Ma brand glo kinders met strykyster

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Ma van George in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo haar twee jong seuns aangerand en met ʼn strykyster gebrand het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 31-jarige vrou is op 13 Januarie in hegtenis geneem nadat die kinders se ouma die aanranding by die polisie aangemeld het.

“Volgens ’n voorlopige ondersoek het die ma haar twee seuns, onderskeidelik sewe en 10 jaar oud, glo met ʼn strykyster gebrand. Sy het glo ook die sewejarige met ʼn besem aangerand en met ʼn baksteen teen die kop gegooi,” het Pojie gesê.

Die aanranding het glo op 9 Januarie plaasgevind in die gesin se huis in Thomasstraat, Bochards. Die ouma het die kinders se beserings gesien en die saak by die Conville-polisiestasie aangemeld.

“Albei kinders het mediese behandeling vir hul beserings ontvang en is in die sorg van hul ouma geplaas,” het Pojie gesê.

Die vrou sal in polisieaanhouding bly totdat sy Maandag in die George-landdroshof verskyn waar sy om borgtog aansoek sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Charlotte ·

Wonder hoe sal sy voel as sy gebrand word?? Sys SIEK en verdien nie haar kinders nie!!! Hoop geregtigheid geskied !!!

Sumari ·

Sy hoort nie in ‘n malhuis nie dit is nog te goed vir haar. Laat ek eerder nie sê waar sy hoort nie, want my kommentaar sal nie geplaas word nie.

CHRISTA ·

Dis sulke tye wanneer ek saamstem dat die gemeenskap (community) so ‘n persoon moet uitsorteer – so gee haar maar borgtog!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.