Ma bid glo, slaan toe baba dood

(Argieffoto)

ʼn 42-jarige ma van Limpopo het Dinsdag in die rondgaande hof in Tshaulu verskyn in verband met die moord op haar 11 maande oue babaseuntjie.

Mutavhatsindi Ndishavhani van die Halambani Tswinganani-nedersetting is Sondag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn maand gelede haar babaseuntjie vermoor het.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, het die ma na bewering haarself en haar baba op 20 Julie in die huis toegesluit. Sy het glo gebid en daarna die baba doodgeslaan.

“Gemeenskapslede het die baba se gehuil gehoor en in die huis probeer instorm. Toe hulle besef die deur is gesluit, het hulle die deur afgebreek en die erg beseerde baba uit die ma se arms gepluk,” bevestig Malabi-Dzhangi.

“Die baba is na ʼn kliniek in die nedersetting gehaas, maar is met sy aankoms daar dood verklaar.”

Ndishavhani sal na verwagting weer op 31 Augustus in die hof verskyn. Sy is verwys vir psigiatriese waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marlene ·

Ek het nie woorde nie, eintlik ja, BAIE, maar ek mag dit nie sê nie!
RIV kleine mensie

Venessa ·

Dis baie hartseer. Ek verstaan die term – ander see boeke is duister…

Blomme ·

Agge nee. Die arme bloedjie het seker nie dit verdien nie.

Misky ·

My hart bloei vir die arme kindjie en soveel ander wat ook so behandel word. God slaap nie.

Chris ·

Met alle respek hoekom gebeur sulke goed dan? Jou oeroue gesegde maak geen sin nie.

Lourens CFG ·

Onthou, Hy het elke liewe mens volle, vrye keuse gegee om te volg wie ons WIL volg, en Hy gaan niemand forseer om Hom te volg nie.
So, as iemand die ander een volg en ‘n onskuldige baba/kind/mens seer/dood maak, kry Hy seer ja, en ontvang die onskuldige baba in Sy Hande met ewige liefde.
Met liefde gesê. Wees geseënd.

Thom ·

So , ” daar sal nie ‘n haar van hoof afval nie ” bly twak .

Retha ·

Godslasteraars. God slaap nie en pasop maar vir Sy oordeelsdag

Pitbul ·

Die probleem lê by sekere kulture se voor vader geeste. Die integriteit en logiese vermoë om rasioneel te dink ontbreek en dit is hart verskerend. Bitter jammer vir die kind en die ma ma wat tot die daad oor gegaan het.

jou gewete ·

die ma het gebid en toe di kind doodgeslaan. wonder tot wie was gebid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.