Ma brand dood, seun kritiek ná kar vlamvat

Die wrak van die voertuig. Foto: ER24

Die wrak van die voertuig. Foto: ER24

ʼn Ma is dood en haar 20-jarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hul voertuig Donderdagaand op die pad tussen Fochville en Potchefstroom gerol en aan die brand geslaan het.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die N12 plaasgevind. “Die brandweer is aanvanklik ontbied nadat iemand ʼn veldbrand aangemeld het,” het Majija gesê.

“Toe die brandweer op die toneel kom, het hulle die voertuig gevind. Die voertuig het ná die ongeluk aan die brand geslaan en glo die veldbrand veroorsaak.”

Die vrou is verkool binne die voertuig aangetref. Haar seun is ʼn paar meter ver van die voertuig aangetref. “Hy is uit die voertuig geslinger en het verskeie beenbreuke opgedoen. Hy het ook brandwonde aan sy gesig opgedoen.” Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Geen ander voertuig is op die toneel aangetref nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

wilma venter ·

Kan iemand wat kennis dra van die ongeluk my asb laat weet in watter hospitaal die seun is? Baie dankie

EMK ·

@Wilma Venter – dalk moet jy ER24 kontak – moontlik kan hul help siende hulle blykbaar vlg berig betrokke was. Simpatie en sterkte aan naasbestaandes – moet bitter erg wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.