand iets gedoen om uit die moeder te help want sy het hulp nodig gehad. Daar is so baie hartseer gevalle wat ons van weet. MAAR doen ons iets behalwe om klippe te gooi?

Jammer ·

Jammer, maar maak nie saak deur wat se probleme sy gegaan het nie, sy kon haar kind weggegee het, iewers afgelaai het, ek weet party vroue het meer uitdagings, maar om jou kind te vermoor jammer daar is makliker oplossings en sy het dit geweet, ek sal my nie verbaas as sy juis die dogtertjie wie sy duidelik nie wou he nie, net gehou het om mense te misbruik vir geld vir dwelms. Ek is jammer sy moet geen mense reg kry nie, sy het n onskuldige kind vir 9 jaar dit ontneem en nou nog reg om te lewe ook! Vir almal wat van haar mishandeling geweet het en niks gedoen het nie, hoop jul kan met jul gewete saamleef.

Jeanne ·

Neewat, nie almal wat hulp nodig het vermoor hulle dogtertjies nie, hierdie saak het in elk geval ‘n aanloop gehad, as ek lees van vorige insidente. Daar was vorige mishandeling, waar was die Maatskaplike Werkers toe gewees? Maar nee, die biologiese ouer sit altyd met al die regte, tot hulle die kinders doodmaak, dan is almal se oë vreeslik groot. As sy dagga gebruik het, is dit nog minder aanvaarbaar, nog nooit was dit ‘n verskoning om dagga te gebruik, jou kind te vermoor en te lieg daaroor nie. Hoop hulle bere haar vir ewig!

Lucille ·

Mag die HERE jou vergewe. Dit is siek verby hoe doen n ma dit aan haar eie vlees en bloed. Nou sal sy seker mal pleit of dwelms die skuld gee. SIES DIS LAAG. Michelle rus in vrede in LIEWE JESUS se arms pop wat moes jy nie deur gaan al die seer wie weet wat sy nog aan daai arme kind gedoen het deur die jare. JY SONIYA VERDIEN DOODSTRAF SIES

Lucille ·

Adele, dis baie waar wat jy se daai vrou verdien die doodstraf

Regtig sad ·

Regtig sad dat jy jou eie kind se lewe neem, maak nie saak hoe ek aan dit dink nie, ek kan geen versagtende gedagte kry nie, ek kan nie jammer voel vir die Ma nie. Poppie dalk is jy beter af waar jy is. Rus in vrede klein mensie

bernadine ·

Ek hoop elke sekond wat jy jou oe toemaak sal jy daai rukkie oor en oor beleef. En dan mors die staat nog geld op regskostes en belasting betalers se geld op jou? Bring die doodstraf terug of beter, gee haar vir die publiek. Ons is moeg verby dat weerlose, onskuldige kinders seergemaak word. En sorry, al was ma mishandel as kind is dit geen rede om dit as n verskoning te gebruik nie. Elkeen van ons het n brein wat ons self kan besluit wat reg en verkeerd is. Mense soos jy vat my bloed tot verby kookpunt. Mag jy lank lewe en jou dae he’ll wees. Hoop hulle mishandel jou in die tronk, jy verdien dit.

Al waar ek verskil ·

Al waar ek verskil is dat sy asb nie lank lewe, ek wil haar so gou vergeet, monster. Verder as sy te veel aandag kry, sien ander sleg lae klas dit as helde verering en doen dit na. Presies wat in massamoorde gebeur op die oomblik!

Sê maar net! ·

Ek het op dag een toe ek die berig lees gesê dis die ma. Al die bewyse was so ooglopend. Ek weet regtig nie hoe die SAP dit nie raaksien en ondersoek nie. Presies dieselfde met die De Salze moorde en Panayoutiou se moord. Die newyse is ooglopend maar die polisie vat hul tyd met die ondersoek. Toe ek n SAP lid was was ons geleer “strike the iron while it is still hot” . Maar nou ja dis nie ek nie. Sterkte aan die ma. Hoop sy kan met haar gewete saamleef.

my opinie ·

Ek stem. Dis te maklik. Die doodstraf moet teruggebring word. Sien hoe verminder die moorde dan.!!

Johanna Botha ·

Party mense verdien nie om ouers te wees nie ….sommige kinders word groot met geen waardes of respek nie ..nie eers vir hulleself nie wat nog van ander. Nou wil ons he mense moet nie rommel strooi nie ..dis net so belaglik en werelde van mekaar. Om welgesteld te wees gee jou nie waardes of respek vir ander nie …mens kry ryk varke ook !

Derick ·

Julle almal gooi klippe na hierdie vrou toe… Nie ern van julle ken haar of haar geskiedenis nie… Ek keur glad nie goed wat gebeur het nie, maar vir julle almal om haar hierdie goed toe te wens is onmenslik… Jy wat se diere doen dit nie mort maar weer gaan naslaan werk doen… Ja wat gebeur het is verkeerd, wie se haar trane is nie eg nie??? Wie se sy het nie berou oor wat gebeur het nie??? Wie se sy was nie lief vir haar kind nie??? Moenie mense oordeel as julle nie weet waardeur die persoon is nie…

Ken ·

Daar is nooit n goeie rede om jou of enige ander kind te vermoor nie, so ek oordeel uit goeie waardes.

Nee nee nee ·

Nee asb, moenie se jy keur nie goed wat sy gedoen het en verdedig haar met ons ken nie haar of omstandighede. Maklik AS JY SUKKEL EN N KIND NIE KAN GROOTMAAK OF NIE WEET HOE,LAAI JOU KIND BY N KERK / SKOOL/ KANTOOR/ HOSPITAAL/ENIGE FLIPPEN PLEK AF ,regtig JY HOEF NIE TE SUKKEL AS DAAR NOG VAN JULLE IS, MOENIE WORRY ONS SAL JUL VAN DIE MEULSTEEN VERLOS, MOENIE DIE KIND BLAMEER, AANRAND OF VERMOOR, DAAR IS ALTYD N OPLOSSING!

Lynette B ·

Jy sal eendag geoordeel word aan die mate waarmee jy ander oordeel. Sies? vir mense wat die swykende hond nog ‘n keer skop. Smeek eerder vir genade vir jouself.

Ek kan nie ·

Ek kan nie ophou kwaad wees vir die Ma nie! Sy is volwasse en kan haarself help, verdedig. Se my asb wat se kanse het n onskuldige 9 jarige kind teen so monster gehad, gereelde aanranding, jammer daar is GEEN VERSKONING vir dit nie, daar is makliker maniere as jy iets nie wil he,ongelukkig weet n mishandelde 9 jarige dit nie, maar die Ma het geweet, maar nee hou haar, sy is my goue eend in my slegte dade.

charlene ·

Lynette. Ok ek sal eendag geoordeel owrd omdat ek soos `n matroos vloek, omdat ek soms gelieg het, sure dis ok. Ek weet presies wat ek verkeerd doen, sê meer as gereeld jammer vir my foute. MAAR ek sal nooit, nooit my eie kind vermoor, of nog minder `n vreemdeling se kind vermoor. Dit is `n kind wat vermoor is deur haar eie ma, en jy verwag die mense moet maar smile en sê öoh ok” dis normaal om boos te wees en te wens die ma kry hel op aarde! Dis `n normale gevoel, vir as jy dit gemis het. Om die moordenaar te verdedig want äai shame, die arme ding het haar eie kind vermoor”- dis nie normaal nie. Lees die vorige berig oor hoe sy gelieg het, hoeveel mense het haar toe jammer gekry (ek was een van hulle) – baie mense het klaar geweet iets is nie pluis nie. Sy is nie die woord vrou of ma werd nie.

judy-anne ·

Dagga het absoluut niks hier met enige iets te doen nie kry julle feite reg anders lyk jy net stupid. Sy het haar kind vermoor en geen genoeg dagga alleen gaan jou ooit sulke dinge laat doen nie.

LS ·

Rus in vrede Michelle, jy is nou veilig en niemand kan jou meer seer maak nie.

Hana ·

Ons afrikaaners en blankes is ook maar nie die slimste nie, Ons wag nou nie eers meer vir die staat en mede volksgenote om ons uit te moor nie, ons doen dit sommer self. Ai tog as dit nie jong mense is wat mekaar voor n kroeg dood skop nie, dan is dit ma’s/pa’s wat hulle kinders dood maak. Treur-grond inderdeaad.

char ·

Hana, nader aan die waarheid kan dit nie. Ons staan nie saam nie, nee ons vermoor mekaar liewers uit. Maar ek glo vas `n mens moet erg “nie lekker wees daar bo” as jy jou eie kind se lewe kan neem. GEEN mens het die reg om `n ander mens se lewe te neem. Wens net al ons mense kan dit so sien.

E.K. ·

Liewe kindjie rus sag – jy is beter af as by so ‘n ma. Hartseer, maar die waarheid

karen ·

Ek glo Soniya sal alles kry wat sy verdien in oorvloed… daarom gaan ek haar nie veroordeel nie. Die lewe het my geleer wat jy uitdeel moet jy kan ontvang ook. Ander noem dit karma. Le op die bed wat jy vir jouself opgemaak het. My Vader se oordeel kom vir elkeen van ons.

Eliska ·

Ektvan die begin af vermoed hierdie storie klink vreemd. En die kamstige buurman wat ook betrokke was….wat af “ondertoe moes stap om airtime te gaan koop om die polisie te bel”…. Jy’t nie airtime nodig om noodnommers te bel nie!!!!! Ek dink hulle moet bietjie meer ondersoek instel…. En Jesus roep die kindertjies, moet hul nie verhinder nie, Hy het haar omhels en sy is nou beslis op ñ baie beter Plek!!!!

charlene ·

Maroela ek kan onthou die julle die berig geplaas het, hoe baie mense die ma dadelik verdink het, ek nou weer in my onkunde het geglo dalk praat die ma die waarheid want hoe kan `n ma haar eie dogter vermoor, haar eie vlees en bloed……. hoe?????
Dis baie hartseer om dit te lees maar ek hoop, en bid en glo die ma word hard gestraf, nie net duer die gereg nie maar in die tronk en mag sy daarna in hel brand, want so `n ma verdien niks beters as hel, mag haar gewete haar mal maak (alhoewel daar duidelik nie iets lekkers is nie). ek verstaan regtig waar nie, hoe nie. Dankie tog die hemel is `n plek vir klein kindertjies. Mag haar siel in vrede rus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.