Ma, dogter gewond tydens roof op kleinhoewe

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Ma en haar dogter het albei steekwonde opgedoen tydens ’n rooftog op ʼn kleinhoewe aan die Oos-Rand.

Die aanval het Donderdag in die vroeë oggendure in die omgewing van Witpoortjie, Brakpan, plaasgevind.

Kapt. Pearl van Staad, woordvoerder van die plaaslike polisie, sê Maria Elizabeth Welthagen (50) en haar dogter het gelê en slaap toe Welthagen omstreeks 01:30 wakker geskrik en twee mans met maskers en donker klere in die kamer opgemerk het.

Die mans het vermoedelik deur ’n kombuisdeur wat oopgesluit was toegang tot die huis verkry en ma en dogter met skerp voorwerpe bygedam voordat hulle met ’n selfoon en drie sakke vol klere op die vlug geslaan het. Die waarde van die gesteelde goedere is ongeveer R6 000.

Die verdagtes het nie ’n woord tydens die aanval gesê nie, sê Van Staad.

Welthagen het steekwonde aan haar linkerbors en linkerskouer opgedoen, terwyl haar dogter een steekwond aan haar skouer opgedoen het.

Albei verdagtes word in dié stadium nog gesoek. Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Enigeen met inligting rakende die aanval word versoek om die polisiestasie in Brakpan by 011 744 7100 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JM ·

“Ondersoek ‘n saak van roof …” ?! Wat van poging tot moord? Ons land is siek verby!

Connie ·

Word ondersoek vir huisroof, asseblief, wat van poging tot moord, hulle is aan geval en met messe gesteek. Pateties is al wat ek kan se.

Marius ·

Menseregte ?? Wat van die mense wat aangeval word in hulle huise (wat veronderstel is om hulle safe haven te wees ) se reg om te leef en mens te wees ??? Dit is siek dat iemand by jou huis instap jou steek met messe en vat net wat hulle wil , regtig???

Cherokee ·

Sal iemand met die nodige kennis asseblief ter wille van die gereelde string klagtes daaroor, verduidelik wat ‘huisroof’ behels? Ek het so ‘n idee dit kan dalk vele van die klagtes laat opdroog.

quartus ·

Witpoortjie by Brakpan ?? Ek kon sweer dit is aan die Wes Rand naby ROODEPOORT.

Kobus ·

Iets sal aan die land se wetteloosheid gedoen moet word……………………..

Miskruier ·

Waar is die hond wat binne slaap? Hoe kry die rowers die deur oopgesluit? Hulp van binne af?

Tertia ·

So hulle het ingekom deur n oop kombuisdeur?????
Is dit korrek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.