Ma brand toe sy haar lewe waag om kinders te red

Die woonstel waar die brand uitgebreek het. Foto: Verskaf

ʼn KwaZulu-Natalse ma het Woensdagmiddag brandwonde opgedoen toe sy haar kinders uit ʼn brandende woonstel gered het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die brand het omstreeks 12:30 by ʼn woonstel in Reginalaan in Umbilo in Durban uitgebreek.

“Die ma was tuis saam met haar twee kinders toe die brand in die woonstel uitgebreek het. Sy het matige brandwonde aan haar bolyf opgedoen terwyl sy daarin geslaag het om haar kinders na veiligheid te neem,” het Jamieson gesê.

Sy is deur paramedici op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Haar kinders is ongedeerd.

Die oorsaak van die brand was nie dadelik bekend nie. Die polisie en Durbanse brandweer was op die toneel om ondersoek in te stel.

ʼn KwaZulu-Natalse ma het Woensdagmiddag brandwonde opgedoen toe sy haar kinders uit ʼn brandende woonstel gered het. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Irene ·

Dis lekker om te lees van ‘n ma wat haar kinders 1ste stel. Ma’s wat hulle kinders verwaarloos, mishandel, vermoor en selfs te koop aanbied skets ‘n donker prentjie. Maar hierdie Mamma se liefde is soos dit moet wees. Well done, baie sterkte met jou herstelproses. Ek bid die Here se seen oor jou en jou kinders uit dapper Mamma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.