Ma, dogter gevonnis vir moord op 9-jarige

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Vrou en haar dogter van KwaZulu-Natal is in die Durbanse hooggeregshof gevonnis vir die moord op ʼn negejarige familielid.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Rajwanthie Haripersadh (54) en Kavitha Naiker (32) is onderskeidelik skuldig bevind en verlede week gevonnis vir die moord op Shahiel Sewpujan.

Volgens Kara het Haripersadh en Naiker saam met Shahiel en sy familie in ʼn huis in Phoenix gewoon. Haripersadh en Naiker het besluit om Shahiel te vermoor omdat hulle nie van sy houding teenoor hulle gehou het nie.

“Op 5 Februarie 2015 was Shahiel alleen by die huis saam met Haripersadh en Naiker. Een van die beskuldigdes het die kind met ʼn beitel oor sy kop geslaan en hom teen die grond vasgedruk, terwyl die ander beskuldigde sy mond en neus met kleefband toegebind het,” het Kara gesê.

“Hulle het sy liggaam in ʼn tas gedruk en sy skoolklere en -boeke in ʼn stroom gegooi. Daarna het hulle die tas onder nabygeleë bosse gelaat. Later die aand het die twee vroue teruggekeer, die liggaam uit die tas gehaal en dit in ʼn stormwaterpyp gegooi.”

Volgens Kara het die gemeenskap onverpoosd na Shahiel gesoek voordat sy lyk drie dae later gevind is. ʼn Nadoodse verslag het aangedui dat sy dood deur houe teen sy kop en ʼn tekort aan suurstof veroorsaak is.

Adv. Denardo Macdonald, die staatsaanklaer, het ter verswarende omstandighede ʼn verslag by die hof ingedien waarin die sielkundige trauma wat Shahiel se ma moes deurgaan, beskryf word.

Haripersadh en Naiker is onderskeidelik tot 25 jaar tronkstraf en lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklagte van moord en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Denise ·

Dit is wreed so wat se dit vir julle geen gewete nie maak net dood en voel niks ! Slaap die mense wat so moordadig is?????????

miv ·

Arme kind! Watse helse einde het hy net nie beleef nie! Wonder waar is sy ouers? Innige simpatie vir hulle

marlene ·

Dis verskriklik?
Die wreedheid vd mens verstom my elke dag net meer en meer.?

Jean ·

Goeie genade, is dit wat jy vir jou eie mense omgee ? So wreed doodmaak omdat jy nie van sy HOUDING hou nie? Ek is sprakeloos.

liza ·

Liewe hel ons lewe in ‘n absolute siek siek wereld, hoe kan ‘n mens dit doen en dit aan ‘n kind, dis waar wat jy se Marlene die wreedheid van die mense en dit maak nie saak watse kleur jy is nie, elke nasie maak sy eie nasie dood, ek is verstom en dit oor sy houding, ek dink kinders kom op sulke staduims van hulle lewe, of dalk moes hy ‘n houding gehad het as gevolg van hulle twee. Nee o wee my..

Vivian ·

25 jaar, nie veel van geregtigheid nie. Glo die doodstraf sou regverdig gewees het. Nou ja hul sal nog verder betaal eendag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.