Ma, dogter ‘berou nie moord’ op elektrisiën

Christine Russouw en haar dogter Chantell in die hof. (Foto: NVG)

Christine Russouw (58) en haar dogter Chantell (38) is Woensdag onderskeidelik 15 en 20 jaar tronkstraf vir die moord op ʼn bejaarde elektrisiën opgelê nadat die regter bevind het hulle het boonop geen berou vir hul misdaad getoon nie.

Petrus Scholtz (70) is in Junie 2018 na ʼn huis in Kabegapark in Port Elizabeth gelok waar hy koelbloedig vermoor is.

Christine en Chantell is vroeër vandeesmaand skuldig bevind aan sy moord.

Christine se seun Wayne Albert Russouw (33) is in November lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord. Ronald Swartz (24), nog ʼn medepligtige, is in Oktober ʼn soortgelyke vonnis opgelê.

Christine en haar twee kinders het saam in Kabegapark gewoon, toe Wayne begin soek het na iemand wat hulle kan help om Scholtz te vermoor. Hy wou Scholtz se gereedskap in die hande kry.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Wayne het die bejaarde vakman na die huis ontbied om hom te betaal vir werk wat hy die vorige dag gedoen het. Hy het kort ná 20:00 daar aangekom. Swartz het hom van agter gegryp, terwyl Wayne hom met ʼn knuppel op die kop geslaan het tot hy sy bewussyn verloor het. Wayne het Scholtz vasgebind en Swartz het hom in ʼn kisvrieskas gesit. Christine het die kombuisvloer skoongemaak wat in daardie stadium vol bloed was.

Wayne en Chantell het daarna gaan kitskos koop met die geld wat Wayne uit Scholtz se beursie gesteel het. Hulle het die volgende dag met sy bakkie na ʼn pandjieswinkel gery waar hulle Scholtz se gereedskap verkoop het.

Daardie aand het hulle Scholtz se liggaam uit die vrieskas gehaal en in ʼn beboste gebied gestort.

ʼn Voetganger het sy liggaam die volgende dag ontdek en die polisie ontbied.

Wayne het sy vriendin daarna ingelig dat sy ma en suster ʼn man vermoor het. Die vriendin het Chantell gekonfronteer, wat daarna gesê het dit was Wayne en Swartz wat die man vermoor het.

Wayne en Christine het die bakkie in Julie vir R10 000 verkoop, en daarna ook die kisvrieskas en die ander items wat aan Scholtz behoort het.

Op die aand van 20 Julie 2018 is Wayne, Christine en Chantell by hul huis in hegtenis geneem. Die polisie het heelwat van Scholtz se besittings in die huis gevind. Swartz is ses dae later aangekeer.

In Desember 2020 is Wayne tot lewenslange tronkstraf gevonnis en Swartz tot 25 jaar.

Volgens regter Elna Revelas het Christine en Chantell regdeur die verhoor gelieg en dié leuens het gaandeweg boonop ál belagliker geword, het Ngcakani gesê.

Adv. Marius Stander, namens die staat, het aangevoer die twee het meer as genoeg tyd gehad om hul dade te beken.

Die regter het bevind die twee het geen berou getoon nie. Dit was wel hul eerste oortreding.

Chantell het 20 jaar tronkstraf gekry vir moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

Christine is 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cherokee ·

Ek kyk op ‘n 24″ skerm en hulle lyk vir my soos elke Juanine Rapine op straat.

Misky ·

Ag nee sies, watse swak tipe mense is julle nie!!!! Nie eens berou nie en hoop julle vrot in die tronk

Louise ·

Ons regstelsel is wragtag n GRAP, 15jaar vir moord. ek is skaam om te se ek is n Suidafrikaner, hier beteken n LEWE NIKS nie.

Jakes ·

Wonder watter ander misdade het hulle voor dit gepleeg? Wat besiel mense om dit aan ander te doen?

Cherokee ·

Baie mense lees blykbaar net hier en daar. Ek lees dat die regter hul as eerste oortreders bestempel.

Mariana ·

Nou is hulle waar hulle hoort. ‘n Hele familie kriminele en mag hulle verrot daar binne……..en dit als vir gereedskap. Nee hulle kan maar daar bly, geen simpatie nie.

LD ·

Dis baie gewetenloos! En baie stupid! Dít vir gereedskap wat hy nou nooit sal kan gebruik nie. Ai tog, party mense is so gretig om iets te wil hê dat hulle iemand se lewe sal neem vir daai spesifieke item/s. Pleks hy spaar bietjies bietjies op ñ slag en gaan koop vir hom die gereedskap wat hy wil hê.

Misky ·

Hy wou inelkgeval nie die gereedskap hê of nodig gehad nie, want paar dae na sy moord, hulle dit gaan verkoop

Suzette ·

Dis seker wat duiwelbesete is. Ek kan nie glo dat ‘n mens so gevoelloos, koud en moordlustig kan wees nie – dit is verseker nie normaal nie.

ES ·

Vermoor vir gereedskap, net omdat hy ‘n eerlike man was wat gewerk het vir sy geld en hulle net sy besittings van hom wou vat want hulle het nie die integriteit om self te werk vir wat hulle wou he nie.

Ek hoop van harte dat hulle vir die volgende 15 en 25 jaar absolute hel in die tronk ervaar vir wat hulle aan daardie ou man gedoen het.

Kirst ·

Psigopate is nie in staat tot skuldgevoelens nie. Hierdie mense verskil niks van plaasmoordenaars wat ‘n boer skiet vir sy selfoon nie. Die land is ongelukkig vol psigopate, en hulle kan nie gerehabiliteer word nie, want hulle glo nie hulle het iets verkeerd gedoen nie. Na ‘n paar jaar kom hulle uit op parool en doen dit weer. Kyk maar na hoe baie moordenaars en verkragters misdaad pleeg terwyl hulle uit is op parool nadat hulle tronkstraf vir soortgelyke misdade gekry het. Dis waar die regstelsel ons faal – geweldsmisdadigers behoort glad nie parool te kry nie.

VannieBaai ·

So, nou gaan hulle verniet kos en blyplek kry, geen belasting betaal nie en steeds hul familie kan sien omdat die hele siek spul saam in die tronk gaan deurbring. Dis lekker in Suid-Afrika.

Cherokee ·

Ou ou rympie, maar ek dink nie daardie belastingvrye verblyf is so gesog as wat jy probeer voorgee nie. Dit is oppervlakkig gesê.

Renier ·

Gewetenlose skurke wat méér as tronkstraf verdien, maar ja, gee hulle tyd om te besin oor hul dade…

Regverdigheid ·

Wreed raak nes die res van die land moor en voel nie eers sleg oor dit… hoop jul vtot in die tronk .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.