Ma dagvaar vir Downsindroom-seun se ‘lyding’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma het haar tot die grondwethof gewend om ʼn voorgeboortesentrum in Claremont, Kaapstad, vir nagenoeg R6 miljoen te dagvaar nadat haar seun met Down-sindroom gebore is en “onregverdig ly”, het The Times Vrydag berig.

Die ma, wie se naam weerhou word om haar kind se identiteit te beskerm, dagvaar die Foetal Assessment Centre vir skadevergoeding nadat die sentrum versuim het om haar ongebore kind te diagnoseer as ʼn “baie hoë risiko” vir Down-sindroom.

Sy voer in hofdokumente aan dat sy die fetus sou aborteer, as sy geweet het hoe groot die risiko was. Sy voer aan die sentrum moet verantwoordelik gehou word vir die kostes om die kind te versorg, en nie die ouers nie.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het vroeër vanjaar die vrou se aansoek van die hand gewys. Die sentrum het die aansoek teengestaan.

Die hooggeregshof het, met verwysing na vorige hofsake, beslis dat ʼn hof nie kan besluit of ʼn kind gebore moes word of nie, maar dat dit eerder ʼn besluit is oor wat menslik is. Die ma het daarna die grondwethof genader en ontken dat haar eis op “onregmatige lewe” gegrond is, maar eerder op “onregverdige lyding”.

Sy het gesê die grondwethof moet nie bepaal of haar seun gebore moes word of nie, maar of die sentrum weens beweerde nalatigheid vir skadevergoeding aanspreeklik gehou kan word.

Uitspraak in die saak is voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Este Boer ·

Mamma, dus nie in ons hande om sulke besluite te neem nie.My hart is seer saam jou oor jou kleintjie.Ek is self n mamma van n gestremde kleintjie mar ek ruil haar vir niks in die wereld.Mag jy die berusting in jou hart kry om die kleinding met al jou liefde te versorg.Kleintjies vra nie om daar te wees nie.Hulle is net n blessing.Die pad is nie maklik nie, mar die beloning is groot.

Paplepel ·

In my lewe het ek lanklaas so ‘n selfsugtige vrou gehoor! Sy sou eerder die kind vermoor as om hom ‘n bietjie ongemak aan te doen. Wat ‘n belaglike redenasie. Dis so duidelik soos daglig dat dit net oor haar eie gemak gaan.
Mevrou miskien is hierdie kind dalk die regte ding om jou van jou troontjie van gemak af te kry. Duisende ander mense het Hemelkinders en het hulle suksesvol groot gemaak. ‘n Down-kind is nie gestremd nie, hulle is net anders as waaraan ons gewoond is.

Elize ·

Mevrou, ek wil net ook vir jou sê hoe selfsugtig dink ek is jy. Sou jy ook dagvaar as jy ‘n dogtertjie inplaas van ‘n seuntjie gekry het? Sies man, eendag gaan hierdie kindjie van jou uitvind jy wil hom eerder dood hê, wat gaan in jou hart aan?

ouma ·

Mamma ek was n ouma v n seuntjie met downsindroom n baie ou siek seuntjie! Geniet die tyd saam met jou kindjie elke oomblik dit is kosbare tyd. Versorg hom met al jou liefde wat more is dit telaat. Ons seuntjie het in sy kort lewetjie v 5 mnd v ons soveel vreugde gegee hy was n vegtertjie asook n engeltjie, ons het geleer om in afhanklikheid voor God teleef , om tevertrou ons het sy koms gesien as n uitverkore v Jesus die klein seuntjie het honderde mense se lewens aan geraak en n verskil gemaak. Ja daar was moeilike dae maar God het ons met Sy krag gelei en daardeur gedra. Mamma jy is in my gebede.

Deon ·

Sjoe, moet sê, jy is nie iemand wat ek sal wil ken nie. Jy is selfsugtig en alles gaan net oor jou eie gemak. Mense soos jy moes nooit eers kon kinders hê nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.